Profile photo of lisa

by

Blou my gedagtes, bou om my heen

Maart 23, 2010 in Sonder kategorie

Blou is ‘n bogger.

Ek wou nie vandag submit nie. 

Nie die knie buig nie.

Nie  nie oordeel nie.

Nie kopgee nie.

Nie saamwerk nie.

Sommer net kinderagtig dwars wees.

En blou.

Het die voorsitter  op ongelyk grond uitgedaag. Het my eie standpunt geswaai net om dwars te wees.  Het ‘n lae hou gespeel.

(Was dit ek wat tydens sy biegsessie gese het die een wat sonder sonde is kan die eerste klip gooi?  Was dit ek wat saam met hom gebid het?  Vir hom gebid het?  Was dit ek wat die beste raad gegee het waartoe ek instaat was?) 

En toe gooi ek vandag met houding. En dieper as net in my gedagtes – want dit was ‘n hartsgesindheid van meerderwaardigheid en veragting en nugter weet wat nog.  En of dit die moeite werd was kan ek nog nie weet nie.  Want dit is te vars en ek is nog op my high horse (watter reg het ek?)

En eintlik weet ek waar hierdie diep opstandigheid vandaan kom.  En waarom ek nie die knie wou buig nie , en nie sy gesag wou aanvaar nie. 

En ek weet dit is nie relevant nie.

Hou nie verband nie. 

Maar dit is dieselfde. 

Net ander mense.

Blou is die kleur van kneus.

18 antwoorde op Blou my gedagtes, bou om my heen

  1. pasella het gesê op Maart 23, 2010

    Die blou gaan later weg.

  2. jr_hewing het gesê op Maart 23, 2010

    life scripts wat ons anders moet skryf.

  3. Janklaas het gesê op Maart 23, 2010

    Kneus is waar. Sommige mense is taaier en kan houe vat en uitdeel, maar ons gewones knies oor die kneusplekke wat noodwendig in die proses gebeur.

    Sterkte. Kry jou maaind af daarvan. Eet tjoklits.

  4. loudavisi het gesê op Maart 23, 2010

    So, Lisa, jy was vandag sterk.
    En nou is jy spyt?

    Moenie wees nie. Dalk het ander net meer respek vir jou daaroor, al sien jy dit nie nou so nie.

  5. dinkweer het gesê op Maart 23, 2010

    Hallo Lisa,
    My pos wil nog nie werk nie. Hoe gaan dit met jou? Regtig…?
    DW

  6. zephur het gesê op Maart 24, 2010

    Sterk wees en as jy glo aan jou siening, staan by dit.

  7. JWinAus het gesê op Maart 26, 2010

    Dis hoe dit is, Lisa. Niks verkeerd daarmee nie …

  8. lisabeth het gesê op Maart 27, 2010

    Hallo JWIN…my kop te deurmekaar om te weet of daar niks mee verkeerd is nie…dis ‘n a-tipiese reaksie by my!

  9. lisabeth het gesê op Maart 27, 2010

    Dankie Zeppie, ek het iewers bietjie verdwaal in die vreemde wereld van ons. Kan nie besluit of ek wys of dwaas is nie.

  10. lisabeth het gesê op Maart 27, 2010

    Hey DW…so bietjie tussen die boom en die bas op die oomblik.

  11. lisabeth het gesê op Maart 27, 2010

    Ek weet nie so mooi nie Lou…miskien moes ek net oor so lang tyd ander se ekstreme gedrag blanseer dat ek op ‘n punt op die skaal bly waar ek nie van nature is nie, en dalk agv opgeit is hierdie reaksie meer waar en hoe ek sou wees as ek nie gedurig na die sagter kant oorhel om die harder kante middel toe te trek nie? Hierdie maak sekerlik nie vir jou sin nie…maar dis ok…ek het iets besef wat dalk vir my sin maak. Mooi naweek Lou! Soen daai klein mannetjie is sy nek tot hy kraai van die lag.

  12. lisabeth het gesê op Maart 27, 2010

    Jy het ‘n punt beet daar ()Flenters… en genade is wanneer jy weet dit het gebloei daar maar geen bewyse vind nie.

  13. lisabeth het gesê op Maart 27, 2010

    Hallo JK….nee jong…met my en buurvrou se splinternuwe oefenprogram het ek die laaste tyd laat waai met die sjokolade en die resultaat kon nie heeltemal met die drawwery uitgebalanseer word nie (en nou is ek knaend lus vir lekker donker sjokolade met neute in!) Vorder niks met die strrekykery nie, behalwe dat ek dit vir my lyk of die een nuwe beeld (ek ken net vir orion en sk) wat my pa my uitgewys het in Desember al ‘n halwe draai anderkant toe le as die aand toe ons dit opgesoek het in sy boek…hy was links voor ons en is nou links agter my in die aand. Lekker naweek!

  14. lisabeth het gesê op Maart 27, 2010

    Hey Kelly…dit is so…dalk moet ek meer fokus op die basics en die klomp kleiner dinge bietjie eenkant toe skuif!

  15. lisabeth het gesê op Maart 27, 2010

    Dies nie skryf nie dis ontlaai – en ontlaai ontlaai dit my wel…eeendag gaan ek nog probeer skryf terwyl ek mooi rustig woorde beplan en so aan…maar eers eeeeendag wanneer ek groot is!

  16. lisabeth het gesê op Maart 27, 2010

    Hi Verskriklik…nee jong ek weet nie meer mooi wat ek skryf, en moet skryf en liewer nie moet skryf in die lewe nie! Ek dink my kop en hart en lyf roep na vakansie!

  17. lisabeth het gesê op Maart 27, 2010

    Hey Lewies…ek weet.

    Ek weet. Ek weet.

    Maar lyk my daar is ‘n geheue daarbinne wat mens op outopilot sit, sonder dat die besluit deur jou bewussyn gaan.

    Lekker naweek vir jou.

  18. Janklaas het gesê op Maart 27, 2010

    Ek kan vir jou ‘n sterrekyk-handleidinkie laat kry as jy wil. Orion is besig om snags onder te begin gaan en die skerpioen begin nou laatnag opkom. Smaak my ons moet een aand ‘n sterrekyk reël, met wie jy ook wil saamnooi.

Los ’n antwoord vir Janklaas. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.