VONKELVRIENDSKAP MET ‘N VOORSKOOT…

August 18, 2013 in Sonder kategorie

My oom van die Kaap kon stadig eet en kos waardeer.  Ek  onthou sy stil berispe:  “Stadig, Emaria, sien die boer by die blomkool  oppie land.”  Dis nie net vir eet nie.  Daar is ‘n diep konneksie met die grond en die boer en die arbeiders en die oesland.

Hierdie week het ek weer met nuwe oë na kos en geloof en die konneksie kom kyk.  Dit was voorwaar  die eerste organiese mark waarvan ons lees in die Tuin van Eeden wat op die sesde dag amptelik geopen is  deur die Groot Eienaar met die woorde:  “En dit was goed!”

Dwarsdeur die geskiedenis “ connect” en vier kinders van die Here  die lewe rondom feestafels.  Kos bring mense bymekaar.  Dit “connect” ons met die paradays en met God.  Soos weer Saterdag by Lucinda se verjaardagviering:  ‘n koswerkwinkel sou dit wees, die tema:  “Voneklvriendskap met ‘n voorskoot!”

Min het die partytjiegangers geweet hulle gaan self die kos berei vir die vonkelgeleentheid!  Maar wat ‘n diep lekkerte om te sien hoe vreemdes nuwe vriende word en ou vriender beter vriende.  Kos “konnek” ons met mekaar, met die winkelier en die boer en sy mense.  Vandag “konnek” ons ook met Indië en hulle kultuur want wie weet beter van kerrie en korma  hoender as juis die mooi mense met die donker bruin oë.  Ons ruik die jeera en die daniah, garam masal en die borrie.  Ons proe en ondervind  self dat God goed is.  Taste and see that the Lord is good…

Ek “konnek” ook  op ‘n spesiale manier met die ander Maria in die agterkombuis.  Wat sou ek tog sonder haar doen?  Daai “geel stew” was lekker, beaam sy na die tyd.

Op die stoep eet ons vriendskapspapawerkoek, getooi in ‘n besondere dik laag wit sjokolade versiering en die geleende laaste wit rose in ons kompleks se tuin vertoon mooi op die wit staander.  Lucinda verjaar en ons vier haar vriendskap.

Die vrouens vou en verf aan die Genade Groentepakkies (SpringRolls) en ons gaan sit aan vir ‘n uithaler ete.  Seën die baie hande wat dit voorberei het.  Op die lêptoppie speel ‘n uitnodiging:  “Come to my table!” gesing deur die Talbot brothers.  Judas en Petrus en die jongvroue en die oueres van ons word uitgenooi om aan die tafel te kom sit en ek herinner my aan een van die skeldname wat Jesus toegesnou is:  ‘n Vraat en ‘n Wynsuiper.

Hy is die eregas vandag hier. More ook in ons kombuise.  Ek onthou die verassende beeld van God in die kontensieuse boek, The Shack.  So anders as wat ons verwag word hy voorgestel as die groot mama  in ‘n kombuis.

Kos “konnek” ons vandag ook met Jesus se voorbeeld, sy dienskarakter en andersheid .

Ons eet Sy liggam en drink sy bloed en ‘konnek ‘met merkaar en met ons eie broosheid rondom die keurig, gedekte tafel.   Een van die gaste stel voor dat ons die verjaarsdagmeisie salf met die SA olyfolie. Dis heilige oomblikke sonder skanse tussen haar en haar kosbare, soms jarelange  vriendinne.   Vandag is anders.  Sy seën haar vriende met ‘n geskenkie.  En op die “side board” lê daar koevertjies met ‘n bydrae vir “uitreik”. Ek bid nog oor die aanwending daarvan, maar  dink dit moet gaan vir Thembeka, , my kollega by Golang naskoolsentrum, die ene wat soggens verniet by die  treurige, plaaslike skool  remediërende lees aanbied vir die baie sukkelaars en middae daarmee voortgaan by die naskoolsentrum, ‘n vreemdeling van Zimbabwe wat nie sommer in SA skole toegelaat word nie en bereid is om vir karige toegif van die NGO kinders te leer Engels lees.  My vriendin wat as jy vra hoe dit gaan altyd, sonder uitsondering antwoord, Blessed, my sister, Blessed!  En ek vermoed dis die geseën wat Jesus van praat in sy bergpreek.  Finansieel brandarm, maar hart skatryk.   Kos “connect” ons ook met die finansieel armes vandag.  Dankie julle!

Ek het vergeet om te noem van die nagereg.  Die dekadente sjokolade koppie met die lente aarbei aan sy sy.  Wat ‘n bederf!  All you need is love. But a little chocolate now and then doesn’t hurt.”
Charles M. Schulz

En nou , my liewe  nuwe kosvriendinne.  Ek is bly, dit klink of julle gemotiveerd is om nuut te begin dink oor die “mandane”, alledaagse handeling  tussen 6 en 7 saans in die kombuis.  Maar onthou,   Rome is nie in een dag gebou nie.  Julle kan almal lees, maar moet kan proe.  A recipe has no soul –As the cook has to bring soul to the recipee…. En raak maar so stadigaan van die gevriesde groentetjies ontslae.  En o, ja, alle blikkies is nie boos nie!  Tamatie in alle vorms geblik is altyd welkom.  Chikpeas is lekker vir tuisgemaakte humus of vir Meatless Mondays.  Ideal melk is ‘n goeie aanvulling vir room vir ‘n nood nagereg. Bake beans is goed vir cholesterol. Pillchards is  hoog in Omegas en ideaal vir ‘n viskoekie – selfs as jy kamp.! Die res van die blikkies, mmmm – werp hulle oppie water – daar is baie mense sonder yskaste wat nie die opsies het wat jy het niel.  Lekker kook!

Hêppiness is Home-Made!

 

 

WERP JOU BROOD (EN SOP) OPPIE WATER…

August 18, 2013 in Sonder kategorie

 There are people in this world so hungry that God cannnot appear to them except in the form of bread – Ghandi

 

Ek onthou hoe verbaas iemand was toe ek eendag vir hulle sê ek koop meel op grootmaat (12,5kg sak soos die plaasmense vir ‘n maand kry) en bêre dit in die vrieskas.  Hulle kon nie glo vier mense eet ‘n sak meel in ‘n maand of twee op nie.  Ons Huisamens is meelmense.  Soos Ouwoeta Gys skaapvleis eet, so eet ons meel.

Ja, ons weet wit koekmeel wat jy in die winkel koop is ongesond, maar toe vind ons uit van Eureka meule op Karringmelksrivier. –  Eureka!  Ons het dit gevind:  Uiteindelik, Unbleached, Stoneground Flour!  En dit op Pa Hoppies se geboorteplaas!

Nou weet ons , dit moet in die gene wees, die liefde vir brood, want op hierdie einste plaas in die Suid-Kaap het ons baie as kinders gekuier.  Daar word meel op natuurlike manier met meulsteun geproduseer en al die goeie voedingstowwe behou. Nou is ons eers oortuig:  dit kan nie sonde wees nie en is dalk baie gesonder as vleis. Het Jesus dan nie hoeka brood vermeerder nie?  Dit is dus Bybels om brood jou stapelvoedsel te hê en glad nie so moeilik  om met suurdeeg te werk nie.  (Bakpoeier kitsbroodjies klassifiseer nie as brood nie – dis koek en ons eet nie koek vir brood nie)

En toe , hierdie week was dit Brood se beurt op die spyskaart van nog ‘n Geluk is Tuisgemaak werkswinkel.  En soos altyd kon sy haar man staan!

Die groepie vroue sirkel saam.  Ons lees en reflekteer eers oor die baie verwysinge na die voedselsoort in die Groot Boek.

Ons hoor God se stem terwyl die emalje skottel op die houttafel skuifel soos een van die yewerige kursusgangers knie: “Soos ‘n bietjie suurdeeg die hele skottel deursuur, so moet julle julle invloed laat geld.” Ongekunsteld, eg, langsaam.

En daar voor die knieskottel klets dit soos by die waterklip van ouds waar die Wesrandse vroue bymekaar kloek. Dit deel rate uit oor alllergieë en ons saam staan ons in verwondering oor die eeu-oue tradisie van Brood.  Diep dankbaar vir Eureka se borgskap en oor die nuwe ervaring van regte meel  wat ons in staat stel om brood te bak wat sy naam werd is.  Die goed wat ons in die supermark oorkant die pad koop is hulle sout nie werd nie.

Die Uys-familie se patatrolle reseppie word gedeel.  Met apologie aan die Huisgenoot Resepteboek Nr. 2 – ons familie kan sy naam daaro sit Ek wonder hoeveel dosyn patatrolle het ek en my susters en skoonsusters so oor die afgelope 15 jaar saamgeslaan. Een baksel gee tot 40 patatrolle. Rof geskat, het die Uyse en die Huisamens en Die Erwees dus maklik al 10 000 patarolle verorber. Dis net vir privaat gebruik – glad nie vir verkope nie. Die mense op Witrivier het al geweet hulle kry dit by Riekies as hulle daar kom kuier  En buitendien het ons erens besluit om anys in te werk en ‘n suikerstropie bo oor te verf as dit warm uit die oond kom.  So dis ons patatrolle wat ons graag met die wêreld deel.

Brood en Sop loop saam.  En soos mense, is elkeen anders.

There is nothing like soup. It is by nature eccentric: no two are ever alike, unless of course you get your soup in a can.”
Laurie Colwin, ‘Home Cooking’ (1988

Nataniël trots wees op onsl.  Gin stuk niks “butternut sop vandag nie.  Ons ekspermimenteer met murgpampoenite sop met suurlemoen en neutmuskaat, Marokkanse lensies  sonder ‘n stukkie vleis vleis en Winterwarm wortelsop met Mosambiekse kasjoeneute.

Terwyl ons speel in die kombuis, is daar is daar toegewyde onderwysers besig om na serebraal gestremde kinders om te sien en sop te voer.  Dankie Here, daar is oorgenoeg voorraad om uit te deel;  warm brood met canola saad en rooilekker lensiesop word vars afgelewer by die skool vir middagete.  “Wie karig saai, sal karig oes. Wie volop saai sal volop oes.” Vandag werp ons ons brood (en sop) oppie water….

N.S.Ondersteun gerus Eureka meel , nou verkrygbaar by Dischems en SPAR Nasionaal en die kanse is baie goed dat dit juis Boeta Neels van Skeiding se koring is wat jy koop.

 

“Opmaakkos”!

April 20, 2013 in Sonder kategorie

Opmaakkos!
Dit was hierdie week tyd vir die tweede Geluk is Tuisgemaak koswerkswinkel in Ruimsig. Ek kon die tema kies en het besluit op Opmaakkos. Opmaakkos – wat op aarde is dit?
Om op te maak, moes mens seker verskille hê. En dis tog seker nie nuus vir enige mens wat saam met ‘n ander mens op hierdie ondermaanse lewe nie. Dis dan hoe ek op die idée gekom het. Ek het onthou hoe maklik is dit eintlik om weer goed te word en lief te hê as die ander een dit nie verdien nie. Ek het ook weer bietjie gaan delf in die handige instrument vir gesonde verhoudinge wat ons jare terug onder oë gekry het: The Five Love Languages van Gary Chapman Die meeste van julle ken dit al. Ek onthou nog goed hoe rewolusionêr dit was om agter te kom my liewe man is eintlik so goedkoop. Soek net so af en toe ‘n koffiekie in die bed en dat ek net net bietjie meer sal dink voor ek praat. Dis eintlik maar een van almal se emosionele behoeftes: Acts of service.
In ‘n huis kan die takies in die kombuis groot brûe bou. En vandaar die handige wenkie aan jong getroudes: Daar is ‘n sleutel in jou hand – Opmaakkos! Ek het gaan dink aan al my man se gunstelinge en die aand voor die tweede werkswinkel net seker gemaak ons praat uit dieselfde huis. Hy het volmondig saamgestem. Enige iets met ‘n degie werk vir hom en pampoenpoffertjies het ‘n magiese uitwerking op enige man. Ek kon dus met selfvertroue verkondig. Hierdie spyskaart het ‘n 27 jaar waarborg. Kom ons begin by die spierwit skonnie, getiteld Saterdagoggend Skons .
Daar is min dinge wat so ongesond en so lekker is soos ‘n spierwit, stapelhoog skon met aarbeikonfyt en room. Ons het as studente somtyds Franschoek toe gery as ons baie “grênd” was en by Swiss Farm gaan skons eet.
Ek het eintlik in die gehate Standerd 7-Huishoudkunde klas leer botterbroodjies bak – met die insnymetode.  Ek het nooit weer ‘n paletmes gehad nie, maar glo steeds dis die geheim van ‘n goeie skon: Dit moet min hanteer word, die botter moet met die vingerpunte ingevryf word en die nat bestanddele met ‘n groot mes ingesny word. Hulle sê die pad na ‘n man se hart loop deur sy maag. Hierdie wit, ongesonde skonnie kan net sowel versoeningsbrood genoem word, want daar is geen sonde so groot dat jou man jou nie sal vergewe as jy hom so bederf op ‘n Saterdagoggend nie. Gee net ‘n Rennie saam vir die res van die dag.
Pampoenpoffers het nie veel bekendstelling nodig nie. Dit is ‘n bietjie moeite. Maar beslis die moeite werd as jy daai verhouding wil bou. Vandag se spyskaart se fokus was verhoudinge en nie gesondheid nie. Dus het ek dit tog goedgedink om die jong vroue aan te moedig om maar weer hierdie nommertjie af te stof Die bonus is as jou gesin daardie stroperige affêre in het, het jy nie nodig om nagereg te maak nie.
In ons familie was daar ‘n sêding: “Nee dit gaan goed, die pampoen smaak nog lekker!” Dis ‘n mooi storie van ‘n kuiergas wat nie sy ry kon kry nie. Die gasvrou het toe besluit om pampoen te maak totday hy so moeg is daarvoor dat hy die pad vat. As hulle vir hom aan tafel vra wat hy dink van die kos, was sy antwoord elke keer. “Nee, die pampoen smaak nog lekker!” Hy het net nooit die boodskap gekry dat hy nie meer welkom is nie. Mag julle almal nooit moeg raak vir mekaar of vir pampoen nie.

Created life is God’s love made tastable and given for the good of another. The mundane act of eating is thus a daily invitation to move responsibly and gratefully within this given life. Norman Wirzba
Elke dag nooi God ons om aan te sit by sy tafel waar Hy uit sy groot tuin ons voorsien met meer as wat ons nodig het. Kos is ʼn wonder en ʼn geskenk van die Vader wat so lief is vir ons en die ultimate voorbeeld gestel het van oorbegin.

Die Paasfees gaan anders wees…

March 19, 2013 in Sonder kategorie

 

Ek is so bly daar is nog vroue wat kies om van Paasnaweek ‘n onthoufees te maak. “What a joy” om idees te kon uitruil rondom die kospotte vandag!  Na slegs 2 ure se kosdemonstrasie deur Mama Riekies in Alice Art se kombuis, sit ons aan vir ‘n eg, Meditereense Paasmaal om ‘n eenvoudig, gedekte lang tafel. Ek besluit nog wat die hoogtepunt van die dag was:  die stil kyk na die Laaste Avondmaal op die Dvd Skerm, die spekulasie oor wat alles op die tafel was in Joodse huise met die Pasga, die lekker lag en kuier in die kombuis of die nagmaal met platbrode toe ons aansit? Tussen al my gunstelinge op die tafel vandag, is dit moelik om te kies: Is dit die vars, Adamsvye van Prins Albert of die sorgvuldig, bereide humus wat ons  klomp vroue proe -proe aanmekaargeslaan het, of die “babaganush” (eiervrugpatee), dalk  die Griekse yoghurt slaaisous met korrelmosterd, die bottersag lamsvleis of die eenvoudige paprika hoender met suurlemoen?

Paastyd is onthoutyd.  Dit was van die vroegste eeu die idée.  Die “Pass Over” was die onthoufees van die Jode

Onthou die dag waarop julle uit Egipte, uit die plek van slawerny, weggetrek het, want dit is deur sy groot mag dat die Here julle daaruit bevry het. Eksodus 13:3.

 Waarom is hierdie nag anders as alle ander nagte? wil die jongste weet. Omdat ons buig, bid en die Almagtige smeek: Bevry ons asseblief vannag uit Egipte. Paasfees Liturgie

Die tradisionele Paasfees was ‘n jolige storie. Almal was bly hulle is uiteindelik vry van die “nag” tyd in Egipte.  Die aand voor hulle vertrek uit Egipte moes hulle ‘n lam slag (as jy dit kon bekostig) of anders ‘n duif. Die bloed moes aan die deurkosyne gesmeer word en daardie huise is gespaar. Die Doodsengel het hulle verbygegaan.  He “passed over” those houses.  Hulle kinders het gelewe.  En geslag na geslag het hulle die tradisies behou van feesviering met ‘n lam of ‘n duif en ongesuurde brode. Daar was nie nog tyd vir brood insuur as Moses sê: “Pak julle tasse , Ons trek!, nie.”

En toe kies Jesus om op hierdie onthoufees van die Jode vir oulaas saam met sy dissipels te eet.  Van toe af vier ons “The Last Supper”  Dis ‘n vreemde viering, want Iemand moes die hoogste prys betaal sodat ons vandag vry kan leef en fees mag vier.   Ons en ons gesinne. Ek onthou die laaste Paasfeesviering saam met ons kinders op skool in die bovertrek van ons komplekswoning.  Ons het saam met nuwe en ou vriende na die laaste week in Jesus se lewe in die Matthews video gekyk.  Daar was druiwe en olywe en dadels geheimsinnig weggesteek in ‘n Suid-Afrikaanse patat.  Ons was die aand nie raserig soos die Jode by hulle onthoufees nie.  Ons was net diep onder die indruk van Jesus se laaste aandete saam met sy vriende. Die wat wou kon ook iemand se voete  of hande was die aand.  Ons  het John se plat ongesuurde brode gebreek en rooi druiwesap gedrink en ons het onthou. ..

Die motivering vir die ongesuurde brode laat my dink aan ons lewe hier in Johannesburg  Daar is hoeka nie altyd tyd vir insuur nie.  Vandag was die dag wat Carisa en Maryna, Lize en Adele, Elana , Marietjie  en Deidre , Yolanda en Helene toe agterkom maar dis nie so moeilik nie en siedaar slaan ons ons eie ongesuurde brode, alias “wraps”  of “tortillas”  aanmekaar!   Well done, julle !  Met daai koekrollers in die hand, staan julle  glad nie terug vir julle ouma en oumagrootjies in die kombuis nie.

Ek blaai terug na Paassondagoggende in ons gesin se familiekuiertyd – veral die een op Sodwana – die vroeg opstaan voor die son opkom om saam met “Maria” en die kinders in die Jesus wat op Goeie Vrydag gesterf het in ‘n kamma duinegraf te gaan soek. Natuurlik was hy nie daar nie.  Dan het ons mekaar gegroet.  “Hyt opgestaan. Hyt regtig opgestaan!  Paassondag Teetyd is ‘n groot fees, dis tyd vir wit koek met baie eiers, ryk en lekker.  Hierdie jaar val my keuse op ‘n lekker, klam klapper en poppysaad koek.  Aan almal wat vandag rondom die Paasgebeure in Alice se kombuis saamgekuier het, mag julle geïnpsireer wees om ‘n onthoufees vir julle en julle kinders te skep!

En wie wil raai wat is die 7 spesies kossoorte wat Israel se vrugbare grond gekenmerk het?  Dit was alles vandag op ons tafel!.  ’n Ruim aanbod.  En daarvoor sê ons diep dankie.

Happiness is Home-made!

March 9, 2013 in Sonder kategorie

Ses jaar terug kom ons in die stortreën hier in die groot stad aan met  die herinneringe aan die mooie Laeveld, goeie vriende , ‘n lorrie vol aardse besittings, en net die onthou van my plaaskinddae om op te teer..  Ken gin mens nie en weet ook nie einlik hoe het ons nou hier gekom nie. .  “ Bloom where you’re planted”, sê ons vir ons tienerdogters wat Nelspruit Hoërskool moet verruil  vir die blou uniforms van die Wesrand.  “Die hêppie kom van binne af”,  onthou ek ons vriend Dirk se nuwejaarswens.  En toe sommer gou gou ontmoet ek ‘n gatgabba  hier in Johannesberg.  Ons gedeelde liede vir die mense van die plakkerskamp, vir tennis en vir fietsry, kinders en kuier, die lewe en ons mans is die begin van ‘n skatryk ervaring binne in Johannesberg.  Daar is een ding waaroor ek en my tjom aanvanklik nie saamgestem het nie.  EK kon haar nie oortuig dat die pad na ‘n man se hart deur sy maag loop nie.  Sy het vas geglo haar liewe Johburg man is mal oor haar snackwich met goedkoop ham en baie kaas. En haar kinders oor two minute noodles..

Ek sal  nooit vergeet toe ek die eerste keer daar gaan kuier het en soos my ma my geleer het aangebied het om iets saam te bring, iets tuisgemaak, iets lekker.  Dit was Winter en ‘n krummelappeltert bly een van my gunstelinge.  My liewe vriendin kon haar oë nie glo nie.  ‘n Appeltert self gemaak met vars appels self geskil!  Dis blykbaar amper net so abnormaal soos ‘n vrou wat self kraam hier in die stad en van toe af het sy my voorgestel as die vrou wat dinge van “scratch” af maak en wat boonop normaal gekraam het.  Geluk is tuisgemaak, nie iemand anders s’n aangekoop by die tuisbedrif om die hoek nie.  Dit kan ek nie!  Vandag is my vriendin ‘n bekeerling van selfmaak en onthaal heerlik in haar plaaskombuis op Heppy Lands .

Daar is geen groter lekkerte, dieper geluk as om uit niks uit, met wat jy het te kan skep met kos nie  En as ek die appels van my swaer se boom kon gaan pluk, nog beter.  En wat die liewe eters nog gelukkiger maak, is die verrassingselement. Soos die dag in die Sederberge toe ons bitter sjokolade weggesteek het tussen die appels  en bietjie rongelede pekaneute gmeng het met die krummels. My kosvriende kon  dit amper nie kon glo nie.  ‘n Wenkombinasie :   appels en sjokolade. ‘n Onthoutert met ‘n kinkel.

Happiness is Home made.  Ons het die ander naweek selfs uitgevind Parys is nie so ver nie en toe ons moeg word vir die lewe in die stad, toe pak ons ons fiets en ry heerlik in die krater rond en verkyk ons na die Vrystaat en die Vaalrivier se mooi.

Dit val my nou by Geluk is nie net tuisgemaak nie.  Dis eintlik ingemaak.  Verpak in ‘n consolfesssie en jy weet waar om hom te kry as jy hom nodig het.  Soos  die middag toe ek na my familie in die Overberg en die Boland verlang en ek en my man besef is dan nou stoksiellalleen op die Sondagmiddag.  Ek wou my nog self jammer kry, toe druk ek daai hoender met ‘n suurlemoen in sy stert in die oond, sny die knoffel in helftes , terwyl die aartappels sommer in die mikrogolf sag kook. ‘n Uur en ‘n half later eet ons kapokaartappels (net rofweg fyngedruk met skil en al) Franse groenboontjies, hoender  en ‘n aftreksel sousie (sonder enige sondige soppoeiers)  opgekikker met tuisgemaakte geel en rooi peppadews.  Ek moet se dit was lekker.   Lekkerder,  goedkoper  en gesonder as die kettingwinkel om die hoek se kitskopie.