Tussen die mure.
Januarie 10, 2010 in Sonder kategorie
Die dag toe hierdie kamer se fondasie uitgemeet is, is een koninggrootte bed se posisie bepaal – reg oor die skuifdeur met ‘n uitsig oor die berg. Daarna is die spasie vir 4 matrasse rondom die koninggrootte bed afgetree. Daarna die loopspasie om die matrasse, toe die spieelkas en die lessenaar en die vertoon-musieksentrumkas-kas en die boekrak en die klerekaste en die oefenmasjien en die kaggel se staanplek. En toe is die fondasie uitgemerk.
Vanoggend word ek wakker in die middel van die kamer…met die kosbare lywe langs my en om my versprei soos dit beplan en afgemeet is.
Agter die glasdeurtjies is lankal nie net meer my eie en Anderhelfte se kosbaarhede nie (niemand het nog die melktandjies agter die stoomenjintjie ontdek nie – of niemand het dit al erken nie).
Ek durf nie ‘n sekonde huiwer om te leef nie. Om te doen wat ek moet nie, om te doen waarvan ek droom nie. Want eendag het nou geword.
Gister het ons die fondasie uitemeet, en vandag dra hulle self die springmielies en die matrasse kamer toe.
Vandag. Vandag wil ek leef.
DallaSePa het gesê op Januarie 10, 2010
!
loudavisi het gesê op Januarie 10, 2010
Dierbaar!
DonkerNag het gesê op Januarie 10, 2010
Flippen goed geskryf…..ek het self Desember so ‘n uitsig op die berg gehad toe ek in George was….berge doen dit vir my
Berwick het gesê op Januarie 10, 2010
🙂
DallaSePa het gesê op Januarie 10, 2010
http://blogs.litnet.co.za/Gladdebande/teesin
DallaSePa het gesê op Januarie 10, 2010
http://blogs.litnet.co.za/lisabeth/tussen-die-mure
DallaSePa het gesê op Januarie 10, 2010
http://blogs.litnet.co.za/Janklaas/neptunus-se-maat
DallaSePa het gesê op Januarie 10, 2010
http://blogs.litnet.co.za/hippieheart/by-my-ouers-se-graf
*** Lees die een … ***
lisabeth het gesê op Januarie 11, 2010
ha ha!
lisabeth het gesê op Januarie 11, 2010
More! Dankie vir heerlike leesstof! Jy mag maar vir my blogs uikies om te lees. EK het almal geniet. Hoop jy het ‘n gatskop dag! L
lisabeth het gesê op Januarie 11, 2010
More ()Flenters…dalk as ek genoeg lees mag ek ook eendag ‘n opinie he oor JZ en die Vlakplaasdebakel…maar dan moet ander ouens genoeg skryf!
lisabeth het gesê op Januarie 11, 2010
More Berwick…geniet jou dag 🙂
lisabeth het gesê op Januarie 11, 2010
Jy laat my so lekker welkom voel!
lisabeth het gesê op Januarie 11, 2010
Berge en Bome en Oopte (en vanselfsprekend die see). Stuur bietjie groete vir my Boet daar erens naby jou in Pta!
lisabeth het gesê op Januarie 11, 2010
More Anha. Ons is springmielie spesialiste…ek hou regtig nie geurmiddels aan vir kosmaak nie…wel vir dvd aande oor die springmielies! (Ek het my Kook-en-Geniet wat weg was sedert my male so vooorige kuier in April gister opgespoor in ‘n laai in die eetkamer. Toe ek verbaserig hardop wonder waarom ek hom nooit met dc-fix oorgetrek het nie, was my pa se droe kommentaar “Seker omdat jy nie ‘n besonderse affiniteit vir hom het nie”.
lisabeth het gesê op Januarie 11, 2010
More Lou…sal bietjie later moet gaan kyk hoe dit met jou kleinkind gaan daar in Louland. En of jy regmaak vir skool?
lisabeth het gesê op Januarie 11, 2010
Hallo WS. GENIET JOU DAG!
Trakie het gesê op Januarie 11, 2010
Ditto!
Janklaas het gesê op Januarie 12, 2010
Ek het ‘n wonderlike twee weke daar in jou wêreld gehad. Jammer dis so bitter droog! Dit het darem gehelp as dit soms mistig was.
Alandupreez het gesê op Januarie 12, 2010
Groot geheim daai – om vandag te leef! Dankie, dit beteken baie vir my.
lisabeth het gesê op Januarie 14, 2010
Cheers!
lisabeth het gesê op Januarie 14, 2010
Ek was vir twee dae in Oudtshoorn en ek het byna gesmelt! Ek het daardie 4uur missie oor die berg terdee gemis! Het die vakansie sterre begin kyk saam my pa…aanvanklik gedink sy bekolletjiesde boek is onbruikbaar…en intussen heel verknog geraak aan die einste sterretjie-kykery!
lisabeth het gesê op Januarie 14, 2010
Hallo Reisiger…dit is. En aangesien die uwe nou amptelik 4 dekades agter haar versigtig omgegaan het met die lewe beplan ek om die volgende 4 dekades voluit te gaan!
lisabeth het gesê op Januarie 14, 2010
Hallo Melissa…dit gaan baie goed met Oudste…die orienteringsprogram gee die arme graad sesse nie tyd vir verlang of asem skep nie, en sy geniet elke oomblik! Ek het haar ‘n paar keer in allerhande eienaardige onderstebo agterstevoor uitrustings gesien terwyl ek nog daar rondgehang het om seker te maak Nommer 2 is ok, en haar oe blink! Nommer 2 het bietjie swaarder gekry…sy kom in graad 5 in ‘n nuwe skool en koshuis en daar weet almal reeds hoe alles werk. Sy het Dinsdagaand alleen in die koshuis geslaap op haar eie aandrang, voor al die ander kinders nog terug was…en teen vieruur die oggend het die lang stil gang haar gevang. Ek en sy het twee baie kosbare tranerige dae agter die blad…ek het in ‘n gastehuis gebly vir die twee dae. Sy klink goed vanaand. Atletiek het begin en dit help ook. Hierdie ma het nooit kon dink dat dit so erg vir my gaan wees om haar daar te los nie! Dit was vrek sleg!!
Janklaas het gesê op Januarie 14, 2010
Pas op, dis verslawend, veral daar by julle met die groot, helder sterre.