You are browsing the archive for 2013 March.

Die Paasfees gaan anders wees…

March 19, 2013 in Sonder kategorie

 

Ek is so bly daar is nog vroue wat kies om van Paasnaweek ‘n onthoufees te maak. “What a joy” om idees te kon uitruil rondom die kospotte vandag!  Na slegs 2 ure se kosdemonstrasie deur Mama Riekies in Alice Art se kombuis, sit ons aan vir ‘n eg, Meditereense Paasmaal om ‘n eenvoudig, gedekte lang tafel. Ek besluit nog wat die hoogtepunt van die dag was:  die stil kyk na die Laaste Avondmaal op die Dvd Skerm, die spekulasie oor wat alles op die tafel was in Joodse huise met die Pasga, die lekker lag en kuier in die kombuis of die nagmaal met platbrode toe ons aansit? Tussen al my gunstelinge op die tafel vandag, is dit moelik om te kies: Is dit die vars, Adamsvye van Prins Albert of die sorgvuldig, bereide humus wat ons  klomp vroue proe -proe aanmekaargeslaan het, of die “babaganush” (eiervrugpatee), dalk  die Griekse yoghurt slaaisous met korrelmosterd, die bottersag lamsvleis of die eenvoudige paprika hoender met suurlemoen?

Paastyd is onthoutyd.  Dit was van die vroegste eeu die idée.  Die “Pass Over” was die onthoufees van die Jode

Onthou die dag waarop julle uit Egipte, uit die plek van slawerny, weggetrek het, want dit is deur sy groot mag dat die Here julle daaruit bevry het. Eksodus 13:3.

 Waarom is hierdie nag anders as alle ander nagte? wil die jongste weet. Omdat ons buig, bid en die Almagtige smeek: Bevry ons asseblief vannag uit Egipte. Paasfees Liturgie

Die tradisionele Paasfees was ‘n jolige storie. Almal was bly hulle is uiteindelik vry van die “nag” tyd in Egipte.  Die aand voor hulle vertrek uit Egipte moes hulle ‘n lam slag (as jy dit kon bekostig) of anders ‘n duif. Die bloed moes aan die deurkosyne gesmeer word en daardie huise is gespaar. Die Doodsengel het hulle verbygegaan.  He “passed over” those houses.  Hulle kinders het gelewe.  En geslag na geslag het hulle die tradisies behou van feesviering met ‘n lam of ‘n duif en ongesuurde brode. Daar was nie nog tyd vir brood insuur as Moses sê: “Pak julle tasse , Ons trek!, nie.”

En toe kies Jesus om op hierdie onthoufees van die Jode vir oulaas saam met sy dissipels te eet.  Van toe af vier ons “The Last Supper”  Dis ‘n vreemde viering, want Iemand moes die hoogste prys betaal sodat ons vandag vry kan leef en fees mag vier.   Ons en ons gesinne. Ek onthou die laaste Paasfeesviering saam met ons kinders op skool in die bovertrek van ons komplekswoning.  Ons het saam met nuwe en ou vriende na die laaste week in Jesus se lewe in die Matthews video gekyk.  Daar was druiwe en olywe en dadels geheimsinnig weggesteek in ‘n Suid-Afrikaanse patat.  Ons was die aand nie raserig soos die Jode by hulle onthoufees nie.  Ons was net diep onder die indruk van Jesus se laaste aandete saam met sy vriende. Die wat wou kon ook iemand se voete  of hande was die aand.  Ons  het John se plat ongesuurde brode gebreek en rooi druiwesap gedrink en ons het onthou. ..

Die motivering vir die ongesuurde brode laat my dink aan ons lewe hier in Johannesburg  Daar is hoeka nie altyd tyd vir insuur nie.  Vandag was die dag wat Carisa en Maryna, Lize en Adele, Elana , Marietjie  en Deidre , Yolanda en Helene toe agterkom maar dis nie so moeilik nie en siedaar slaan ons ons eie ongesuurde brode, alias “wraps”  of “tortillas”  aanmekaar!   Well done, julle !  Met daai koekrollers in die hand, staan julle  glad nie terug vir julle ouma en oumagrootjies in die kombuis nie.

Ek blaai terug na Paassondagoggende in ons gesin se familiekuiertyd – veral die een op Sodwana – die vroeg opstaan voor die son opkom om saam met “Maria” en die kinders in die Jesus wat op Goeie Vrydag gesterf het in ‘n kamma duinegraf te gaan soek. Natuurlik was hy nie daar nie.  Dan het ons mekaar gegroet.  “Hyt opgestaan. Hyt regtig opgestaan!  Paassondag Teetyd is ‘n groot fees, dis tyd vir wit koek met baie eiers, ryk en lekker.  Hierdie jaar val my keuse op ‘n lekker, klam klapper en poppysaad koek.  Aan almal wat vandag rondom die Paasgebeure in Alice se kombuis saamgekuier het, mag julle geïnpsireer wees om ‘n onthoufees vir julle en julle kinders te skep!

En wie wil raai wat is die 7 spesies kossoorte wat Israel se vrugbare grond gekenmerk het?  Dit was alles vandag op ons tafel!.  ’n Ruim aanbod.  En daarvoor sê ons diep dankie.

Happiness is Home-made!

March 9, 2013 in Sonder kategorie

Ses jaar terug kom ons in die stortreën hier in die groot stad aan met  die herinneringe aan die mooie Laeveld, goeie vriende , ‘n lorrie vol aardse besittings, en net die onthou van my plaaskinddae om op te teer..  Ken gin mens nie en weet ook nie einlik hoe het ons nou hier gekom nie. .  “ Bloom where you’re planted”, sê ons vir ons tienerdogters wat Nelspruit Hoërskool moet verruil  vir die blou uniforms van die Wesrand.  “Die hêppie kom van binne af”,  onthou ek ons vriend Dirk se nuwejaarswens.  En toe sommer gou gou ontmoet ek ‘n gatgabba  hier in Johannesberg.  Ons gedeelde liede vir die mense van die plakkerskamp, vir tennis en vir fietsry, kinders en kuier, die lewe en ons mans is die begin van ‘n skatryk ervaring binne in Johannesberg.  Daar is een ding waaroor ek en my tjom aanvanklik nie saamgestem het nie.  EK kon haar nie oortuig dat die pad na ‘n man se hart deur sy maag loop nie.  Sy het vas geglo haar liewe Johburg man is mal oor haar snackwich met goedkoop ham en baie kaas. En haar kinders oor two minute noodles..

Ek sal  nooit vergeet toe ek die eerste keer daar gaan kuier het en soos my ma my geleer het aangebied het om iets saam te bring, iets tuisgemaak, iets lekker.  Dit was Winter en ‘n krummelappeltert bly een van my gunstelinge.  My liewe vriendin kon haar oë nie glo nie.  ‘n Appeltert self gemaak met vars appels self geskil!  Dis blykbaar amper net so abnormaal soos ‘n vrou wat self kraam hier in die stad en van toe af het sy my voorgestel as die vrou wat dinge van “scratch” af maak en wat boonop normaal gekraam het.  Geluk is tuisgemaak, nie iemand anders s’n aangekoop by die tuisbedrif om die hoek nie.  Dit kan ek nie!  Vandag is my vriendin ‘n bekeerling van selfmaak en onthaal heerlik in haar plaaskombuis op Heppy Lands .

Daar is geen groter lekkerte, dieper geluk as om uit niks uit, met wat jy het te kan skep met kos nie  En as ek die appels van my swaer se boom kon gaan pluk, nog beter.  En wat die liewe eters nog gelukkiger maak, is die verrassingselement. Soos die dag in die Sederberge toe ons bitter sjokolade weggesteek het tussen die appels  en bietjie rongelede pekaneute gmeng het met die krummels. My kosvriende kon  dit amper nie kon glo nie.  ‘n Wenkombinasie :   appels en sjokolade. ‘n Onthoutert met ‘n kinkel.

Happiness is Home made.  Ons het die ander naweek selfs uitgevind Parys is nie so ver nie en toe ons moeg word vir die lewe in die stad, toe pak ons ons fiets en ry heerlik in die krater rond en verkyk ons na die Vrystaat en die Vaalrivier se mooi.

Dit val my nou by Geluk is nie net tuisgemaak nie.  Dis eintlik ingemaak.  Verpak in ‘n consolfesssie en jy weet waar om hom te kry as jy hom nodig het.  Soos  die middag toe ek na my familie in die Overberg en die Boland verlang en ek en my man besef is dan nou stoksiellalleen op die Sondagmiddag.  Ek wou my nog self jammer kry, toe druk ek daai hoender met ‘n suurlemoen in sy stert in die oond, sny die knoffel in helftes , terwyl die aartappels sommer in die mikrogolf sag kook. ‘n Uur en ‘n half later eet ons kapokaartappels (net rofweg fyngedruk met skil en al) Franse groenboontjies, hoender  en ‘n aftreksel sousie (sonder enige sondige soppoeiers)  opgekikker met tuisgemaakte geel en rooi peppadews.  Ek moet se dit was lekker.   Lekkerder,  goedkoper  en gesonder as die kettingwinkel om die hoek se kitskopie.