by

Beste stuurman aan wal

Maart 9, 2010 in Sonder kategorie

Hierdie is nie ‘n inskrywing nie…dis PS na my vorige inskrywing…

My sterk, dapper stuurman en sy seuns se hare is gisteraand geknip.   Hulle aandag op NaGeo se rekonstruksie van 9/11 en die vrou in hulle lewe se aandag op die taak voor hande: om hulle hare getem te kry.

Almal goed behaard en stekelrig spring die seuns vir die stort met die opdrag, “stort, tandeborsel, ligte af, in die bed” terwyl Stuurman die hare opvee en ek die honde oopmaak en gordyne toetrek.

“Gaan ons sommer swem?” vra hy met ‘n baie bree glimlag en die skoppie vol mannehare in sy hand.  (Sien dit was baie baie warm by ons vandag).

Ek knip die buiteligte af in die verbygaan en begin solank van die harerige klere ontslae raak.  Ek het immers vandag 10 lengtes, dus 115m in die einste swembad gewem, en ek is vol moed dat die aanvanklike koue my nie gaan stuit nie.   En natuurlik wil ek vir my grootste ondersteuner wys hoeveel sy aanmoediging vir my beteken het, en hoe dapper ek die koue water ding kan doen.

Op die boonste trappie van die swembad kyk hy vir my.   Nog net sy hemp is uit. 

“Is dit koud?” vra ek

Daar is ‘n langerige stilte terwyl my grootste fan, die dapper ondersteuner, enkeldiep in die swembad oor die water tuur…

“Stort jy met klere aan?” wil hy darem net eers seker maak. 

En toe begin ek lag “Inderdaad nie!”

13 antwoorde op Beste stuurman aan wal

  1. Janklaas het gesê op Maart 9, 2010

    Stem saam…

  2. En toe….?
    🙂

  3. lisabeth het gesê op Maart 9, 2010

    🙂

  4. lisabeth het gesê op Maart 9, 2010

    Spring in !

  5. lisabeth het gesê op Maart 9, 2010

    Tel jou seeninge!

  6. lisabeth het gesê op Maart 9, 2010

    Nee jy weet mos…toe se ek laaste in die stort moet tee maak…

  7. lisabeth het gesê op Maart 10, 2010

    Jy het al…en gese op ek het nog 10 jaar voor ek bang word vir alles! Gaan more aand na Annelie B luister – Thula Thula… Nie gelees nie, sal eers hoor wat sy se voor ek dit aandurf

  8. lisabeth het gesê op Maart 10, 2010

    Dankie Elsie 🙂

  9. lisabeth het gesê op Maart 13, 2010

    8mm!

  10. Berwick het gesê op Maart 16, 2010

    :-))

  11. dinkweer het gesê op Maart 17, 2010

    Een aand daar hoog in die Sederberge by Crystal Pools het ek omtrent gesterf van die koue water. Maar ek wou en het ingegaan. Tot by my nek. Weet nie of ek weer die moed sal hê nie.

  12. lisabeth het gesê op Maart 17, 2010

    Die koudste wat ek nog ooit geswem het was op Gouritz saam met vriendin…ek het gegloei van koue! Maar dit is ‘n heerlike onthou!

  13. lisabeth het gesê op Maart 17, 2010

    Gie gie…alles behalwe…besig met oudits…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.