Profile photo of lisa

by

piepklein groot wereld

Mei 26, 2010 in Sonder kategorie

Wat is die kans dat ek op facebook ingaan en ‘n blogger se prentjie op Vriendin se profiel sien.  En dan by die blogger se profiel ingaan en sommer sien “you have 2 (ja rerig TWO) mutual friends.  En dan na die blogger se vriendelys kyk, nog bloggers herken, hier en daar kliek en sowaar daar spring nog twee gemeenskaplike kennise uit die tas! 

Nou wonder ek – (ek jok, ek is lekker nuuskierig) om te weet of die gemeenskaplike kennisse van die mense wat ek weet blog ook blog! 

Dit gaan my groot laat glimlag!

Maar, die heerlike vryheid van anonimiteit is lekkerder as wat nuuskierigheid groot is – so hierdie klein wereldjie moet maar sy grootheid vir my behou!

10 antwoorde op piepklein groot wereld

  1. Berwick het gesê op Mei 26, 2010

    😉

  2. maryke-anne het gesê op Mei 26, 2010

    Da’s sommer ‘n hele kaboedel bloggers daar op facebook 🙂

  3. loudavisi het gesê op Mei 26, 2010

    Meestal almal is daar.
    As ek nou annoniem kon blog – !!!
    Julle ore sou getuit het.

    lol

  4. smartassblond het gesê op Mei 26, 2010

    Ek dink almal van ons het al ‘n vriend/in voorgestel aan hierdie medium….en dink almal het ten minste een nuwe vriend/in hier gemaak.
    Maar ek verkies ook hoed op my kop!

  5. lisabeth het gesê op Mei 27, 2010

    Daardie virtuele ding waaraan ‘n groot deel van die mensdom verslaaf geraak het, wat Sherlock Holmes se werk in hierdie eeu heeltemal ‘n ander kleur sou gee!

    Ipv ‘n volgende inskrywing moet () Flenters net die een woord tik: Facebook? en dan wag op die bloggers se reaksie!

  6. lisabeth het gesê op Mei 27, 2010

    Ek het so vermoed!

  7. lisabeth het gesê op Mei 27, 2010

    hahaha! oor wat nogal?

  8. zephur het gesê op Mei 27, 2010

    Ja hoe sal jy weet miskien is jou buurvrou iemand wat hier blog…hehe

  9. zephur het gesê op Mei 27, 2010

    Ja hoe sal jy weet miskien is jou buurvrou iemand wat hier blog…hehe

  10. dinkweer het gesê op Mei 28, 2010

    Ek is vanoggend in ‘n vir my vreemde bui. Soek allerlei om te doen sodat ek nie my werk hoef te doen nie. Dalk moet ek ook gaan kyk wat “Facebook” is!

    Terloops, hier is bloggers wat ek goed ken, maar ek sê dit nie. Wonder soms of hulle ook weet ek blog?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.