Profile photo of lisa

by

emme

Februarie 12, 2010 in Sonder kategorie

waarom het ‘komitee’ een ‘m’ en ‘kommissie’ twee?

10 antwoorde op emme

  1. Want ‘n kommissie bevat dalk meer mamparras as ‘n komittee…?

  2. met lang en kort klanke te maak.

    jy kan hoor mens spreek dit heeltemal anders uit?

    koemiesie X kohmitee

    jy sien?

  3. :-))

  4. Hallo ()Flenters, ek het dit dat die medeklinker verdubbel om ‘n kort beklemtoonde klinker kort te hou…dalk moet ek ook maar die wsr uitgrawe…(as sy reels nog geld!)…hou niks daarvan om nie te weet waarom iets is soos dit is nie!

  5. Sien, dubbel M na die beklemtoonde o van kommie!

    My tee kom op twee bene aan…geen wieletjies by ons nie.

  6. Huh-uh…ek sien nie. Klem val in albei nie op die kort lettergreep met die o in nie…tensy ek komitee verkeerd uitspreek!

    Het jou nog nie voorheen hier raakgeloop nie – Hallo!

  7. So die IK van die groep bepaal die hoeveelheid “mme” in die benaming!

    :-O

  8. shit, ek kort ‘m-me’

  9. Lyk maar sleg waar dit gebrand het, en die infrastruktuur wat skade gekry het plaas nog meer druk op! Die Kloof is veronderstel om nou grasgroen te wees. Tussen die boorde is dit bruin. Die gras onder die bome en tussen die rye is bruin. Die lee damme is bruin. Daar is dan glad black wattles wat die hoof begin buig!

    Ons moes al vroeer van die boorde afskryf waar dit net nie moontlik was om water te kry nie, en by die res het ons die mikros met druppers vervang. Die boorgate (wat nie gebrand het nie) loop 24/7 en behalwe as dit soos die weduwee se kruik gaan werk is dit net nie moontlik om oral water te kry en te red wat gered kan word nie.

    COPE het vandag ‘n klomp afgevaardigdes gestuur om te kom kyk, maar dit was gou duidelik dat dit nie gaan oor die skade nie, maar oor die feit dat die regering (plaaslike kantore) se verteenwoordigers en dept Landbou op die dorp nog die hele week tydens die brande MIA is! Dankie dat jy vra. En dankie dat julle saamvoel.
    L

  10. Ons sal maar sien wat die gebrande bome doen – daar is so baie natuurfaktore wat die afgelope paar jaar alles wat ons gedink het ons weet van vrugte af deurgmekaar gooi dat ons dalk verras kan word!

Los ’n antwoord vir Berwick. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.