Profile photo of lisa

by

Koringkorrels val

Mei 8, 2010 in Sonder kategorie

ONS RY WES. DIE LAASTE SON SKERP IN MY OE. KAN BLOG MET MY NUWE SELFOON, KAN N MAANLANDING VAN NOM AF REEL, NET  NIE BEL NIE, WANT SY OPVANGS IS POWER.      

ONS RY WES EN DOUGLAS SIMPIWE NTSUDU IS DOOD. 

EK HET BLY SIT TOE DIE RES VAN DIE GEMEENTE SONDAG OPGESTAAN HET OM KERSIES AAN TE STEEK – SIMBOLIES VAN DIE BESLUIT OM HULLE LIG TE LAAT SKYN, DALK HET DAAR AGTER MY NOG IEMAND BLY SIT, EK WEET NIE. MAAK OOK NIE SAAK NIE. EK HET NIE OPGESTAAN NIE. TOG WAS MY EERSTE INSTINK MAANDAG OGGEND OM MY ARM OM TUINMAN SE SKOUERS TE SIT EN VIR HOM TE BID VIR ASEM, WANT EK KON DIE BORRELS VLAK HOOR KLAP MET ELKE TEUG.  MY GARINGDRAAD IS OPGEROL, HET HY GESE. EK GAAN NIE DIE JAAR SAAM MY VROU KLAARMAAK NIE.

 EN NOU HET SY SON GESAK. EN EK KAN NIE OPHOU OM HOM TE MIS NIE. EK WIL MY HAND VIR HOM IN RESPEK LIG, SOOS HY VIR MY GEDOEN HET OOR JARE. 

DIE SWEMBAD MOET MAAR GROEN WORD, EN DIE GRAS LANK. WANT ONS ROU. 

EK SAL VIR HOM N KRUIS PLANT IN DIE TUIN MET  DAHLIAS AAN SY VOETE. OM SY LEWE TE ONTHOU, EN DAT EK ALTYD VEILIG BY HOM  WAS. EN VIR DIE KRUIWAENS VOL SAND WAT HY AANGERY HET VIE DIE MANNE. EN DIE SAKKE VOL GRAS VIR DIE HASE EN DIE PERDE. EN AS N GEBED DAT GOD MY N ORDENTLIKE MENS SAL MAAK WAT MOOI KYK NA DIE WAT HOM NA AAN DIE HART LE, MAAR NIE NOODWENDIG VIR MY NIE.

EK ONTHOU SY OUMAGROOTJIE WAT TENNIS GESPEEL HET, EN SY SEUNTJIE WAT DOOD IS VOOR HY N KANS GEHAD HET OM TE LEEF. EN DIE DAG TOE HY BLINKOOG VIR MY VERTEL HET HY HET DIE HERE GEVIND, EN HY IS VRY.

EK IS BLY VIR JOU PIWE, DAT JY VRY IS, DAT JOU SON  NOOIT SAL SAK NIE, DAT JY BY JOU SEUNTJIE IS EN DAT EK JOU KON KEN. EK MIS JOU MEER AS WAT EK OOIT KON DINK EK SOU.

DIS LAAT, MAAR BAIE BAIE DANKIE, EK WEET DIE GROENTETUIN GAAN VREK, MAAR EK GAAN PROBEER. 

16 antwoorde op Koringkorrels val

  1. loudavisi het gesê op Mei 8, 2010

    Sjoe, dis hartseer!
    xx

  2. DallaSePa het gesê op Mei 8, 2010

    Hoekom in HOOF?

  3. lisabeth het gesê op Mei 9, 2010

    Oranje.

  4. lisabeth het gesê op Mei 9, 2010

    Hallo Lou. Ek dink ek is hartseerder as ek oor sy lewe dink as oor sy dood.

  5. lisabeth het gesê op Mei 9, 2010

    Ag jong…eerste blogpoging van my selfoon af, en nie rerig gedink dit gaan werk nie – te lui om nog te sukkel met hoof en kleinlettertjies – het sommer getik wat in my kop maal…en toe werk dit…nou sit dit hier in hoofletters…

  6. lisabeth het gesê op Mei 9, 2010

    Hallo Kelly. Ja…so stil stil het ons oor jare saam gegroei…en ek dink nie ons gesin het besef hoe erg deel hy op sy stil manier geword het nie.

  7. FOXY1975 het gesê op Mei 10, 2010

    Daar brand ‘n liggie in jou hart wat hy aangesteek het… mag jy daardie liggie nooit uitdoof nie! Laat dit wat hy in jou lewe vir jou beteken het.. voorleef in jou…

    Besonderse mense raak die lewens van besonderse mense aan… Sterkte.. en mag die pyn wat jy nou ervaar ook met tyd minder raak en net die mooi oorbly…xx

  8. dinkweer het gesê op Mei 11, 2010

    Dit is ‘n aangrypende inskrywing!! Ek het hartseer geraak terwyl ek dit lees.

  9. lisabeth het gesê op Mei 11, 2010

    Hallo Ekke

  10. lisabeth het gesê op Mei 11, 2010

    Klein Kerneels?

  11. lisabeth het gesê op Mei 11, 2010

    Dankie Foxy.

  12. lisabeth het gesê op Mei 11, 2010

    Hallo DW.

  13. bloukaap het gesê op Mei 11, 2010

    werklik treffend

  14. lisabeth het gesê op Mei 12, 2010

    Dankie Pruim…op ‘n manier laat dit my oud voel…die hartseer…asof ‘n mens ‘n stukkie onskuld verloor saam elke seer wat oor jou pad kom.

  15. pasella het gesê op Mei 12, 2010

    Sic transit gloria mundi.

  16. lisabeth het gesê op Mei 12, 2010

    ‘n prentjie vir jou op my volgende pos… more Lewies.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.