You are browsing the archive for 2014 January.

Viva Pap en Koeksisters, Viva!

January 8, 2014 in Sonder kategorie

Families, tribes, and cultures bond around the table…. Community is created and grows in the sharing of food and drink.
Madiba se erfenis en Jesus se laaste wens het gisteraand weer lyf gekry hier in Eikendal 48 waar die Huisamens nou woon.
Ek kan aan geen beter manier dink om te identifiseer met die geskiedenis aan’t make in SA as om getrou aan die Afrika-tradisie mense oor te nooi vir ete nie. Dis mos wat begrafnisse doen – dit bring mense bymekaar. En wie het gesê ons moet pap tamatie toebies en koue worsrolletjies inwurg as on die lewe van iemand celebrate. Ek onthou nog die heerlike, klam sjokolade koek wat iemand aangedra het met my pa se dood. Wat ‘n lafenis na al die vervelige lasagnes vir die treurendes.
Gisteraand het egter nie net oor kos gegaan nie. Die ete was net ‘n lekker verskoning om te kuier. Dis mos my passie in die lewe: om mense bymekaar te bring.
Die wreedste wreed van die A-woord in SA is dat dit doelbewus mense weerhou het om mekaar se stories te hoor en te leerken. En vier-en-twintig jaar later doen ons nog nie aldag genoeg moeit om uit te vind waar mense vandaan kom, waar hulle ontmoet het, skoolgegaan , Kerfsees gehou en waar hulle wortels lê nie. So klok Khanyi en Cabel, Pauline en Bongani in en sommer uit die staanspoor is dit duidelik: – waar jy vandaan kom is baie belangriker as wat jy doen. Ons paaie kruis dalk naby Nylstroom of Kroonstad of Swaziland of die Weskus. Dit is nou wel waar dat die meerderheid van die geselskap in die edele beroep, die onderwys, is maar daar is vanaand nog baie meer om oor te gesels
Ek ken vir Khanyi al 2 jaar – het in ‘in Zandspruit Primary ontmoet en was toe al beïndruk met die geleerde vrou wat bereid is om onder die haglike omstanndighede in ‘n oorvol klaskamer in ‘n plakkerskamp skool te hou. Vandag is sy skoolhoof van Kingsway en trap diep spore waar sy loop.
Khanyi en Cabel het 4 dogters en dit maak die deur oop vir ‘n heerlike lobola gesprek. Ek en John is na dese uitverkoop aan die stelsel. Cabel is blykbaar ‘n uitstekende onderhandelaar en die ooms in Ons familie kan defitief by hom gaan leer.
Vir Pauline het ek die eerste keer in ‘n wit sweetpak gesien langs die netbalbaan in Krugersdorp. Sy was ‘n heerlike anderse skeidsregterkarakter en sommer uit die staanspoor wou ek die mooi, lang vrou beter leerken. Hier was iemand wat die waarde van sport in ‘n skool verstaan, die enigste een in haar skool aan die Wesrand wat manallleen die afrigter, organiseerder, skeidsregter van die hele skool. Ons het die vooorreg gehad om saam ‘n groep netbaldogters op ‘n kamp te neem in die Magaliesburg en dis toe wat ek die storie van die juffrou verder geluister het.

Pauline is die oudste van ‘n reeks kinders van ‘n familie in Machadodorp. Op 16 was haar pa in ‘n trekker ongeluk op die plaas en moes Pauline as huishulp na die groot stad toe om te gaan geld verdien vir die familie in Machadodorp. Sy kon nie meer skool loop nie. Die skewe draai het een ligpuntjie en dit is dat sy op hierdie reis van haar haar man, Brongani, die tuinier in ‘n nabygeleë huishouding in Randpark Ridge ontmoet. Ek hou aan dat Bongani vanaand sy storie met ons deel. En daar hoor ons dit uit die perd se bek. Die jong plaasseun van Nysltroom het van kindsbeen af al ‘n liefde vir plante en tuinmaak ontwikkel. Die Prinsloos van Randpark Ridge kom gou agter hy is ‘n tuinier met ‘n hart vir sy werk en hy is gou-gou vol geboek en laat sy merk in elke tuin in die straat. Behawe sy Amerikaanse vriend wat hom aan Engels blootgestel het en sy potential raak gesien het, klink hy hy vanaand ‘n glasie op die Afrikaners wat wat in hom geglo het. Keith Kirsten se tuinbougids word op vyf-en twintigjarige leeftyd Bongani se deur na ‘n groter wêreld. Pauline en Bongani is getroud en Bongani dring daarop aan dat sy nuwe vrou gteruggaan skoolbanke toe. Op 20 gaan Pauline terug skool toe. Om alles te kroon voltooi haar onderwyskwalifikasies by Turfloop en later haar Honeurs in Afrikaans Nederlands aan die Universiteit van Johannesburg (RAU). Vandag is ook sy skoolhoof van ‘n baie gelukkige skool in Randfontein.
Bongani (ook bekend as Mr Green) het later ook leer sweis en hom gou-gou opgewerk as voorman. Sy liefde vir die grond en vir tuinmaak het gebly en naweke het hy planne gemaak en met ‘n kruiwa grassooie langs die Jukskei rivier uit te diep vir potensiële kliente. Op ‘n dag los hy die bekende , klim hy uit die boot uit en besluit om op water te loop. Hy gaan sy eie “landscape” besigheid begin. Pauline huil, want die besigheid klink vir haar en haar nuwe gesin net te riskant. ‘n Rukkie later kan hy ‘n klein bakkietjie bekostig en op ‘n dag ry hy agter ‘n trok, getiteld: Easy Lawns. Daar moet ‘n makliker manier wees, sien hy en besluit om die trok te volg. Daar by die wit mense klop hy aan en vra uit. Kort voor bring hy soveel kliënte vir hulle in dat hulle vir hom daar in hulle gebou langs vandag se Clearwater Mall‘n kantoor gee, die opmerking van arrogante wit mans ten spyt. Vandag lag hy al die pad bank toe en glimlag as hy vertel van die een ou se opmerking: “WIe is daai houtkop in die kantoor?” Hy vertel ook hoe hy na baie jare met sy splinternuwe Toyota Furtuner besluit het om die boer op wie se plaas hulle grootgeword het in Nylstroom te gaan opsoek. Die man kon sy oé nie glo nie: “Maar jy lyk soos Johannes,! sê hy verbaas oor die vreemdeling op sy werf. Ek is sy seun, antwoord Bown en onthou die dae toe hy as klein seuntjies 10 km skool toe moe stap en die wit man met sy bakkie stof in hulle oe gejaag het. Hy is nie vandag hier om te verwyt nie. Voor hom sien hy net nog ‘n Pa – ene wat bietjie telerugesteld in sy eie seun wat beswaarlik ‘n bestaan maak as handlanger in die Kooperasie.
Daar is nie tyd om die storie van Pauline en Bongani se eie seun te vertel nie. Dis nog ‘n storie van hoop en van geloof soos ‘n mosterdsaadjie. God het die seun wat vir 27 dae in ‘n koma was teen alle verwagting van die medici supergesond gemaak . Vanjaar studeer hy ingenierswese en sy ouers is diep dankbaar om ook sy storie te kan vertel.
Ons kuier land en sand en eet so tussendeur aan my eie innovasies van Mandela se gunstelinge soos beskryf in die twee kosboeke wat gepubliseer is uit sy kombuis . Die spyskaart pryk op die yskas: Hunger for Freedom, Menu for tonight, Pap on a stick met camembert en bacon drizzled with field honey bedien op ‘n groen blikbord wat spreek van vergifnis. Die hoofgereg is op Nxoliswa, Mandela se eertydse chef se aanbeveling, Mandela’s Sweet chicken, vanaand met ‘n bietjie meer paprika en my eie tamatie chillikonfyt en Qunu Corn and bean salsa garnished with Local Spekboom leaves
Net vir ingeval daar nog gaste opdaag besluit ek om ook Ferieda Omar(Mandela se prokureur se vrou) te eer vanaand vir die dae wat sy Indiese kerriehoender in Pollsmoor ingesmokkel het en maak dus ook ‘n kormahoendergereg. Vir nagereg is daar Heidelberg se Karringmelkpoeding – die beste manier wat ek kon aandink om Mandela se liefde van suurmelk op te dis .Tog so bly om te hoor die man was ook lief vir nagereg. Daarom sluit ons af met Rekonsiliasie Koeksisters (Mev Betsie Verwoerd se reseppie, glo ek) ter herinnering aan die dag toe die vroue van die apartheidsstrydsleiers en hulle opponent om ‘n teetafel bymekaargebring is.
Die plekmatjies by die houttafel uit Kliprivier se huis herinner ons aan die ou Wysgeer se nederige uitsprake oor kinders en opvoeding en respek. Ons doen ‘n rondte van refleksie oor wat die mense om ons tafel vanaand by Tata Madiba geleer het. Daar is nie meer baie woorde of clichés nodig nie. Pauline som dit net vinnig op: “He restored my dignity” en dit is waar. Vanaand sien ons dit met ons eie oë. Ek en Annelie en John is maar stillerig. Ons moet erken ons het hom nie geken nie. Nog minder gesien. Asimbonanga!
Maar vanaand sien ons hom, hoor ons hom in die stories van ons nuwe vriendde in Jozi. Dankie Madiba. Dankie, Heer, dat U vir ons “whiteys” genadig was en dankie dat u deur hiedie man vir ons kom leer wat oorbegin is. Umuntu ungumuntu ngabantu! (A person is a person because of others)