Jy blaai in die argief vir 2010 Junie.

Profile photo of lisa

by lisa

Nanag

Junie 16, 2010 in Sonder kategorie

In hierdie nanag, terwyl ek worstel, dink ek aan oom XYZ.

Oom,

Ek kon nog nooit jou beeld losmaak van die gerug wat oor jou die rondte gedoen het nie, (vergewe my).

En ek wonder hoeveel ander kon.

En ek wonder of dit nie my eie onvermoe om jou ooit los te kon sien van die beweringe wat rondom jou voorkeure en plesiere gehang het is, wat maak dat ek vannag nie kan slaap nie. 

Dalk as ek jou beeld vir my kon losmaak, van daardie stories wat oor jou gefluister is, sou ek kon glo dat dit moontlik is vir ‘n gemeenskap om te vergeet en te vergewe en lief te he en te laat lewe.

Maar nou kon ek nie.

In die kerk het ek oor jou gewonder.  En in stille hoogmoed my hart van jou afgewend.

Later, toe jy ons oor en oor bedank het vir ‘n weldaad aan jou bewys,

en jy trane van aandoening uit die hoeke van jou oe gevee het,

het ek jou hand gedruk, en geglimlag en jou verseker dat jy dit ook sou doen vir ons,

maar binne my het dit nie verander aan die beeld van jou in my nie.

En as ek soms verby jou voormalige woning ry, is dit wat in my opkom:  Jou beweerde skande. 

Nie enige goeie daad, of edel motief, of enige iets noemenswaardig anders wat jy ooit in jou lewe bereik het nie.

En van jou  was dit maar beweringe.

Waarom sal dit in hierdie geval dan anders wees? (Al is dit heel anders).

As ek vir jou dit nie kon doen nie – waarom sou ek dit vir ‘n ander kon. 

As ek jou nooit kon vergewe nie (selfs nie van beweringe nie) hoe sal ek dan feite kan?

Of is dit die ding wat my laat rondrol.

Die hoogmoed en die trots.

Wat ‘n dik dik muur om hierdie binnekant bou.

En isoleer.

Dalk sien ek my in elke handdruk.  Elke glimlag.  Elke vertroostende woord. Elke tentatiewe uitreik, en versigtige naderkom. En daarom bly ek isoleer.

Omdat ek nie kan vergeet hoe ek jou hand kon druk, terwyl in my binnekant jou beeld onveranderlik gebly het nie.

Profile photo of lisa

by lisa

Bosse toe.

Junie 11, 2010 in Sonder kategorie

Toe ek begin blog het ek nie geweet dat daar kommentaar gelewer word op wat jy skryf nie, en logies ook nie dat mens ander mense deur hulle skrywe en kommentaar hier leeerken en leer omgee vir hulle nie. 

Dit was ‘n rowwe drie jaar wat verby is, en die laaste 6 maande skof was opdraande – ek het nooit kon dink dat ek die dinge waarvan ek my hele lewe seker was op ‘n dag in twyfel sou trek nie.  Dankie vir genade.  En dankie dat ons nog is.

Ek sien daarna uit om die bosse in te vaar, om elke aand om ‘n vuur te sit, om ver te stap, en om net te wees. 

Pas julle mooi op.

Lisa

Profile photo of lisa

by lisa

Laaaank gelede

Junie 8, 2010 in Sonder kategorie

Was daar ‘n troep

en was daardie troep op Bossiespruit gestasioneer

en het daardie troep se verloofde vir hom gaan kuier

en haar oe uitgehuil heelpad terug Laeveld toe

en toe besluit hierdie is vir altyd en altyd die woorde wat dit die beste se:

(En toe besluit die dansbaan op moet ook so geopen word – maar dit het toe nie, dit was op die Elizabeth Serenade, en in haar oupa se arms, hy net net so lank soos sy…met sy tux en strikdas…en sy in haar geperelde balletskoene…)

Maar die eerste akkoorde van die liedjie roep steeds daardie era in my op die oomblik as ek dit hoor:

Take it easy with me, please
Touch me gently like a summer evening breeze
Take your time, make it slow
Andante, Andante
Just let the feeling grow

Make your fingers soft and light
Let your body be the velvet of the night
Touch my soul, you know how
Andante, Andante
Go slowly with me now

I’m your music
(I am your music and I am your song)
I’m your song
(I am your music and I am your song)
Play me time and time again and make me strong
(Play me again ’cause you’re making me strong)
Make me sing, make me sound
(You make me sing and you make me…)
Andante, Andante
Tread lightly on my ground
Andante, Andante
Oh please don’t let me down

There’s a shimmer in your eyes
Like the feeling of a thousand butterflies
Please don’t talk, go on, play
Andante, Andante
And let me float away

I’m your music
(I am your music and I am your song)
I’m your song
(I am your music and I am your song)
Play me time and time again and make me strong
(Play me again ’cause you’re making me strong)
Make me sing, make me sound
(You make me sing and you make me…)
Andante, Andante
Tread lightly on my ground
Andante, Andante
Oh please don’t let me down

Make me sing, make me sound
(You make me sing and you make me…)
Andante, Andante
Tread lïghtly on my ground
Andante, Andante
Oh please don’t let me down
Andante, Andante
Oh please don’t let me down…

Profile photo of lisa

by lisa

Pollie ons gaan Paarl toe…

Junie 4, 2010 in Sonder kategorie

Ek is nou bietjie moeg vir die bloed en die derms – so ek tik hier sodat my blog kan “omblaai”.

Ek wonder al hoe meer waar die “tradisie” van rou lewer eet en die jagter se gesig met bloed smeer vandaan kom, en wat die oorspronlike betekenis daaragter is.

Hoe langer ek daaroor dink hoe grilleriger word dit vir my!

Maar eintlik het ek gese ek is bietjie op vir die tema.

Ek het twee rugwerwels “gebreek” – kompressie frakture – met die perdryery, so ek kon nou vir ‘n lang tyd  nie tennis speel of draf nie.  Het nou weer begin en ek is stokflou binne 30 minute! Teen ‘n knaap die helfte van my ouderdom gespeel wat net nie die “tannie” voor my naam weggelaat kry nie.  Ai! En vanaand in die spieel gesien die baie rare grys haar was vrugbaar en het vermeerder!

Ek kon nog nooit dieet nie, maar aangesien ek die afgelope maande sonder oefening moes klaarkom, en my eetgewoontes sommer uit pure domonnosele frustrasie opwaarts aangepas het, het ek ‘n laag of twee donker sjokolade,  en nog ‘n paar kantoorhappies om saam met my oor die baan te sleep.  Dit lyk dus of een of ander vorm van gewigsverlies my voorland is, en dit wil voorkom of dit nie met soveel genot gepaard gaan as die teenoorgestelde proses nie!  

Sou dit nie lekker wees as een of ander vorm van positiewe denke dit sommer vanself kon laat gebeur nie.

Nie dat ek in positiewe denke glo nie…en ook darem nie dat ek nie daarin glo nie…net dat dit net dit kan vermag wat positiewe denke kan…en niks meer nie.

Nou het ek sommer bietjie derms uitgeryg om weg te kom van die slagting.

Groete

Lisa