Profile photo of lisa

by

Rice Crispies

Mei 23, 2010 in Sonder kategorie

Se die predikant vanmore vir die gemeente hulle moet bietjie smile.  Hy wou ‘n ballon met ‘n groot smile opgeverf gebring het en hom met ‘n speld gesteek het sodat ons kan se soos wat lyk ons, die opgeblaasde ballon met die groot glimlag of die geprikte ballon?  Verlede week se preek het gegaan oor glimlag.  En hy herinner ons dat as ons nie smile nie ons nie verbaas moet wees as ons lewens eensaam is en ons mense afstoot nie.  

 Van daar af was dit downhill vir my.  Ek kan ongelukkig nie die arme man oordeel omdat hy nie oplossings vir my het nie, want ek het ook nie.

Ek het gedink ek het klaargemaak met maskers.  Maar nou hoor ek dit is maar hoe dit gedoen moet word. Plak daai smile op jou gesig en sing.  Sodat jy mense in jou lewe kan he.  Sodat jy vreugde kan namaak.  Hou net aan smile…dit sal makliker word.  Ek wil nie.  Ek wil nie smile as ek nie wil nie.  Ek wil nie sing as ek nie wil nie.  Ek wil nie maak of ek glo in wat die predikant se as ek nie doen nie.

EK gaan drink my tee eenkant buite waar ek ver kan kyk.  Agter my drom die gemeente saam om die kuiertafeltjies vol lekkernye en die teepotte  en mekaar. 

Ek was lank ‘n inkommer in hierdie gemeenskap waar ek nou wil uit. Ver weg.  Na oorbegin.  Na skoonbegin en weer probeer om hierdie stukkende lewe geleef te kry sonder die gewig van ‘n kleindorpse geheue om jou. 

En ek kan nie ophou vra waar die Here is nie.  Want ek dink nie Hy het ‘n smile verwag nie.  Ook nie dat ek sing as ek nie so voel nie.  Ook nie dat ek so onvergenoeg reageer terwyl ek vol dankbaarheid moet wees vir dit wat behoue gebly het in my lewe nie.  Maar ek is nie seker nie.  Ek sou Hom graag self wou vra, en self wou hoor wat Hy antwoord. Want ek dink daar is ‘n distorsie in die boodskappe wat ek via ander van Hom af kry. 

Ek kan na kerk nie ophou om in mnr Lisa se arms in te stap as hy verby my kom nie.  Om vir klein oomblikkies my gesig in die warmte van sy nek te druk en net vas te hou nie.  Ons woorde is op.  En my sin is op.  En ek voel soos die ou wat gese het hy slaan sy oe op na die berge, waar sal sy hulp vandaan kom. 

Die rice Crispies dieet van ons kerk is nie meer vir my goed genoeg nie.  Ek het vaste kos nodig.  Dalk ‘n spesiale dieet.  Ek weet nie. 

En ek kan werklik niemand oordeel nie – want ek weet ook nie.

19 antwoorde op Rice Crispies

  1. benmica het gesê op Mei 23, 2010

    Smile, and everlasting smile….
    Hulle se dat wanneer jy lag dat daar goete en dinge in jou ligaam gemaak word wat jou langer laat lewe…
    Sterkte.

  2. DallaSePa het gesê op Mei 23, 2010

    !!!

  3. die ou afgesaagde uitdrukking sê lag, en die wêreld lag saam met jou. huil, en jy tjank alleen. Daar is egter traanloop tye in almal se lewe en dan moet daar mense in jou lewe wees wat daaraan kan meedoen(opreg)

  4. vuurklip het gesê op Mei 23, 2010

    Gooi weg al die kerke se Rice Krispies!

    Maak jou eie mieliepap en vergeet van al die fairytales.

  5. Hi Lisa
    Jy weet jy raak my diep! Ek dink wat gese en wat Hy van jou verwag is nie om ‘n fake smile op te sit nie, maar om te gaan grawe diep diep binne of dalk net om jou rond te kyk na die eenvoudige… basies te soek…na iets wat jou wel kan laat glimlag.
    No faking..just intensive search for the smile, even if it lasts for just one second.
    Dis wat ek dink. Dis daai een rice crispie wat cracle wat die dieet dalk die moeite werd maak.
    Maar die ware voeding kom nie van mense nie…maar van Bo…stil tyd, dis al wat ek kan voorstel.
    ‘n Liefdevolle druk vir jou Lisa-wat-haar-smile-soek.

  6. loudavisi het gesê op Mei 23, 2010

    Dis moeilik om te smile as jou siel nie wil saamwerk nie. Ek dink jy is bietjie depressief (?)
    My smile kom deesdae so maklik.
    Dit neem net een kyk na my kleinkind, dan kom die smile vanself….van oorweldigende dankbaarheid en liefde. Gelukkig het jy vir mnr L om jou vas te hou.

    Dink aan jou.

  7. pasella het gesê op Mei 23, 2010

    Kyk net die kommentaar-daar is ander wat dieselfde denkspronge moes doen en gedoen het. Ek het ook na baie wroeging, net om te vind dat bevryding van die kerk vir my nuwe insigte en uitsigte gebring het. Ek is nou ‘n meer religieuse wese as wat ek in die NGK was.

  8. shlwanjan het gesê op Mei 24, 2010

    Smartassblond hier onder, het dit raak gesê.

    Sterkte!

  9. lisabeth het gesê op Mei 26, 2010

    …’a smile will bring you near to me…’

    En hulle se dit gee minder plooie as frons ook…so dalk moet ek maar inval en glimlag! Gaan darem al beter as ‘n paar dae gelede…dankie vir jou kommentaar.

  10. lisabeth het gesê op Mei 26, 2010

    Hallo DSP…gaan netnou kyk wat is daar by jou wat my kan laat glimlag!

  11. lisabeth het gesê op Mei 26, 2010

    Hallo Murphy…dankie.

    Dalk kyk ek oor ‘n rukkie met meer begrip terug na waar ek nou is…maar op die oomblik lyk maak dinge nie vir my sin nie, en is baie dinge nie meer sinvol nie.

  12. lisabeth het gesê op Mei 26, 2010

    Hallo Maankind…hou lekkerrrr vakansie!

  13. lisabeth het gesê op Mei 26, 2010

    Hallo Roosdoring – ek dink jy het ‘n punt beet daar – dalk is di di feit dat die lewe nie heeltemal werk soos ek voel hy MOET nie wat my vang! Mooi bly.

  14. lisabeth het gesê op Mei 26, 2010

    Hallo Vuurklip! Dankie vir jou kommentaar!

  15. lisabeth het gesê op Mei 26, 2010

    Dankie S. Waardeer jou antwoord – en die drukkie!

  16. lisabeth het gesê op Mei 26, 2010

    Ek het my blogs so entjie tereuggelees, en dit is nogal glad nie die blog van een van die Sonskynsusters nie – al is dit die plek waar ek maar baie emosie verwoord lyk dit vir my ook bietjie na afferig die laaste paar maande. Dankie Lou – lekker skoolhou more!

  17. lisabeth het gesê op Mei 26, 2010

    Dan sal jy die gewroeg verstaan Lewies…dit is glad nie vir my so glashelder nie!

  18. lisabeth het gesê op Mei 26, 2010

    Dankie Gaap, ek waardeer jou wense.

  19. lisabeth het gesê op Mei 26, 2010

    Baie dankie Shlwanjan…sy het my oe nogal so bietjie laat fokus!

Los ’n antwoord vir lisabeth. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.