Profile photo of lisa

by

In ‘n klein inhampie so entjie anderkant Kleinmond… (Maankind se storie vervolg)

Mei 20, 2010 in Sonder kategorie

“Vir wat antwoord jy nie die selfoon nie?”

“Vir wat bel djy alewig as djou Honour besig is om vi my orders af te gee?”

“Want ek het my bril laat le, en jy moes die ding vir my saamgebring het – op die bedkassie.”

“En hoe dink djy kom ek by djou bedkassie iet?”

“Daar’s een in die kombuis ook…by die deur onder die rakkie met sleutels…Selina kan hom mos vir jou aangee as jy te sleg is om hom self te gaan haal.”

“Selina ne….Daai vroumens kyk my reeds met ‘n houtoog.  Noudat djy weg is issie vroumense in charge en die lewe is sleg se ek djou sleg.”

“Gatiep, maak dat jy weg is en terug is ek soek my bril.  Ek kan boggerol sien wat ek doen sonder hom.  My hande jeuk om die vliegies aanmekaar te vleg.  Toe skoert.”

“Ek willie”

 

Gabriel kyk van die kraaines in sy hand op. “Wat bedoel jy jy wil nie?”

 

“Dissie snaaks da by djou huisie.  Die karre kom nonstop met koeke en terte en paais en kos en ek moet dit alles maak pas in djou friedge innie garage, want djou Honour se dis vir djou  en djouse goete hoort in djouse garage. En ek moes die manne by die musipaliteit betaal om djou  stokke terug te kry wat djou Honour my laat ytsit het saamie vylgoed.”

 

“Watse goed van my? Praat Skerminkel!”

 

“Al djou goet. Die golfgoed ennie res vannie visstokke ennie toolbokste en allie goed.  Ek’t hulle meddie paais betaal ommie goed vi my af te sit by Spekkies by die polieskantoor, en ek moes lieg en se die goed is vuil daa-om gooi djou Honour dit yt die hys yt…want kyk net hoe’t djy verdwyn…en dit ga met hulle ok gebeer as hulle nie alles vir die polieste vattie.  Ma ek is klaar.  Ek gannie terug nie.  G’n man kannit hou da nie…djy moet vir my ‘n anner jop kry ek en djouse Honour kommie reg nie. En djy beter vannag djouse storie ken, want ek bring die vrou om djou te sien, want sy willie glo die phone is djy wat my bellie, en enniecase is die phone nou poer in sy dinges want van allie worries oor djou stokke het ekkie ding laat val toe djou Honour wil weet wie issit wat my so amekaar in werktyd bel.  En daas die res van die paais innie rugsak…ek moes’ie biltong vir Spekkies vat virrie bere vannie goet tot djy revive…so djy sal moet survive oppie paais, en hy’t gese hulle sal annerkant toe soek, ma djulle sal moet praat oor wanner djy terukgkom want daai Honour van djou het ‘n prys op djou kop gesit en hy se as iemand anners djou kry gan djy  hoes.  Enne djy gan in enniecase hoes  want ek moes ‘n paar anner ouens ook paai  en daai vroumens in Oppieklippie se straat se bek is groot en ha brein is klein, ma sy ga djou bribe  ek se djou.”

 

“Gatiep…ek kort my bril…gee vir  Selina enige iets uit die vrieskas net nie die emmertjies met die aas nie…en dan bring jy my bril…en vra vir haar die bottel met die dik wit medisyne wat in die badkamerkassie is…sy moet dit saamstuur….!   En my dasse, se sy kan van die dasse  kry…en vat vir jou vrou ook daarvan…maar bring my bril!” 

6 antwoorde op In ‘n klein inhampie so entjie anderkant Kleinmond… (Maankind se storie vervolg)

  1. UNPOCO het gesê op Mei 20, 2010

    Oulik die Gatiep.

  2. maryke-anne het gesê op Mei 20, 2010

    Baie nice

  3. Berwick het gesê op Mei 20, 2010

    Groete, Lisa!

  4. lisabeth het gesê op Mei 26, 2010

    Hallo Unpoco…hierdie kommentaar van jou het gemaak dat ek jou blog ontdek…jou nog nie tevore raakgelees nie!

  5. lisabeth het gesê op Mei 26, 2010

    🙂

  6. lisabeth het gesê op Mei 26, 2010

    Dit was lekker om te sien hoe almal se koppe in ‘n ander rigting werk! Hallo K.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.