Profile photo of lisa

by

Rus

April 1, 2010 in Sonder kategorie

Ek het niks rerig om te skryf nie maar die behoefte is daar…dink ek is te gewoond om te wil verwoord…vreugde en trane en spanning en verligting en al die res spoel af van my sodra dit geletter word…

….wil tik wil tik wil tik….maar ek moet hol…

Van  groei en kinders en ouers en bome en konflik en die lewe en begrotings en uitdagings en mislukkings en van alles wat soos paaie deur my dae kronkel.

(snelwee met komplekse draaie en aansluitings op die oomblik)

….maar ek moet hol…

Iewers teen die einde van hierdie dag gaan ek langs die see sit op ‘n kampstoel en tot rus kom.  Iewers gaan ek my selfoon en my rekenaar afskakel voor ek daar kom.  Iewers gaan al vandag se dinge klaarkom.

…maar dan moet ek nou hol…

7 antwoorde op Rus

  1. FOXY1975 het gesê op April 1, 2010

    Sterkte met die rondhardloop en mag jy ‘n rustige naweek hê om op te maak vir al die rondhardlopery!

  2. Janklaas het gesê op April 1, 2010

    Moenie te woes hol nie. Ek kom daar na jou wêreld toe hierdie naweek en ek verwag stilte in George. 🙂

  3. lisabeth het gesê op April 1, 2010

    Ek is in die Langkloof Jan Klaas…maar die naweek is ek in Jeffreys…so George gaan besonder stil wees!

  4. lisabeth het gesê op April 1, 2010

    Ek kort van daai pakkie-goetertjies wat die atlete langs die pad kry…

    En rerig rerig bietjie orde!

    Lekker rondry

  5. lisabeth het gesê op April 1, 2010

    Sal dankie Ekke… nie gekyk waar jy die naweek is nie – hoop jy geniet!

  6. lisabeth het gesê op April 1, 2010

    Geniet jou naweek ook (skryf, skryf, skryf!!!)

  7. Trakie het gesê op April 3, 2010

    Hoop jy’t toe tot rus gekom op die kampstoel langs die see?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.