Jy blaai in die argief vir 2010 April.

Profile photo of lisa

by lisa

Rus

April 1, 2010 in Sonder kategorie

Ek het niks rerig om te skryf nie maar die behoefte is daar…dink ek is te gewoond om te wil verwoord…vreugde en trane en spanning en verligting en al die res spoel af van my sodra dit geletter word…

….wil tik wil tik wil tik….maar ek moet hol…

Van  groei en kinders en ouers en bome en konflik en die lewe en begrotings en uitdagings en mislukkings en van alles wat soos paaie deur my dae kronkel.

(snelwee met komplekse draaie en aansluitings op die oomblik)

….maar ek moet hol…

Iewers teen die einde van hierdie dag gaan ek langs die see sit op ‘n kampstoel en tot rus kom.  Iewers gaan ek my selfoon en my rekenaar afskakel voor ek daar kom.  Iewers gaan al vandag se dinge klaarkom.

…maar dan moet ek nou hol…