by

Groot probleempie

Maart 7, 2010 in Sonder kategorie

Nuwe buurvrou en ek het begin oefen…nie sommer so nie…ons wil (hoor ek ) Oktober fiks genoeg wees om deur Meiringspoort te draf.  Tjoef tjaf.  Drie dae ‘n week stap en draf en twee dae swem.  Elke week verminder die staptyd en vermeerder die draftyd en die lengtes wat ons swem ook. 

Hier is egter ‘n klein probleempie by my.  En ek kan dit ‘n struikelblok of ‘n uitdaging of sommer net die koue water van die swembad noem…dit help niks. Probleempie gaan nie weg nie!  Die kinders moedig aan, en mnr Lisa gee laggend raad…dit help niks!

(Fluisterstem) en dit het oornag gebeur…

Ek dink dit moes daai nag gewees het toe ek veertig geword het…maar dis nie ‘n wetenskaplike waarneming nie, aangesien dit nie herhaalbaar is nie…ek is nou net elke dag nog ‘n dag verder van die eerste dag van veertig af. 

Ek het met afgryse almal se kommentaar gelees op DSP se vraag oor wat die ouderdom inhou…en niks van wat genoem is het my getref nie (waarskynlik omdat ek nie ‘n man is nie)  maar ek bly wonder…

Is dit dalk die 4 en die 0 wat nou op die manier presenteer!

Ek wil nie vetkoekpaleisstyl Worsie se ma namaak nie, maar regtig – ek het vier babatjies in die lewe gebring …

En nou kry die koue swembadwater my onder!  Meiringspoort gaan my nie sien as dit van swem afhang nie, want ek kom nie in die water nie!  

Hoe laf is dit!?  “Vrou oorleef huwelik, kinders, werksdruk, koskook, skoonfamilie, familie, stoepverkopings, vroue-dienste, perdry, tiroiedstorms,  af rug, trek oor die Drakensberge en stuit voor die water van een onskuldige swembad”.

Tragies!

25 antwoorde op Groot probleempie

  1. HeavyHenry het gesĂȘ op Maart 7, 2010

    Ag man – hou vas jou neus, en spring in!

    🙂

  2. lisabeth het gesĂȘ op Maart 7, 2010

    Jy eerste!

  3. lisabeth het gesĂȘ op Maart 7, 2010

    …tien jaar te vroeg! AArrgggg!

  4. HeavyHenry het gesĂȘ op Maart 7, 2010

    🙂

  5. lisabeth het gesĂȘ op Maart 7, 2010

    Hmmm die een is nou kommkommer koel…die sout het iets erens deurgevreet…ek het nie die nie-so-koud water genoeg waardeer toe ek dit nog gehad het nie!

  6. lisabeth het gesĂȘ op Maart 7, 2010

    Ek maak grappies maar ek is so klein bietjie verstom omdat dit skielik vir my sleg is! Ek herinner my my nou aan my ma!!

  7. pasella het gesĂȘ op Maart 7, 2010

    Die bloed raak dun na 40!

  8. maryke-anne het gesĂȘ op Maart 7, 2010

    Oudword is nie vir sissies nie. Wat van ‘n duikpak 🙂

  9. DallaSePa het gesĂȘ op Maart 7, 2010

    Ek dink alles daar by my spasie is omtrent die waarheid … *dis*so*sleg*

  10. DallaSePa het gesĂȘ op Maart 7, 2010

    ps – as jy daar draf, neem ASSEBLIEF vir my ‘n paar fotos en kom post dit hier. (GEOLOGIE … nie MENSE nie)

  11. lisabeth het gesĂȘ op Maart 7, 2010

    Waaaat hou jy van klippe (geweet van die paaie)…dan moet jy vir my verduidelik wat makeer die berg oppad Oudtshoorn toe as mens De Rust om ry…lyk of die berg(ies) gate ingeval het, en die rotslae lyk soos ysterstawe wat teen ‘n soliede muur gebots en gebuig het!

  12. lisabeth het gesĂȘ op Maart 7, 2010

    Ag tog Lewies – dis traaaagies!

  13. lisabeth het gesĂȘ op Maart 7, 2010

    Ha ha Maryke…dis nie ‘n slegte plan nie…!

  14. lisabeth het gesĂȘ op Maart 7, 2010

    Los my maar nog ‘n rukkie in lala land… ek wil NIKS verder weet van oudword nie! Ek het ‘n vrees om te oorkom hier!

  15. DallaSePa het gesĂȘ op Maart 7, 2010

    http://blogs.litnet.co.za/DallaSePa/kry-mens-mooi-er

    Hey L … ek mos eintlik ‘n diep outjie.

  16. lisabeth het gesĂȘ op Maart 7, 2010

    Jip…dis die scary deel…ek dink ek bly maar vir nog ‘n rukkie in denial!

  17. loudavisi het gesĂȘ op Maart 7, 2010

    Kom oefen hier in my swembad.
    Dis soos Goudini Spa se warmbad, op die oomblik.

    Onthou, as jy eers in koue water is, laat waai energiek, en gou-gou voel die water nie meer so koud nie. Ek swem tot diep in Junie.

  18. shlwanjan het gesĂȘ op Maart 7, 2010

    Hulle vertel jou van plooie. Hulle vertel jou van hormoonwanbalanse. Maar daar’s sekere goed wat hulle jou nooit vertel van wat met jou gebeur as jy daai vier-nul oorsteek nie.

    Die ding is, dis te verskriklik om oor te praat.

    (En ek is SERIOUSLY beindruk met julle fiksheidsplan! Sterkte.)

  19. Janklaas het gesĂȘ op Maart 8, 2010

    Ek verstaan hierdie een baie goed. Ek het ‘n reuse swembad wat nie gebruik word nie. Dalk moet ek ‘n paar eende kry.

  20. lisabeth het gesĂȘ op Maart 8, 2010

    “Laat waai energiek” kan ek doen as ek net eers in is. Ek hou nie van die sensasie van die koue water soos ek instap nie en is so waar oornag (rerig) te papbroekig om net in te duik en klaar te kry! Dis heeltemal belaglik – maar waar!

  21. lisabeth het gesĂȘ op Maart 8, 2010

    Kan mens veertig bedank en weer 39 word?

  22. dinkweer het gesĂȘ op Maart 8, 2010

    Hou moed. Die veertig sal verbygaan…

  23. lisabeth het gesĂȘ op Maart 9, 2010

    Opblaasbootjie en roeispane?

  24. lisabeth het gesĂȘ op Maart 9, 2010

    Jy laat my lag! En dan, wat gebeur dan as dit verby is?

  25. Janklaas het gesĂȘ op Maart 9, 2010

    Nou daaaar is iets om te oorweeg…

Los ’n antwoord vir loudavisi. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.