Profile photo of lisa

by

Lekker slaap.

Februarie 4, 2010 in Sonder kategorie

Voel sommer om vanaand dankie te se aan my Hemelse Vader dat Hy my nie laat los het nie

Al is ek deesdae so bietjie sinies

Al weet ek ek het ampertjies gevou

Dat ek deur die laaste paar weke gekom het – al het ek nie geweet hoe ek dit gaan regkry nie

Dat ek in die lewe van Anderhelfte kan sien dat God bestaan, omdat hy teen ‘n konstante kurwe voor my oe verander en verander en verander, en ons lewe ligter en liefliker word by die dag.

Sommer net omdat ons  vanaand lekker knus en  veilig gaan slaap, en ek deur al my deurmekaargeit weet Hy waak oor ons, ten spyte van my.

Het nou lekker blogs gelees.  Nag Almal.  Diep rus.

2 antwoorde op Lekker slaap.

  1. zephur het gesê op Februarie 5, 2010

    Mag die hand van die Here jou beskerm…

  2. Pragtig Lisa, ons het so baie om voor dankbaar te wees ons besef dit net nie altyd nie!
    Hoop jy het lekker gerus en is op en wakker en reg vir die naweek!!!!
    Dankie vir jou inloer daar by my, dinge tussen my en vriendin is darem weer uitgestryk ek stuur nou maar net nie weer forwards nie want sy dink dis junk en ek dink van hulle is wonderlik inspireerend!!!
    So ons het maar ge”agree to disagree” hehehehe!!!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.