Pleased to meet you

Die winkels is woelig vir ‘n Vrydag oggend en ek vleg vinnig tussen die mense deur. Ek maak van dit ‘n game en noem dit MallWalking. Die reels is eenvoudig-

  1. Probeer so spoedig as moontlik die kopery afhandel. Get in and get out.
  2. Vermy oog kontak soos die VIGS (anders hak ‘n mens vas)
  3. Jy mag nie hardloop nie – net baie vinnig en strategies loop
  4. Jy verloor natuurlik as daar enige ‘head-on collisions’ plaasvind.

En als het goed verloop. Tot ek vir jou sien. GAME OVER.

Daai eerste keer kon ek ook nie wegkyk nie. Ek loop al stadiger. My voete volg ‘n ou paadjie en met elke tree skilfer die laaste 8 jaar van my geheue af. Ek is weer 15 en die Desember son soen ons bene terwyl ons op die strand volley-ball speel. Roomys eet. Gedigte ontleed.

Jy lyk skoon verskrik. Ek glimlag.

“Ja, jy ken my” spot ek.
“Ek dog jy bly nog in Johannesburg?”
“Lankal nie meer nie…”

Dis nie dat ek nog verlief is op jou nie. Maar ewe skielik onthou ek wie ek was toe ek verlief was op jou. Die kind binne my.

Dankie daarvoor. Ek het so amper vir haar verloor.