Profile photo of lisa

by

Misbruik

April 14, 2010 in Sonder kategorie

Laat my toe om hier te skree

– ek het dit immers al van te vore gedoen –

sodat die drif en frustrasie my liggaam skadeloos kan verlaat

en ek – heel beskaafd – kan voortgaan met my werk.

Maar as daar erens tussen julle  ‘n boekhouer / rekenmeester / syferpersoon is wat ‘n werksvakansie wil neem – ek kan die volgende bied:

In ruil vir my frustrasie met bestuurstate en kontantvloeibegrotings en syfers wat my gek maak kan jy

– kom uitspan in ‘n lieflike omgewing  (syfers is mos nie vir jou inspanning nie)

– in die berge ronddwaal op gebaande en ongebaande wee

– in die damme swem (tans nie water daarin – maar as jy die state klaar het voor die sperdatum gaan dit inelkgeval reen)

– 4 x 4

– 2 x 2

– dapper en stapper

– soveel vrugte eet as wat ‘n gewone mens se gestel kan hanteer

– goeie geselskap (ek uitgesluit – mos gefrustreerd)

– en nog klomp ander waaraan ek nie nou kan dink nie (breinblok!!)

Jy kan eintlik maar se Your wish is my Command want ek kan SKREEEEEE omdat ek die dekeslse goed moet doen wat sooo nie my passie is nie!

NS: Het ek gese ek sal vir jou tee aandra?  En groen vye en muffins en jy mag in die groot stoel sit.  En ek sal vir jou blomme bring – bosse en bosse rose en varings en gipskruid – en as blomme jou nie geval wat van biltong en droewors en olywe en kase en en en (vergewe my as ek weggevoer raak)

NNS: En as jy gou maak kan jy nog more aand saam my leeskring to gaan ook.

NNNS: Niks in die skrywe hier bo mag nou of later teen my gehou word nie…hou dit teen Letterdash.

23 antwoorde op Misbruik

  1. Berwick het gesê op April 14, 2010

    Ek is baie sleg met syfers.

  2. Ek het ‘n vriendin, (haar naam is NIE Liza nie en sy het nie ‘n klavier nie), wat baie goed is met syfers. Sy gaan gereeld – soms weekliks – George toe om een van haar kliente se boeke te gaan doen daar. Stuur my ‘n boodskap as jy haar nommer soek. (en sy is mal oor Groen vye en kaas en alles wat jy genoem het…)

    K 🙂

    NS: Ek is ook baie sleg met syfers.

  3. dinkweer het gesê op April 14, 2010

    Ek is lief vir syfers, maar jy belowe so veel dat ek begin…

  4. Een en een maak elf? Kwalifiseer ek?

    Ag sterkte hoor. Ek is ook juis nou besig met fakture en betalings en ek raak by die oomblik meer gekonfuus.

  5. Kan ek my CV aanstuur?
    🙂

  6. lisabeth het gesê op April 14, 2010

    En ek glimlag breed…niks soos ‘n paar woorde op papier om my op te kikker nie.

    Ons leeskring drink nie tee nie… En ons eet nie koek en tert nie…

    Maak gou!!

  7. lisabeth het gesê op April 14, 2010

    Ek vra nie CV’s nie…kom net (Uh… net vir ingeval: wat weet jy van twee plus twee?)

    (Oeps, ek bedoel een plus een?)

  8. pasella het gesê op April 14, 2010

    Ek kan nie syfer nie, kon nog nooit nie en sal waarskynlik verder in hierdie lewe ook nie kan nie. Jy het nie dalk ander ‘n ander joppie daar nie?

  9. jr_hewing het gesê op April 14, 2010

    ek is goed met syfers. het ek die job? kyk 1 + 1 = 2

  10. Uhm, moeilik….
    🙂

  11. lisabeth het gesê op April 14, 2010

    Wat weet jy van selletjies en die effek van temperatuur … ‘n opening in die heuningtee aanleg… enne veiligheid en gesondheid het ook ‘n ekstra hand nodig na Maandag se verrassingsbesoek van Dept arbeid…en as jy nie omgee om hand te gee met die talle dispute en verhore en dinge in die MH afdeling nie, is die stoel joune (ek hou eintlik die pos vir DW…maar hy het nog nooit enige aanduiding gegee dat hy belangstel nie…)

    Ag Lewies…anders kan jy sommer net vir my moed inpraat – sonder dat jy enige byvoordele inboet?

  12. loudavisi het gesê op April 14, 2010

    Ek is goed met syfers..
    Ek het ‘n sompompie!

    Voorspoed.

  13. lisabeth het gesê op April 14, 2010

    Jys reg jys reg – KOM!!

  14. lisabeth het gesê op April 14, 2010

    Dankie Lou…die bietjie nonsens praat het my nou sommer weer krag gegee!

    Hoe gaan dit by die skool? Kort kwartaal en laaang vakansie…Yeah!

  15. lisabeth het gesê op April 14, 2010

    Nee () Flenters…ek vat my piepklein pakkie met ‘n smile…klink my dit was laaat nagte en genoeg dinge daaikant!

  16. lisabeth het gesê op April 14, 2010

    My tipe wiskunde daai.

    Dankie Maryke – hoop jou fakture is ten minste op mooi papier, dit maak die ervaring sagter!

  17. lisabeth het gesê op April 14, 2010

    DW! Jy het nie jou sin klaargemaak nie…en nou weet ek nie of ek vir jou neute moet bere of nie (Het dit mos ook beloof of het ek nou nie?)

    Syfers is heerlik logies, met vaste inhoudswaarde…en soms is dit ‘n groot heerlikheid om die deur te mag toetrek twv syfers wat moet in… maar soms (as een plus een nie twee wil gee nie) maak dit my lam!

  18. lisabeth het gesê op April 14, 2010

    Dankie Karin…vir jou aanbod…het reeds ‘n afspraak met ‘n program-boffin gemaak om die state vir my te kom opstel op die fin program – dan hoef ek in die toekoms net die knoppies te druk!!

    Gaan netnou by jou lees…dink nie ons het al “ontmoet” nie?

  19. lisabeth het gesê op April 14, 2010

    sug…dis jammer!

  20. lisabeth het gesê op April 14, 2010

    Ai, ek het nou eers gaan lees wat by jou gebeur…so jammer…en mag daai kleinman vinnig perdfris wees!

  21. dinkweer het gesê op April 15, 2010

    Het kom kyk of hier nog beloftes is!

  22. dinkweer het gesê op April 15, 2010

    Jy met jou syfers. Gaan kyk wat gaan daar by Lou aan en verduidelik wat ek iewers moes gemis het. Hoek “3” so baie vandag?

  23. bloukaap het gesê op April 19, 2010

    teeeen letterdash

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.