Profile photo of lisa

by

Pienkvoetmanne

Maart 19, 2010 in Sonder kategorie

Vanoggend voor sonop die helfte van die pienkvoete rugbyspan help aanry skooltoe en baie slim geword tussen die manne. 

Het julle geweet die verligte kruis op die berg is waarheen mens elke dag moet kyk om te sien of die teewies gaan werk, want as hy brand werk die teewie en as hy nie brand nie werk die teewies nie. 

En van die bobbedjaan met ‘n swart gesig en hare in sy ore wat agter die berg bly wat ‘n vrou se gesig afgevreet het, en nou kan sy nooit weer slaap nie, al lewe sy, want sy het nie meer oe om toe te maak nie. 

En dat die liggies op die pad is oor die ouvrou wat naby Wilge Wandel gebly het wat hulle weggejaag het in die nag toe spoeg sy vuur op die pad en nou brand die liggies want dit was in die nag.

En as hulle daai bobbejaan kry, slat hulle hom lightsout en saag sy tande af, en as sy tande in die rivier val en die visse sluk dit in word hulle sharks. 

En as ek vinniger ry lat die naaldjie in die rooi gaan gaan die enjin deur die bonnit vlieg soos ‘n vierpyl, want daar sit ‘n computer voor tussen die sitplekke wat met ‘n code werk in karre. 

En die vrouens by die padwerke het almal weggeloop uit die pakstore want die vloere is te koud daar want mens kan morsdoodvries in koelkamers, en nou waai hulle borde langs die pad, maar nie daai een nie want hy is ‘n man.

Net voor ek hulle aflaai, herinner ek hulle dat die skoolhoof hulle met die bussie na die rugbydag neem, en wat hulle alles moet onthou en wat om liefs nie te doen nie so hulle reken  hulle weet klaar, hulle moet nie nonsens praat nie, en net sag, dan is mnr ok.

I rest my case.

4 antwoorde op Pienkvoetmanne

  1. maryke-anne het gesê op Maart 19, 2010

    🙂 Klink vir my na ‘n baie interessante gesprek wat jy moes aanhoor.

  2. wynvdm het gesê op Maart 19, 2010

    Uit die mond van suiglinge! Wie gaan ooit daad by woord voeg en die opmerkings van kinders boekstaaf?

  3. Alandupreez het gesê op Maart 19, 2010

    Pragtig! Lekker naweek daai kant.

  4. Janklaas het gesê op Maart 21, 2010

    Oulik geskryf, Lisa!

    Ek ken George se kruis teen die berg.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.