Profile photo of lisa

by

Borrelsiekte

April 24, 2010 in Sonder kategorie

Somtyds, wanner ek  na binne kyk,

word dit stil,

en sonder woorde.

dis konsentriese sirkels

dis soos ‘n ui (hoe ge-eik)

aan die buite lae is taal en klank en beweging

en nader na die middel word dit stiller stiller en stiller

tot die diepste stilte heel binne

waar selfs woorde ontbreek

waar geen beweging is

waar ek net kan kyk en weer uitgaan

met versigtige bewegings om niks te versteur nie

om nie te raak nie

of te voel nie

net te kyk

en te probeer verstaan

voor ek woordeloos en stil vertrek

met gereguleerde asemteue na die buitekant

waar klank en woorde en beweging eers dof

en dan meer helder tot my bewussyn deurdring.

6 antwoorde op Borrelsiekte

  1. loudavisi het gesê op April 24, 2010

    Ek voel ook so melankolies vandag – seker die oostewind.

    Pragtig geskryf

  2. Janklaas het gesê op April 27, 2010

    Mooi gesê. Daar waar groot poele water sulke lui golfkringe maak…

  3. lisabeth het gesê op April 28, 2010

    Hopelik het die wind nou gaan le…!

  4. lisabeth het gesê op April 28, 2010

    More Ekke.

  5. lisabeth het gesê op April 28, 2010

    More Murphy…dan weet jy.

  6. lisabeth het gesê op April 28, 2010

    More JK…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.