Profile photo of lisa

by

Dit brand

Februarie 7, 2010 in Sonder kategorie

Eerste oproep ongeveer 11hoo gekry.  Tweede oproep teen 14hoo.  Inderhaas opgepak, kinders en waentjie gelaai, gery.  Laag gevlieg.  180km/h voel glad nie erg nie.  Sou dalk, as ons in ‘n ander voertuig was.  Dink altyd ons is ‘King of the road’

 as ons hoog uit die Caravelle oor die ander voertuie se dakke kyk.

Eerste tekens van brand by Assegaaibos rond.  Geskroeide boorde van Kareedouw af.  Tweeriviere sien ek afgebrande bome.  Joubertina, swart stukke grond le onder ons in die dorpie.  Krakeel, die hophuisies se eenvormige dakke blink deur die grys rookbank.  Louterwater raak die lug om ons vreemd oranje.  Misgund se kant toe is dit toe. 

Derde oproep, vierde, vyfde.   EK kyk op na die son wat ‘n helder rooi stralekrans om sy ronde lyf dra. My selfoon begin ook lui en piep afwisselend.   

Skade is groot. Ongeveer 8 hektaar afgebrand. Persimmon boord is geskiedenis.  Abate Fetel wat nou in hulle 15e jaar uiteindelik volwasse genoeg is om te dra se pere is gekook aan die bome.

Maar skade is relatief.

Petrol het ontplof in ‘n man se hand agv die hitte.  Hy is beskadig.

‘n Man se hele plaas het afgebrand.

Ek lees van drie klein dogtertjies wat verkrag is verlede naweek.

Een rand, tien rand, ‘n miljoen.

Anderhelfte is moeg.  Ek druk die komberse stywer in om die jong lyfies.

Nag almal.  Lekker slaap.

13 antwoorde op Dit brand

  1. Diep pos die…die lewe is soms onverstaanbaar maar soos die seisoene draai en dinge verander sal daar seker weer iewers iets te vore kom wat klink na normaal wees. Ons moet net bly hoop ne…jy moet lekker slaap

  2. Sterkte daar.Hier by ons is die vloed omtrent net verby en die wereld groei toe met bossies en gras.

  3. Een deel van die land versuip onder vloede, die ander deel brand – genade tog, wat is somer!
    Sterkte!

  4. Kan ek vir jou stilte as antwoord pos?

    ….

    En dit afsluit met ‘n diep asem in en uit?

  5. Haai Anha…

  6. Dankie Therina…my tweede naam het ook ‘n rina in! Hoop jou man is oppad terug!

  7. Hallo Raymond…dis omtrent kontras. Ons het in 2006 en 2007 weggespoel met letterlik miljoene rande skade, en toe in 2008 en 2009 hierdie droogte wat net nie skiet gee nie. Toe hael en nou brand! Geniet die nuwe groei daardiekant.

  8. Ek verlang na nie te veel nie, nie te min, iets van alles en net genoeg!

  9. Die rook borrel nog uit die dennebos hier oorkant my kantoorvenster…en agter my uit die berg en links af in die Kloof en Regs op!

  10. Dankie Ekke!

  11. Die hoekoms het nie antwoord nie. Dink aan julle.

  12. Hallo Reisiger, dankie!

  13. Vure doodslaan as idioom het vir my nuwe betekenis gekry…

Los ’n antwoord vir lisabeth. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.