Profile photo of lisa

by

bos

April 27, 2010 in Sonder kategorie

 

Bos

 

‘n haar het van my hoof geval

geruisloos, sag

het die slag daarvan die aarde

in sy wentelbaan laat skud

 

‘n haar het van my hoof geval

in ‘n bleskol bome op  harde

 kleierige kluite en grond

ver van die hemel en die blou lug

 

geruisloos, sag

het die mossies en die bokkies en die blare

stil hulle gang gegaan

en die aarde het gesnik

 

‘n haar het van my hoof geval

en die  krete uit die aarde

het die stilte stom geskeur

 en sag en sag weergalm

 

 

 onder blou lug het die regop bome

 stil vooruit gestaar

eerbiedig, waardig terwyl

geruisloos, sag

op stukkies bas en blaar die haar gevind word

 en bewaar

in kruis op bas in blaar

13 antwoorde op bos

  1. Môre Lisa!

  2. lisabeth het gesê op April 27, 2010

    More Thomas…(net slim ouens kan die kappie op my o sien vanmore)

  3. dinkweer het gesê op April 27, 2010

    Die matafoor in die eerste strofe nogal treffend.
    So ook die kontras -“mossies en bokkies stil hul gang gegaan” gekontrasteer met “slag…gesnik…krete… weergalm.”

    Wonder wat is die subteks?

  4. plankloper het gesê op April 27, 2010

    Eish… Nou gaan ek weer heeldag loop en dink oor die gedig!

  5. lisabeth het gesê op April 27, 2010

    Van julle is selfs die hare op julle hoof getel.

  6. Janklaas het gesê op April 27, 2010

    Haai daar.

    Mooi.

    Ek is nie seker of jy tans in ‘n goeie plek is nie. Sterkte.

  7. lisabeth het gesê op April 28, 2010

    More Plankloper…kyk net mooi waar jy trap! (Gaan daar eendag erens ‘n verduideliking verskyn oor jou naam?)

  8. lisabeth het gesê op April 28, 2010

    More Rienkie, jou nog nie voorheen raakgeloop nie – gaan nou-nou daar by jou lees.

  9. lisabeth het gesê op April 28, 2010

    Ai nee jong…ek weet nie van die ideaal nie. Ek het nog nooit ‘n MOB oorweeg nie…maar sal nogal nie vanoggend omgee vir potte vol tee en goeie geselskap nie!

  10. lisabeth het gesê op April 28, 2010

    More woordenaar…dis hy daardie. Mooi dag vir jou.

  11. lisabeth het gesê op April 28, 2010

    ()Flenters.

  12. plankloper het gesê op April 28, 2010

    He he he…

  13. shlwanjan het gesê op Mei 2, 2010

    *****

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.