Profile photo of lisa

by

Suurstof en lug.

April 25, 2010 in Sonder kategorie

In hierdie lewe, het ek gevind, is daar maar min wat werklik die pad saam met jou kan stap.  Is daar maar min wat in die aangesig van die onnoembare nie wankel en op die vlug slaan nie…

Dis donners sad.

En alleen. Soms.

En jy, my lief, wat die mees intieme kennis het, wat die naaste aan my is, en die naaste is aan jou:  Jy slaan op die vlug. In emosie wat wissel van frustrasie tot agressie (is dit ‘n emosie?) tot enige iets wat die herinnering sal afweer en weghou van jou bewussyn.  (Hoe sou ek reageer as ek jy was?)

Dit laat my in ‘n verknorsing, my lief.  Want as ek nie met jou kan praat nie, met wie kan ek?  Vriendin sal ek nie weer oorweeg nie.  Die kennis was vir haar te swaar.  Selfs sy, wat naas jou my naaste is, kon dit nie hanteer nie. Kon nie daar wees vir my sonder om my te belas met haar eie reaksie waaraan ek nou ook moet wurg nie.  Predikant en Psigiater se dis verby.  Jesus het dit op Hom geneem.  En Hy het. (Jy weet ek sou self nie die vrag kon dra nie, en vergifnis sou so ver buite my bereik wees as die son en die maan van die aarde.  En sonder om te vergewe sou ek seker nou van vergiftiging  besig wees om te sterf). 

Ek is gefrustreerd in hierdie onmag om die wete wat hier diep binne le – tsv vrypraak aan die skuldiges, tsv dis verby, tsv alles – met iemand te kan deel.  Om net soms ‘n lewende siel naby my te he wat sal bly staan.  Wat by my sal bly terwyl ek in God se teenwoordigheid net soms myself sal toelaat om direk daarna te kyk en te verwys, en te ween en te huil en die diep verborge pyn lug gee. 

En dalk sal ek dan minder sinies wees oor liefde.  Oor viendskap.  En oor Christenskap.  

Want ek moet in hierdie lewe dit nog ontdek.  Liefde wat werklik vir jou daar is.  Vriendskap wat alle winde kan trotseer.  En Christene wat doen wat hulle beweer. 

Sal ek dit waag om iemand weer hiermee te vertrou.

Ek glo nie – ek dink ek voel na skree en skree totdat God self my antwoord en my troos. 

En jy my lief.  Hoe sal ek ooit weet hoe dit vir jou is.  Die tyd van rou emosie en belydenis vir jou is verby.  Jy slaap salig en dolgraag onbewus.  En al deel ons andersins alles is alles onbelangrik as ek hierdie wat my kern menswees raak, nie meer met jou kan  deel nie.

Jesus, help my.  Want my voete voel na gly.

15 antwoorde op Suurstof en lug.

  1. dinkweer het gesê op April 25, 2010

    Ek het die inskrywing so effe met skrik gelees. Iets maak baie seer…

  2. dinkweer het gesê op April 25, 2010

    Het nou probbeer om vir jou brief te skryf, maar my pos werk weer nie.

  3. loudavisi het gesê op April 25, 2010

    Eina, Lisa.
    Gaan uit in die veld waar niemand jou kan hoor nie en praat hardop met God. Hy sal jou hoor en troos en dan sal jy beter voel.
    Baie liefde

    xxx

  4. HeavyHenry het gesê op April 25, 2010

    Ag ek wens ek kan vir jou sê: “Moenie worry nie”

    En dat dit waar word.

  5. dinkweer het gesê op April 25, 2010

    Briewe hou aan om na myself toe te kom!

  6. Janklaas het gesê op April 27, 2010

    Sjoe. Ek dink aan jou.

    Dis ‘n groot alleen daar binne.

    Onthou, ons is ook hierso. Skrale troos, maar jy is nie regtig alleen-alleen nie.

  7. lisabeth het gesê op April 28, 2010

    More Modderkoekie, dankie.

  8. lisabeth het gesê op April 28, 2010

    More Annemarie…maar dit help – hoe onsinnig dit ookal voorkom…

  9. lisabeth het gesê op April 28, 2010

    Dankie Lou.

  10. lisabeth het gesê op April 28, 2010

    More Maankind…koppie tee sal lekker wees…met my voete in die son…en ‘n mooi plek om na te kyk deur die venster!

  11. lisabeth het gesê op April 28, 2010

    More Henry, ek waardeer dit, dankie.

  12. lisabeth het gesê op April 28, 2010

    Dankie Murphy.

  13. lisabeth het gesê op April 28, 2010

    More () Flenters, dankie. Dit was nie die oorweging nie, maar dit staan daar swart op wit. Net soms wil mens se hart dit ongedaan maak – en weer wroeg asof dit wat verby is steeds bestaan.

  14. lisabeth het gesê op April 28, 2010

    Hallo Ekke, dankie.

  15. lisabeth het gesê op April 28, 2010

    More JK…op ‘n vreemde manier help dit tog. (Ek bly wonder wat navorsers daaroor te se sal he?)

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.