by

Soek en Ruil:

Mei 24, 2010 in Sonder kategorie

Goeie dosis emosie, diep en suiwer, te ruil vir goeie dosis gesonde verstand.

Tas jy verward in jou binnekant rond wanneer iemand  jou vra wat jy voel?   

Dit kan ‘n aanduiding wees van ‘n essensiele gebrek aan gevoel, en ook moontlik ‘n aanduiding wees dat jou denke jou emosie domineer in jou funksioneringsproses.

Dit is egter nie die einde van die pad vir jou nie.

Die omgekeerde verskynsel kom ook voor, en deur ‘n eenvoudige ruilproses kan gesonde balans in jou herstel word.

Bottel eenvoudig van jou goeie verstand en ‘n bloudruk van jou denkproses, en stuur dit aan LISA met jou adres en ‘n kort beskrywing van die toestand waarin die gebottelde ware verkeer en ook die vervaldatum.  In ruil kan jy heelwat emosie – die hele spektrum is beskikbaar – kry.  Goed opgepas, mooi bewaar, en baie reaktief.

Maak seker jou naam en die adres waarheen jou pakkie versend moet word is duidelik gemerk.  Geen verwysing is nodig nie – die naam van jou blog is voldoende.

LW: Die volume van die botteltjie is nie ‘n aanduiding van die intensiteit van die emosie nie – jy weet mos – groot gif kom in klein botteltjies, en lekkerlag strek wyd.

****************

Dankie vir julle ondersteuning, en kommentaar die afgelope tyd  – net soos hierdie hart van my,  is dit vir my ietwat duister hoe presies hierdie gesiglose klanklose wereld se onderskraging werk – maar dit werk. Lisa

20 antwoorde op Soek en Ruil:

  1. Janklaas het gesê op Mei 24, 2010

    En van die Baai af, ‘n hele week se hoop.

  2. dinkweer het gesê op Mei 24, 2010

    Nou het jy my in ‘n meditatiewe bui, en ek moet werk!

    Mense wat van hulle self vervreemd geraak het…

    Om in kontak met jou emosies te wees.

    Kongruensie…

    Goed, ek stuur al my logiese denke. Wat kan jy my bied…?

  3. loudavisi het gesê op Mei 24, 2010

    Ek het geen geduld oor om vir jou te stuur nie, maar wat van ‘n bottel vol hoop?

  4. Trakie het gesê op Mei 24, 2010

    Tel ‘n smaail ook?

  5. Berwick het gesê op Mei 25, 2010

    Mooi bly, Lisa.

  6. shlwanjan het gesê op Mei 26, 2010

    Ons is bly dit werk. (Maar jammer, self sal ek nie kan nelp met die ‘gesonde verstand’ deel nie. Ek het boggerol. Daarom het ek toe maar ‘n man getrou met gesonde verstand.)

  7. FOXY1975 het gesê op Mei 26, 2010

    Ek tas nie net verward rond wanneer hulle vra wat ek voel nie … ook wanneer hulle vra wat dink jy nou… hoekom vind mense dit so ontmoontlik dat wanneer jy in die niet instaar jy werklik aan niks kan dink nie? Dat jy kan kyk maar niks raaksien nie…dat mense rondom jou kan praat maar jy niks hoor nie…

  8. lisabeth het gesê op Mei 26, 2010

    Hallo Ekke…dankie bottel ontvang!

  9. lisabeth het gesê op Mei 26, 2010

    Dankie Annemarie – as SBol enige daarvan vermis, kan jy maar weer hier kom kry!

  10. lisabeth het gesê op Mei 26, 2010

    Dankie Jan Klaas…Die week is halfpad en die hoop tel definitief op…seker maar omdat die pos so starag is van die Baai af diekant toe.

  11. lisabeth het gesê op Mei 26, 2010

    () Flenters ken jy ‘n goeie apteker?

  12. lisabeth het gesê op Mei 26, 2010

    DW! Jy het genoeg “voel” van jou eie…nie nog van diekant af nodig nie – maar ek sal nie needankie se vir bietjie logiese denke nie – maak ‘n prys!

  13. lisabeth het gesê op Mei 26, 2010

    Dankie Therina…dat jy aan my gedink het!

  14. lisabeth het gesê op Mei 26, 2010

    :-)…dis oraait Lou, geduld is nie die probleem hier nie…maar ek dink gedagtes van hoop kan gaaf werk! Paas aan!

  15. lisabeth het gesê op Mei 26, 2010

    Altyd!

  16. lisabeth het gesê op Mei 26, 2010

    Mooi skryf Berwick…ek hou aan om by jou te gaan lees – seker omdat ek helfte van die tyd net die helfte min of meer uitmaak…nou bly ek teruggaan om te sien wat jy diekeer weer uitgedink het!

  17. lisabeth het gesê op Mei 26, 2010

    Nou se dan maar vir my hoe om gemaklik deur te kom daarwonder! Dit kan ook help!

  18. lisabeth het gesê op Mei 26, 2010

    Hallo Foxy…jy werk hard die laaste tyd! Ek weet nie jong…seker omdat hulle nie die glasige uitdrukking in mens se oe herken nie!

  19. Jou sin vir humor is die kosbaarste gif wat jy het Lisa! Baie sterkte Lisa

  20. FOXY1975 het gesê op Mei 27, 2010

    🙂
    Jip, dinge het maar redelik dol gegaan hier die laaste paar weke… hopenlik kry ek nou kans om darem vir ‘n week of twee bietjie asem te skep!
    Mooi dag vir jou!
    x

Los ’n antwoord vir FOXY1975. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.