Profile photo of lisa

by

Hoe doen mens dit?

Februarie 23, 2010 in Sonder kategorie

Hoe kry belangrike mense met belangrike werke dit reg om al hulle werk gedoen te kry, al die balle in die lug gehou te kry en nog golf te speel?

Ek wil regtig weet!  Iewers het ek die lesing gemis – want diekant hoop werk net op!  Daar is tog mense wat bepaal of daar oorlog gemaak gaan word, en ouens wat maatskappye laat staan of val – hoe op aarde kry hulle tyd om dit alles te doen?

En wat my pla is die feit dat ons almal presies dieselfde tyd per dag kry om die take af te handel…24 uur…wat is dan fout hier by my?

Ek wil blogs lees – en ek wil tik – en ek het nie tyd nie!!

22 antwoorde op Hoe doen mens dit?

  1. Daar word groot besigheid op ‘n gholfbaan gedoen, trust my!

  2. Dis die probleem hier.
    Ek spandeer te veel tyd hier, en my gewete begin my rou ry!
    Toemaar, more pak ek die taak aan en handel dit tjoef-tjaf af..
    😀

  3. Delegasie, delegasie… En dit help dat dit te droog is om tuin te maak.

  4. Ek het ook sulke dae…

  5. 🙂

  6. Nee jong Ekke…daai help nie vir my nie!Jy sal ‘n anner plan moet gee!! ( Kyk jy in jou baie skoene vir ongediertes voor jy dit aantrek? Hier by ons gereeld ‘n padda of iets dergliks in Annerhelfte se stewels!)

  7. Weekliks Maankind…weekliks! Hallo – hoop dit gaan goed daar by jou?

  8. Hmmm…ek hoor. Aangesien ek nie self speel nie en net die groen gras bewonder en die saamstap geniet vier ek daar net vriendskap…en dit maak nie my werk minder nie!

  9. Hallo Lou….hoop dit het tjoef-tjaf en lees lees gegaan! 🙂

  10. Hallo Jan Klaas. Kom help bietjie hier toe – net tot dit gereen het – dan kan jy gaan tuinmaak!

  11. Myne word nou weke en maande Seisoenekind! Hoop dit gaan goed met jou! Laaanklaas lekker kon lees!

  12. Nee jong Berwick, smile gaan my niks help vanaand nie!

  13. Dis die eerste vriendelike uitnodiging wat ek vandag kry!

  14. Moet bieg …myne is ook soms weke en maande veral voor sekere groot deadlines

  15. Waar’s Mevrou Klaas dat ek met haar kan praat! Dink jy kort TLC!

  16. Sug…

  17. zephur het gesê op Februarie 26, 2010

    Hulle het moerse goeie PA’s(daai vroutjie wat soos speedy consales rond hardloop)

  18. Trakie het gesê op Februarie 27, 2010

    Ek’s een van daais wat ook golf speel. By wyse van spreke.

  19. JWinAus het gesê op Maart 17, 2010

    Ek dink nie tyd is dieselfde vir almal nie. Tyd beweeg stadiger vir party mense.

  20. lisabeth het gesê op Maart 17, 2010

    Nou hoe laat mens dit gebeur…een of ander van die kinders se dvds het ‘n mannetjie op wat so vinnig beweeg dat alles anders in stadige aksie gewys word…ek kort daaaaai soort vinnig!

  21. lisabeth het gesê op Maart 17, 2010

    Jy’t nog niks tips gegee nie!?

  22. lisabeth het gesê op Maart 17, 2010

    Ek wil ‘n PA heeeee!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.