Ons onthou

January 15, 2017 in Sonder kategorie

Dis Donderdagaand 5 Januarie kwart voor 8. Ek steek ‘n kers aan en sit die koormusiek CD op wat ek verlede week by Swellendam se SPCA vir ‘n winskpie gekoop het. Die keuse van die eerste snit verras my asof Iemand geweet en die uur bepaal is.
“Laat my nooit die grond verlaat nie.
Laat my in u skadu bly
Gee dat elke aardse vreugde en vrees eindelik nietig word vir my
Wat ek is is net genade. Wat ek het is net geleen.”
Eintlik smag ek na U waters van rus.
Lei my, Heer, vanaand daarheen.”
Kan dit wees dat hierdie die finale samevatting is, die klanke suiwer en die woorde profeties, ons ma se versugting van die laaste tyd en eintlik haar lewe opsom in ‘n skrale 5 min? Die telefoon lui so skuins voor 8 en Pietie bevestig dit. Dit was toe Mamma se laaste groet. Die Here is oneindig goed.
Stap saam met my op die onthoupad terwyl ons die lewe van Rinette Uys vier.

Ek onthou ‘n ma wat ‘n eredoktorsgraad vir ouerskap verdien. Iemand wat die taak tot ‘n edel professie verhef het – die uiterste bekwaamheid waarmee sy verlede week nog die wasgoeddraad benader het, verstom mense soos ek. Sy het nou wel party dae gevoel sy het liederlik gefaal as sy na my, haar loskopkind se oop kasdeur, deuremkaar linnekas en onpraktiese skottelgoedwaspraktyk kyk maar, sy kan beslis nie skuld kry dat ek sommige huishoudelike take nooit bemeester het nie. Diep binne was sy beskeie-dankbaar vir die eindresultaat , maar het sy geen krediet gevat vir dit wat sy in haar kinders agtergelaat het nie: volop selfvertroue, diep gelukkig en dankbaar gelowig. “Dis alles net genade, my kind, net Genade”. Sy het haar rol verstaan om nie ons beste vriende te probeer wees nie, maar ons beste ma. Sy en Pappa Hoppies het ons vlerke gegee en wortels. Hulle het in ons geglo. Ons onthou ‘n onbaatsugtige, selflose versorger – ‘n ma wat net altyd daar was. Gratis noodhulp, taxidienste, bed, dinner en ontbyt en laundry dienste haar lewe lank verskaf. Sy verdien voorwaar ‘n toekennig vir die oorlewing van 5 kinders in 4 jaar. Dit was nie aldag ‘n stemmige storie wat in ons huis hier op Kliprivier geskryf is nie. So het ons liewe moeder eers eendag nadat ons almal op universiteit is ontdek: “My wêreld daar is voëls op die plaas”. Voorheen was daar net ‘n gepraat en soms ‘n geraas. Ons ma was daar sonder die luukse van wegbreeknaweeke vir die ouer, of kwaliteit tyd vir haarself.
Ek onthou haar wysheid toe ons later self ouers was. “Die beste geskenk wat jy vir jou kinders kan gee is om jou man/vrou lief te hê”, en haar insig om sommer by geboorte al die naelstring van jou kinders te knip. En toe hierdie wysheid in 1985 met die onverwagse dood van Hendrik getoets is “soos deur vuur heen”, toe het sy haar geloof in ‘n goeie God behou. Die geloof wat sy as ‘n jong vrou herontdek en oorgeloop het van.
Ons eer haar vir haar kinderlike geloof dat God goed is. Selfs toe alles verander het die dag toe Pa Hoppies vir altyd weg is en sy die alleenpad moes stap.
“Dit help nie om jou te bekommer nie en die bobbejaan agter die bult te gaan haal nie”, het sy dikwels gesê. “Die krag, Jesus se opstandingskrag ontvang jy op die oomblik, net op daai oomblik wat jy dit die nodigste het. Nie ‘n oomblik te vroeg of te laat nie.”
Sien julle ook haar sit op die Groot Pawiljoen terwyl sy ritmies klap saam met die skare geloofsgetuies “Hou so vol, enduit. Julle kan!”

“Eer jou vader en jou moeder” het in Rinette se lewe geen perke geken nie. Ons pluk die vrugte tot in die duisendste geslag van ‘n Ma wat haar ouers geëer het, diep lief gehad en by hulle geleer het. En ons en ons kinders sê dankie.
Die dinamika van die twee-sustersverhouding is genoeg stof vir ‘n lekkerlees komedie met een deurlopende tema: “Ek is hard en duidelik lief vir jou!” En ons stry sommer van pure lekkerkry. Dis net dat die feite en die fiksie oor hulle kinderdae nie altyd ooreen gestem het nie en dit tot groot vermaak van die toehoorders in die uitgebreide familie dalk na ‘n bakleiery geklink het. Ons salueer ‘n formidabele suster, ons Tannie Mardine en mamma se naaste naaste. Hier vanuit die binnekring kan ek my kop op ‘n blok sit. My ma het nie een aand in haar lewe kwaad of dikbek vir iets of iemand gaan slaap nie. “She travelled light” sonder enige wrokke en verwyte. Dis ‘n persoon wat maklik kon vergewe.
Ons onthou ‘n mense mens vir wie niks meer belangrik was as ‘n ou koppietjie tee en ‘n geselsmaat nie. Ene wat nie gewag het vir die lewe om haar te nooi nie, maar ons geleer het om onsself te nooi, ons eie dag te maak en ‘n vriendin te wees. Nie ‘n allemansvriend nie, maar ‘n baie lojale vriendin deur dik en dun.
Ons onthou ‘n profeet wat soms wel in haar eie land geër is, wat loshande die meeste optredes by troues, Bybelstudiegroepe en gebedsbyeenkomste gehad het in haar eie dorp. En wat na die voorbeeld van Jesus die ouer mense by Aan De Drostdy nie vergeet het nie en getrou vir hulle gaan lees het.
Ons onthou ook al die dinge waar sy ‘n kleintjiedood aan gehad het. Soos bidure waar daar nie gebid word nie en ‘n grote kerkgebou waar mense kol kol sit en nie die plek van vooraf vol maak nie. Dis hoekom ons liewer in die Groot Kerk onder die bome kerk hou vandag.
Ons onthou ook haar liefde vir haar skoonkinders, soos vir haar bloedkinders en soms nog meer, want hulle het eerlik in haar oë nie foute gehad nie. Sy was nie van die breggerige soort nie, maar die skoonkinders se lof is nederig besing. . Min het sy geweet dat Suria die een sou wees wat haar die Donderdagaand sou ‘dignify’ toe sy vir die laaste keer verhuis het. Jy was daar namens ons almal. Dankie, my liewe squeeza.
Die voorlaaste onthou is ons Ouma-onthou. Die weldeurdagte presentjies, handgeskrewe kaartjies, tydig en ontydige inval in haar dorpshuis in hul skooldae, rondry agter aktiwiteite en swem en tennislesse wat niks opgelewer het nie, vuil doeke omruil kleutertyd en vakansie ore toedruk saam met die 20 stuks op Groot Rumoer op Infanta. En die kaart games, o die kaart games. En die baie bid op haar knieë vir elkeen by die naam. Ons is so bly moeder kon die troutabberds uit die motbolle verlos toe daar darem 2 van die kleinkinders verlede jaar die knoop deurgehaak het. Die twee troues was groot. Ons Ouma het gestraal nes die bruide en die bruide se ma. En ons kan kiekies kyk en dankie sê vir ‘n gedeelde erfporsie , ‘n nageslag wat die Here dien. Wat meer kan ons vra. Ons bekers loop oor. Elke gebed gehoor . En die wat nog vir hulle maters wag, kan ontspan – vooruitgedateerde gebede vir julle lewensmaats is lank reeds opgeteken en gereed om vrygestel te word op sy eie tyd.
En die laaste onthou is nog ‘n goeie onthou. Ons laaste Kersfees saam net nou die dag op Onrus. Die Erwee kinders was almal saam in die kerk en ouKersaand het ons met nuwe aangetroude Coetsee familie aan die langtafel gekuier. Tydens ons gebruiklik “care en share” oefeninkies was almal diep geraak deur Ouma se bydrae om in 2017 aan sagmoedigheid te werk. Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal God sien. Nog ‘n profetiese uitspraak hier naby die wenstreep. Nog ‘n gebed verhoor.
En dan was daar die laaste swem saam met my en Saar op Vleesbaai. Die water was badwaterwarm en die golwe oumensvriendelik. Toe het Mamma reeds geweet: “Hierdie is my laaste swem, my kind.” En dit was goed, baie goed. Die Here het gehoor:
“Gee dat elke aardse vreude en vrees eintlik nietig word in my … dat ek asseblief, sommer net so groet sonder pyn of lyding of ‘n lastigheid vir iets of iemand.”
Daarom sê ons almal saam net weer dankie. Dankie vir die Here., want “Wat ons is, is net genade. Wat ons het, is net geleen.”

TWAALF MANDJIES VOL!

April 16, 2016 in Sonder kategorie

Ek is bly, ek is bly

Ek verbly my in die Heer

Hy het ons ‘n nuwe lied gegee.  Hy het ons verlos  Hy het ons verlos

Soos ‘n bruidegom en bruid, ek is bly.”

 Die reis na die groot sakrament het Saterdag 19 Maart reeds begin met die pak van die blou trommel wat jarelank  in ons motorhuis gebêre staan.  Dit laat my dink aan die geheuespeletjie tydens tiekieaande op skool – jy kry een blik en moet dan onthou wat alles op die skinkbord uitgepak is.  Dis vlaggies vir die voorafkuier op die kampterrein, groen ink  vir die stempeltjie, cable ties, kerse, glas bakkies, popcorn shakers, steranys en masala vir die kerrievis, geleende grimering, baaibroek vir swem by Vleesbaai tydens die nabetragting, wasgoedpennetjies, tou en tafelplasings en geskenkies vir die helpers.   Alles…. behalwe Winterklere vir die onvoorspelbare weersomstandighede in die Kaap De Goede Hoop.

Verkenners word 2 weke voor die tyd uitgestuur en na ‘n deeglike inspeksie van die terrein en vele toetskuiers in die opelug op Happy Lands, is ons dit eens:  Ons moet heroorweeg. WItwyn sal moet plekmaak vir meer rooiwyn.  Bietjie minder ys en bier en nog ‘n kaggelvuur.  Nog ‘n aanwysbordjie moet geskryf word:  Koue Voete , Warm kombersies . Danksy die Groot Voorsiening, kan  ons  nog ‘n tent bekostig en bring ons  ‘n paar gasverwarmers in … net vir  ingeval vir die ouer mense en die koue.

Ek verkas na Monteith plaas  waar die’ lingsusters’ Oupa Hoppies se gunsteling kerrievis sorgvuldig voorberei en in bottels verpak.   Peetma Tina het haarself oortref die rondte.  Die rok hang wit en wasig teen die kas nadat die 60 jaar oue coupier kant van Ouma se trourok danksy haar  nuwe lewe gekry het op die aanlynkopie met ‘n storie.

Paasmaandag daag die Coetsees en die ander  Huisamens by Huis Venter op vir die volgende rondte voorbereidings.  Elkeen kry ‘n jobkaart. Take wissel van “hou die bruid kalm tot, tel die teelepels na die tyd, asb.”  Dit spoeg en plak, ‘n volle 24 h skof vir 5-man om die 16 bladsye program in 80 ou, vergeelde boeke netjies te plak.  Elke gas ontvang ‘n program (‘n kleine referaat) oor die volgorde van gebeure, die liedere en stories van die bruid en die bruidegom en hulle werf van herkoms.  Gaan iemand kans kry om dit te lees?  Ons hoop so.

Maandagmiddag begin die groot pak venue toe.  “Quick en Nasty Removals” (John en Dirk se nuwe onderneming) is bereid en beskikbaar om tot op hierdie stadium nog enige iets te doen wat die “wedding planner” en haar komitee  verlang. Dis voëlhokke en ou, wit deure, ballasmandjies  en wit lampetbekers, kerkboeke , gomgeweer en boesmansaag.  Slaggereed trek ons op Gesinsdag  Stellenbosch toe.  Happy Lands sal nooit weer die selfde wees nie.

By die hoofhuis wag die ander Maria (Mev. Steyn) ons in met ‘n oop huis en oop hart.  Gereed vir enige gebeurlikheid en met volle vertroue dat die ou plaashuis tussen die Simonsberg en Drakensteinberge hierdie fees te wagte is.  Dis oppak en afpak, wegpak en oorpak en so tussendeur inpak vir die groot trek van die gasheer en vrou wat eintlik besig is om te verhuis.  So hier en daar wonder iemand oor die georganiseerde chaos.  “Pappa, dink jy  rerig mamma is in beheer?”, vra Caryn half bekommerd teen Woensdagmiddag toe Mother-of-the-Bride ‘n lang agterweë tandartsafspraak ook nog  inpas.

Leë sakke kan nie staan nie en so tussendeur die genesskroppery deur kry die taakspan nog viskoekies en gebakte patat vir middagete ook.

Spontaan kom die ou CSV lied by my op terwyl ek  heen en weer werskaf en woel:  Ek is bly, Ek is bly – soos ‘n bruidegom en bruid, Ek is baie bly.

 

Vrydagoggend 1 April is die werkery in volle swang en op ‘n stadium stop Tina my op ‘n drafstap vir ‘n paar sekondes en vra, “Sus, het jy al getel – hoeveel mense is hier op die werf, dink jy?  Ek kyk rond.  Daar loop ‘n trekker met 8 man wat saagsels aflaai vir die nat gras en die afronding by die ingang, skoonfamilie en bloedfamilie wat saam blomme doen op die stoep, peetma Renda en haar ingevoerde “PA”, Sonja, al die pad van Knysna  wat harte ophang aan ‘n boom en palette oortrek en ronddra, Mama Taleta  en Sister Kathleen wat anyskoesisters maak in die  kombuis, Pa John wat verbete vlieë jag in die voorhuis, Squeeza  Annelize en nig Ane wat koeke versamel onder glasstaanders, Gloria en Beauty wat probeer voorbly met die skottelgoed en wasgoed.  “En om te dink,” sê ek – hier is geen professionele dienste nie”.  Alles pure dade van liefde.  Een groot community troue in volle swang.

Soos die Nagmaalnaweke van ouds begin die fees al Vrydagaand toe Broer Piet  van Swellendam met braai , hout en wors  opdaag . My nuwe squeeza Corrine staan reg.  Ons het dit goed gedink dat die ys bietjie gebreek kan word en die skugter families mekaar voor die tyd kan leerken.  Ek het gedog Lize-Marie trou op, maar Herkie Snr. help my reg – ons trou in. Ons  begin sommer nou al met sus Thes se  krakerige pekaneuttertjies en outydse  dadelbolletjies  vir ‘n “poeding starter”.

Saterdag breek aan.  Die tafels word gedek met uitvoerdruiwe van De Doorns, olyftakke van die plaas, granate van Bonnievale en Adamsvye uit Prins Albert.  Ek het min geslaap vannag, maak laaste lysies, maar bly by my voorneme om die laaste paar ure met Juffroue Huisamen in die Banhoeklodge se luukste aantrekkamer te kuier.  Caryn het vir haar sus ‘n mobiele massering georganiseer en Mother-of-the-Bride kry dit reg om na ‘n vinnige draai in die kombuis (net gou 5 komme  patatrolle aan die gang gesit) met deeg aan de hande neer te val op die wit bed.  Die luiperd le op haar rug en ons drie skaterlag vir al die eerstes – eerste massering, gesigmaskers, manicures, en eerste troue in die familie.  Daar is ‘n klop aan die deur.  Dis ‘n bossie proteas vir die bruid – van die bruidegom.  Met ‘n briefie.

Soos ‘n bruidegom en brui-uid.  Ons is bly.  Jesus is ons blydskap Jesus is ons bly – y- ydksap ons is bly.

Die strooimeisies daag op en trek aan, beeldskoon in die perskebloeisel en roomwit rokke.  Hulle lampe is vol en daar is vreugde in die kamer. Om kwart voor 3 daag die drywer, Marais Styen, met die die vader van die bruid  in die geleende groen landrover op. Die handgemaakte, hout ukulele pryk trots op sy bors.  Vandag gaan daar musiek gemaak word … in die hemel en op aarde!

Na ‘n draai of twee, daag die bruidskar op by Ebenhaezer.  Voor in die kerk maak die strooijonkers ‘n kring  rondom Herkie en seën vir oulaas die jong man op sy reis.  Ouma Rinette sit voor, Peetma Tina en Peetpa Andries ondersteun die Moeder van die Bruid   Drie geslagte  Sandenbergh pak die voorste gestoeltes halfpad vol.  Die kleinkinders weerkaats die afwagting in die kerkgebou. Die kerkklok beier een keer en toe begin die viole.  Kara Steyn se krulvoshare blink in die middagson wat na ‘n week heel tydig nou sy verskyning maak.  Sy loop stadig en deel bossies blomme uit vir die gaste wat die klein kerkie stampvol sit. Daarna is dit Caryn. Sy berei die weg.  Diep bevoorreg.

En toe kom Papa John. ‘n Skoon agtergrond vir die blosende, beeldskoon bruid.  Sy is werklik mooier as ooit.  Hy loop trots, huil sag binnetoe  vir die oomblik en ‘n mens kan sien hy is diep dankbaar.  Voor die kansel vind ‘n liturgiese uitruiling van ‘n verbond tussen hom en sy dogters plaas.  Die ringetjie wat hy vir sy dogters van sy trougoud laat maak het, word ongemerk afgehaal van Lize-Marie se vinger en aan Herkie oorhandig.

Dis tyd vir aanbidding.   Herkie se broers en susters vat voor.  Daar was baie mooi goed, onthougoed en spesiale oomblikke tydens die bruilofsfees, maar as jy vir die gaste sou vra, wat was die hoogste hoogtepunt,  waar het jy vir God ontmoet tydens die bruilof? Dan sou die meeste saamstem: daar, bymekaar, tydens die saamsing.  Ek het nog altyd gewonder wat bedoel die profete met ‘n lofoffer.  Ek dink daardie was ‘n lofoffer.

En toe vat ons vriend en nog ‘n  surrogaat vader van ons kinders, Johannes Malherbe, voor.  Hy is met die hand uitgekies om die diens te lei.  Soos altyd was dit eg, inspirerend, goddelik en vol humor. Twee vaar beter as een.  ‘n Gemeenskap beter as individue. “ It does indeed take a whole village to raise a child.”  Die mense geniet Masungu se storie, die strooijonkers en strooimeiesie trek die olifant uit die gat.  Dis ons troue die. Nie net die Huisamens s’n nie. Ons breek die tuisgemaakte, ongesuurde brood en bedien nagmaal uit blikbekers.  Buite die kerkgebou kuier en gesels die mense land en land. Dis asof hulle nie wil aanbeweeg nie.  En dis soos Renda sê, na die diens sou ons op die sypaaadjie kon gaan sit en slaptjips eet en beaam, dit was genoeg  en goed en van God af, hierdie bruilof.

Maar op Happy Lands wag daar nog verrassings .  Die ingang na die voorafkuierarea verskaf ‘n agtergrondpentjie wat Pinterest by verre in die skadu sal stel.  Marjorie en Annelie maak  hemelse agtergrondmusiek op kitaar en fluit en Taleta bedien warm spinnakopitas en sjerrie vir ‘n lusmakertjie.  Tot Ouma Rinette se verbasing eet die trougaste die springmielies  wat op die tafel troon wat uit die boom uithang . Die vure brand hoog en  mense kuier lekker. Na die twee pa’s se pittige toesprake beweeg ons om die draai lang gang af tussen  getuies van familie portrette .  Die genooide gaste soek hulle naam op die stoep en beweeg deur na die grooteet tafel in die pragtige oop tent wat uitkyk op die Simonsberg. Alles is  prentjieboek mooi en watertandlekker.  Die gemeste skape kom van Skeiding en Kliprivier.  Dis ‘n ruim aanbod.

Na ete is die bruid en bruidegom aan die woord.  Hulle eer God en bring hulde aan  beweehulle ouers op ‘n baie egte manier.  Die gaste drink elke woord in en kry koue rillings terwyl Herkie Psalm 1 kwoteer soos wat hy dit in sy ouerhuis geleer het.  Daar is nie sprake van die ellendige Tant Koek se Hoenderhaan nie. Ek kom uit ‘n praterige familie ,  hou van ‘n goeie toespraak en haat flou grappies op ‘n troue.  Maar die wat die lysie gehaal het, sal weet, hierdie kan met reg bestempel word as die 7 (ja 7) beste toesprake wat hulle in hulle hele lewe al gehoor het. Daar was ‘n sleutelpersoon, ‘n geheime agent, die seremoniemeester.  Martin, ons het voor die tyd gehoor jy  kan, maar, man, jy was meesterlik!

Toe die huwelikspaar die dansbaan open, is daar weer eens ‘n gewyde stilte.  “You came into my life like a wildfire.”  Die misterie van die liefde moedig die ongetroudes aan om geduldig te wag op hul beurt en die lank getroudes dans ook later saam, knie of heup ten spyt.  Daarna beweeg ons soos een man na die voorhuis vir die dekadente afsluitinkies, noukeurig voorberei deur die gemeenskap, perskepienk appelrosies soos net my “ling” dit kan maak, sjokolade salami, macadamiaclusters, Laeveld truffels en grysgroen Skeiding Cake pops.  Die barista bly besig en die mense kuier lank en lekker.  Ons almal mag ons hoogtepunte hê en op ‘n fees soos hierdie is dit moeilik om te kies. Die wat my ken, sal weet: ‘n okkasie moet ‘n  bietjie van ‘n konsert (of ‘n prysuitdeling he).  Hierdie een het ek egter nie beplan nie, blykbaar ‘n tradisie onder die jarelange vriende om gou-gou ‘n liedjie te skryf en dit dan verhoog toe te vat.  Ons skaterlag en dis hier waar die sakrale en die sekulere mekaar vir my ontmoet.

Ons maak ‘n gangetjie en groet die bruidspaar na ‘n Grootse Fees.  “Die Bruilof van die eeu”, bespiegel ek en die bruid so onderlangs in ‘n sms later.  En ons is almal in die woorde van die bruidegom vol antisipasie oor die hemelse fees waarna alle mense kan uitsien eendag.  Nie net die Huisamens en die Sandenbergh familie en vriende nie.  Dis vir almal.  En dis verniet!

Sondagoggend is die nabyfamilie moeg en broos. Nabetragting.  Leon vra;  “Kom ons deel met mekaar – waar het ons oral  God die afgelope bruilofweek  ontmoet?.”   Ons bekers loop oor.

Die “Mother-of-the-Bride” is diep dankbaar en baie  tevrede met die verloop van gebeure soos opgesom in die woorde van haar aanstaande ander skoonseun, Geo Coetsee….  Raak waarnemer, die jong man.

 Iewers op ‘n eiland

Sit twee verliefdes nou

En dink terug aan hulle troudag

En ‘n ongelooflike vrou

Sy het haar dorp verlaat

En baie ver gereis

Om op ‘n vlieë bedekte perdeplaas

Vir ons ‘n ding of twee te wys

Soos ‘n bekwame dirrigent

Voor sy groot konsert

Het sy hierdie troudag van die vloer af ontwerp

Sys vroeg Vydag op

En laat aan die werk

Daag saterdag op

Trotse ma in die kerk

Moeder van die bruid

Moeder van die res

Dankie mama Riekies

Vir die grootte van jou nes

 En Maandagoggend toe ek om die hoek van Caryn se huisie op Happy Lands kom, kom  die plaas se trekker van voor met ‘n wavrag vol van die bruilof se weggooigoed .  Twaalf mandjies vol.  Dit was groot en dit was goed.  Baie goed. En daar was en is genoeg.  En om te dink almal sien kans vir die volgende hoofstuk wat geskryf word as ons eersgeborene in die voetspore van haar sussa volg.  Halleluja.  Prys sy Naam!  Tot ons mekaar weer sien op die 9de Julie.

Ons is bly.  Ons is bly.  Soos ‘n bruidegom en bruid.

Hy het ons ‘n  nuwe kleed  gegee.  Hy het ons verlos  Hy het ons verlos

Soos ‘n bruidegom en bruid, ons  is bly.

Op my our ramkiekie met nog net een snaar… Boy meets girl. Herkie en Lize-Marie Sandenbergh se storie…

April 7, 2016 in Sonder kategorie

 

Kersfees 2014 het die “Huisies” weer een onverwags betrap en so sit ons viertjies, Lize-marie, John ek en ouma iewers in ‘n bos op Harkervill droëbek en wonder  hoe het ons dan nie eers ‘n ou geskenkie vir mekaar nie.  “As julle enige iets kon wens, vra John, Wat sou dit wees?”  Sulke speletjies is aan die orde van die dag in ons huis.  “Experience is more important than things,” het ons mos hoeka ons kinders van kleins af geleer..  “Ek wil graag ‘n ukulele hê,” se lize Marie. “Maar jou Oupa Hoppies het ‘n ukelele gehad as jong man”, sê Ouma Rinette. Hy het dit vir sy peetkind, Leon gegee.  Ek wonder of hy dit nog het.”Die volgende dag gaan ons heel toevallig op Heroldsbaai aan en kuier by die einste Leon se broer.  Toe ons uitstap om te groet sêvra Mama Riekies; “Pierre, weet jy dalk wat van my pa se ukulele geword het?” “Dis ek wat dit het,” slaan Pierre ons voete onder ons uit, wil julle dit sien?” Net kyk, hoor!”, maan hy niksvermoedend.

oorbarige ek skroom nie om Lize se droomkersgegskenk van die    vorige aand uit te lap nie.  En net daar offer sy sagmoedige vrou, Annette:  “Gee dit vir haar, Pierre” – dis immers haar oupa se       erfstuk” En so klim Lize-Marie, ons loshaar, boskind in die kar, half    verleë met die antieke skat op haar skoot. And so the ‘we’story begins…

erste Sondagin 2015 terug in Jozi, doen lize diens op die verwelkomingspan. Herkie staan na kerk skugter (hy is hoeka nie van die voorbarige soort nie) nader vir ‘n geselsie – sommer net omdat hy gehoor het die fassinerende meisie hou ook op Vleesbaai vakansie .  Dit beoog ‘n aanvaarbare “conversation starter” te wees.  “Weet jy dalk van iemand wat ‘n ukelele kan regmaak”, vra Lize-Marie vir Herkie.  (Die outeur weet tot op hede nog nie of die karakter in die storie enige valse voorwendsels gehad het toe sy die versoek aan die “worship” leier van die kerk gerig het nie)‘ En sonder om te skroom vertel die Johannesburgse prokureur net daar die wit leuentjie wat sy saak moontlik kan verbeter in die toekoms.

“Maar natuurlik, sê hy. Ek doen.  Beslis, ek doen ukuleles!.”  (Google is my friend en as jy kan lees, kan jy enige iets doen).

‘n Week later is die ukulele reg om gespeel te word.

Is dit ‘n nuwe lied wat geskryf word in die lewe van 2 beautiful jong mense? Is dit die meisie waarvoor Herkie se ma dekades al bid? (die inligting is korrek volgens ‘n faceboek inskrywing op 6 Desember 2015 deur Corrine) En die man waarvoor Lize-Marie haar uitgespaar het en kleindogterjie drome oor gedroom het wat eendag haar pa gaan vervang?

Liza” is beslis nie ‘n ‘maklike” meisie nie en het behoorlik die man lat sweet voor hy sy sin gekry het.  (Die arme siel het 5kg verloor in die hofmaakperiode.) Haar familie het nog altyd geweet sy gaan die spreekwoordelike “haas” uit ‘n hoed ruk  en toe die karaktervolle jong man die dag met sy pet en CL registrasie nr by ons huis opdaag, toe het Vader en Moeder geweet:  Hier word ‘n nuwe liedjie geskrywe. Ja, ons het  by hul vertrek op daai eerste dag al nadat Herkie ‘n ciabata’tjie saam met ons gebreek het  kamer toe gegaan en op ons knieë dankie gesê vir die Here. Ons het toe reeds stil stil geweet dis die begin van die goddelike vennootskap wat vandag hier tussen ons voltrek word.

n om te dink hierdie is maar net ‘n afbeelding, net ‘n glimps,  van die Groot Bruilof. ‘n Nuwe lied word geskrywe en ons sing hartlik saam met al die getuies voor ons in hierdie eeu oue kerkgebou “Ebenaezer, tot hier to het die Here ons gehelp”  Die wat lank reeds getroud is, die wat nie meer getroud is nie en die wat nog gaan trou…”Drie hoera’s vir die huwelik!”

En die ouma wat nog hier is en die ma’s en pa’s sê saggies dankie.  Dit was die moeite werd om dekades te bid.

Boy met girl.  She came into his life like a wildfire. En ons blompot blom.En ek sê soos oorle Salamo:

“Daar is drie dinge wat vir my verbasend is, nee eintlik is daar vier wat ek glad nie kan verstaan nie:

Hoe ‘n arend in die lug kan bly

Hoe ‘n slang teen ‘n rots kan seil

Hoe ‘n skip op die seek kan vaar

En hoe ‘n man die hart van ‘ meisie wen…..”

Geskryf deur Mama Riekies

Carpe Diem

August 2, 2015 in Sonder kategorie

Ek en my “true companion” het die afgelope 10 dae ‘n nuwe begrip van tyd ontdek. Tien dae terug het ons nog in die Romeinse kwatiere rondgedwaal, stofstrate van die Forum “ in die sweet van ons aangesig ‘ platgetrap en ons hand in die boustene gesit wat 150BV meesterlik deur ‘n slaaf neergelê is. En nou is ons al weer oppad terug na die Goudstad aan die suidpunt van Afrika. Nes Columbus wil ons ook gaan kyk hoe groot die wêreld regtig is. “ It’s a small, small world afterall.’

Konings en keisers het gekom en gegaan. Nasies sal opstaan en val. Hier stap ons deur die Kolosseum en bewonder die monumentale argitektuur , ons verkyk ons aan die oorblyfsels van die Middeleeue in ander dele van die stad en ry met die rooi bus deur ‘n skeppende Rennaisance tydperk. In die St Peter katedraal word ons bewus van die mens se soeke na God oor die eeue. Michelangelo is van die min wat die magie van die geskiedenis van Jesus en Maria kan vasvang en wat in ‘n glaskas na al die jare behoue gebly het en ons nou nog na ons asem laat snak. Dis sekerlik 40 grade in Rome vandag. Ons skuil indie koelte van die groot katedraal en neurie saam met die handjievol kerkgangers: Sanctus Deo.

Dis veral Paulus se voetspore in die Romeinse stad wat ons gemotiveer het om ons reisplan aan te pas om hier tyd te vertoef. John is op ‘n misie en ek probeer sin maak van die reünis wat getuig van‘n magtige Romeinse ryk wat die hele outydse wêreld domineer het. Dis veral die moed van eenvoudige mense soos Paulus en Petrus wat gesê het: “ Ek beroep my op die Keiser!” wat nuwe betekenis kry as mens bult op loop op die pad wat Paulus sou loop vir sy verhoor. Toe ek jonger was, was ek verwaand genoeg om myself met Paulus te vereenselwig wat geroep is om die evangelie aan die heidennasies te verkondig .   Vandag is ek stil as ek besef watter “guts” dit sou verg om hierdie wêreld kaal hande aan te vat. Net toe ons besluit ons het nou alles gesien, dit lyk nie of die tronk (sel) waarin Paulus opgesluit is voor sy dood behoue gebly het soos John op die Youtube video gesien het nie. Dis in elkgeval ondraaglik warm. Toe sien ons dit: “The prison of the Martyr, St Paul and St Peter”.   Dis asof die ander 20 0000 besoekers wat Rome per dag kry nie geïnteriseerd is in die ryk geskiedenis van die gelowiges van die Bybel nie. Ons klim teen die nou trappie af tot in die donker , nat sel. Ek en John is bevoorreg om op ons eie, doodmoeg en natgesweet te kan skuil in die einste ruimte waar Paulus met sy bloed en sy lewe betaal het vir die vryheid waarin ons as postmoderne gelowiges kan leef. Paulus se brief aan Timoteus kry nuwe betekenis by ons terugkeer. ‘n Mens neem immers die laaste woorde van ‘n man wat weet hy gaan nie meer lank leef nie, ernstig op! Dit spoor ons en die ander Timoteuse op ‘n nuwe manier aanr vir ons reis hier op aarde.

Maandagaand 13 Julie dwaal ons deur die nou straatjies oppad van die Vatikaan na ons kamer naby die Terminus stasie. Ons eet Laeveldse macadamias en vliegtuig crackers om die ergste honger te stil. Die SA Rand het nie die toets van die tyd deurstaan nie. Ons moet hom rek. Maar ons belsuit tog om ons 29ste troudag op ‘n eg, Italiaanse manier te vier. Die klein stoepkafeetjie se lasagna stel nie teleur nie en John se tamatie pasta is die ware Jakob. Ons kuier op die stoep van die straatkafee saam met ‘n gesin van Niew Zeeland. Die pa is ’n Hindu, die dogter ‘n Christen, die seun glo ‘n Ateis en ma ‘n Rooms Katoliek. Wens ons kon langer gesels en verduideik van die hoop wat in ons lewe. Carpe Diem! Wie sou kon dink dat John se droom om in die wêrelddeel te reis waar sou word? Dis groots!

Dag 3 vertrek ons Kroasië toe om by die res van ons toergeselskap aan te sluit. Die Franse Riviera is blykbaar iets besonders. Die Kaap des Stoms het sy eie bekoring, maar die kuslyn van Kroasië is eiesoortig, asemsnak mooi. Hie is die verkfkwas behoorlik uitgehaal en ‘n driedimensionele kusnwerk tot stand gebring wat enige seeliefhebber vir altyd verslaaf sal maak. Ek het dit glad nie verwag nie. ‘n Seevakansie in die middel van die SA Winter in ‘n gerieflike huis stapafstand van die swemplek. Ons sluit aan by ons reisgenote : die Northbound Global span en hulle ouers.   Dis hier in die see wat ek vir een van die spanlede, Johnston van Zambië ooreed dis die plek om te leer dryf en swem. Die soutvlakke is hoog, daar is geen branders en geen strome en geen haaie nie.   Wat ‘n vreugde o om ‘n 27 jarige jong man die nuwe vaardigheid te sien geniet. Johnston is en het ‘n storie van sy eie. Hy verkies om my Maria te noem ek wens ek het nog meer tyd spandeer saam met iemand wat nooit ‘n ma geken het nie. Hy weet nie eers haar naam nie. Ons 2de swemles is 11h in die aand onder die maanlig. Johnston wys vir almal hy kan dryf.   Carpe Diem

Ons het die dag gegryp en niks tyd gemors om te slaap nie. Die jongmense se reisstories uit Masedonië, Jordanië, Tanzanië, Turkye, t en Griekeland gryp ons aan die hart. Dis veral die hulp aan die Duitse dame by ‘n skooltjie vir Siriese vlugtelinge wat my inspireer. Ons is dankbaar om meer as toeriste te wees in ‘n vreemde land. Ek is so tussenin kok vir die span wat hier is om te rus en te reflekteer en John is bevoorreg om ‘n oor te wees vir die manne wat so baie het om te vertel.

Ek is in my element in die kombuis en met bietjie hulp van een van die ouerpare se ruim voorsiening van ekstratjies, bly ons binne die “sending ‘ budget en bederf die span met geposjeerde eiers op mieliepap, Brischly muesli met spaanse somervrugte, zucchini pasta en plaatkoekies met biltong en Nutella. Die Amerikaner op die span glimlag breed en die Suid-Afikaners is elke ete verras deur die verskyning van erg lekker SA cabanossie, biltong of droëwors erens op die spyskaart.

Woensdagoggend vroeg gaan ek vismark toe in Omisch.   Die dag se manna is prawns en seekat wat 3 x goedkoper is as in SA en elkgeval baie lekkerder is as vleis. Ek maak ‘n kleurryke Paella vir die pastoor en sy vrou se kuier. Die gaste sorg vir roomys en uit my sak kom daar nog 3 plakke sjokolade van Checkers in Roodepoort vir ‘n heerlike sjokolade sousie. Net vir ‘n ou afslutinkie. Volgende week is die span weer op hulle “shoestring budget’ van R3 per persoon per dag. Hoe weet selfs ek as bekwame randrekker nie, maar Jenneke, die penningmeester van die Northbound span getuig hoe die Here nog elke dag voorsien.

In Split het ons ‘n regte middeleeuse ervaring. Gisteraand het ons gehoor van ‘n dorpie waar duisende Christen martelare uitgewis is. Vandag loop op ons op die voetspore van die of ander moontlike martelare en monnike op ‘n onbeduidenede roete uit die ou stad uit berg op. Die marmertrappies ia afgeslyt en glad onder onder my somerskoentjies.   As hierdie klippe kon uitroep, wat sou hulle nie alles sê nie. Die pelgrimstog berg op is uitmergelend . Daar is blykbaar ‘n hittegolf in Europa. Ons voel dit aan ons lyf, maar kan nie wag om te sien waarheen die ongekende pad ons lei nie. Die bos is plek plek koel en daar is ‘n fontein met vars water aan die bo-punt.

Ek en John bid saam vir die mense van die stad. Dis sommer nou die dag nog wat die land in ‘n wrede oorlog gedompel was . Mag U koninkryk kom, o God. Die dominee van ‘n plaaslike gemeente het gister genoem dat die toeiste stad ‘n modern Sodom en Gemorra is waar duisende Europese jongmense kom uithang en hoer en remoer. Die Globalspan is sopas terug van ‘n kamp waar baie kinders uit gerehabiliteerde dwelmverslaafde huise kom. Die skepping sien uit met reikhalsende verlange dat u alles sal kom nuut maak, asb, O Heer.

Die uittog agter die uitsig aan was beslis die moeite werd, as ek net nie my dekselse sefoon op die rusbank aan die bo-punt vergeet het nie. Moes noodgedwonge kwartpad af omdraai en weer terug. Split is poskaartprentjie mooi. En darem het ek ‘n foto’tjie om te wys waar ons was. Die mooiste mooi in Kroasië was tog die bootrit op die Seburivier by ‘n kusdorpie, genaamd Omisch. Die kalksteenberge en heldergroen water is anderwêrelds en ek kan nie die versoeking weerstaan om ook hier te swem nie.

Die treinrit Budapest toe doen ons in egte Global style. Shosholoza af Kaap toe is luuks teen die kompartement waar ons ingeboek is. Die nag gaan nog lank wod. Die gesoute Global reisigers besluit gou die paadjie is platter en geriefliker as die regop slaapsit styl. Oral klim nog mense op wat hulle ook maar tuismaak in die gang. Geboekte sitplek beteken niks. Dis inelkgeval so warm dat daar darem ‘n luggie trek in die gang en die toilet stink so dat mens maar liewer knyp tot by ons bestemming. Ek neem my rol as kosma ernstig op en verander gou ons kompartement indie eetsaal waar heerlike vars Kroasiese brood met regte bottteren biltong op my skoot gesny en uitgedeel word. My kapelana was al ‘n rok, is nou ‘n broodbord en gaan nog ‘n handoek word. Daar is selfs gerookte koue vleisies en ‘n roosmaryn takkie wat ek in in split langs die straat gepluk en in my handsak gebêre het. Garnering is belangrik en ons eet met ons oë – selfs op die trein. Toe die dag breek staan die gange vol mense vir wie die nag te lank in die kompartement was en ons verkyk ons aan die aktiwiteite langs die Balaton meer – blykbaar die grootste binnelandse meer in Oos Europa .

In Budapest boek ons weer eg Global style in by ‘n universiteitskoshuis wat hulle kamers leeggemaak het vir die somervaksnie. Die kamers is halfskoon en die lakens halfvuil, die kombuis is effens sif, maar wat meer het mens nodig as ‘n koue stort en yskaswater. Die stad is stil op die sondagmiddag en baie plekke is toe. Ek krap in die span se kossak en kom wraggies op ‘n sakkie bulgar uit turkey af wat my pakkie cous cous en droë vrugte wat saamgevlieg het kan aanvul vir ‘n heerlike meditereense slaai met ‘n Kaapse draai.

Budapest kry lewe in die aand. Die Danube rivier en die liggies van die parlement en ander historiese geboue verklaar hoekom hier films, onder andere the Lord of the Rings op Castle Hill gemaak is. Ek en John en ons Global dogter, Jeneke, gaan die volgende dag op ‘n begeleide fiets stadstoer. Daar is 2 anderste monumente wat ‘n mens aan die hart gryp. Die brons skoene op die walle van die Danube en die ystergordyn voor die House of Horror. Beide getuig van die vreemde wêreldoorlog wreedheid waartoe die mens instaat is. Dit word vertel dat duisende onskuldige burgers na die tweede wêreldoorlog hier aangetree is, Hulle is deur die SowJet Unie verdink van sameswering met Hitler en is beveel om hulle skoene uit te trek . Skoene was blykbaar ‘n “novelty.” En dan is hulle boosaardig geskiet en in die rivier gegooi. Ek word naar om net daaraan te dink. Ons gids vertel ons hoe sy ma gehuil het die dag toe die Berlynse muur val. Hy was 10 en wou weet hoekom huil sy. ‘You will understand one day, my child”, she said en sluk haar trane. Ek loof die Here vir manne soos Mr. O wat getrou gebid het vir die kinders in die Oos-Europese lande en vir reuse soos Broer Andrew wat Bybels ingesmokkel het ater die ystergordyn terwyl ons gerieflik lofliedjies sing.

Ons het so baie beleef in ‘n kort tydjie en het beslis elke dag aangegryp. Amper vergeet ek om te vertel van die gesprek met die ontvangsdame oor die stad Budapest en haar verbasing dat almal dit so geniet hier. Sy erken die Hongare is ‘n pessimistiese nasie en sy self is baie sinies. Die jong regstudent erken dat sy en haar familie nie glo in ‘n lewe na die dood nie.   Ek het die kosbare geleentheid om te verduidelik van die hoop wat in my en die ander lede van die SA groep lewe.   Dit lyk of dit haar fassineer. “I want to believe’ she said. Ons bid vir haar die aand by ons groepsbyeenkoms en die volgende dag skep die Here weer ‘n geleentheid om hom aan haar te openbaar toe sy met my deel dat sy in ‘n krisis is by haar werk. Sy vertel my kort voor ons vertrek hoe daar ‘n deurbraak was en sy glo dit was in antwoord op gebed. Ek bid dat ons die gesprekke kan voortsit oor die lug en dat die Gees sal werk waar hy wil en as Hy wil vir ons gebruik langs die pad.

Ons laaste aand in Budapest is ‘n aand vir celebration. Ons besluit om dit op Catherine eiland in die Danube rivier te doen. Die spuitfonteine dans op musiek in die agtergrond terwyl die ‘ouderlinge” die span seën en bemoedig vir die res van hulle reis. Ons vier die lewe op eg Hongaarse manier – ek was die oggend by die plaaslike mark en het die spyskaart daarvolgens beplan Langos en tofu met gerookte hongaarse worse en kaas. Daar is ook heerlike vars kersies en nektariens uit die omgewing. Die gebruiklike beker word omgestuur en waar die Huisamens is, speel ons die “glad game” Nie moeilik na die week saam nie.

Die Global span inspireer my en John om meer as toeriste te wees in elke stad waar hulle kom. Hulle intensionele omgang met elke mens wat hulle ontmoet is mooi om te sien. En ons is dit eens: Ons sal nooit weer anders wil toer nie. Join the missions and see the world! Dwarsdeur die middeleeue, the “ age of discovery”, renaissance, industriële rewolusie, modernisme en post modernisme is daar min dinge wat bly staan. Slegs die stories en die liefde of die haat waarmee mense geleef het. Dit relativeer ons eie koninkryke waaraan ons bou in SA en motiveer ons om die tyd uit te koop. Ons het net vandag. Carpe Diem!

KAAP DIE GOEIE HOOP

January 18, 2015 in Sonder kategorie

“Ok, ouens, wat sien julle van hier bo af? , vra ek.

“ ‘n Dias Kruis”, sê Leon.

“Ek sien vissersbote, daar onder spat die _ _ _ en derms, maar van hier bo af verlusting ons ons in die turkoois en wit waters”. Dis die Weskusklong, John se bydrae.

“Ek sien kontraste, wêrelde wat bymekaarkom, die koue Benguela en die warm Mosambiek stroom wat hier in die groot oseaan kruis.“ Is dit ‘n teken van wêrelde wat byemkaarkom, van Goeie Hoop en brûe bou in 2015?

“I want to soar” voeg Lize Marie by. In 2015 wil ek sweef.

“En ek wil hierdie vrede van die see, soos hy vandag lyk in my ronddra die jaar”, voeg Mariet by.

“Gisteroggend het ons amper omgedraai en die storm gevrees en vandag is ons so bly ons het tog gekom – amper soos die lewe, is ons agterna dankbaar, se Raoul

Dis Dinsdagoggend 6 Januarie. Hier bo by die oornaghut van die Kaaspe Punt staproete kuier ons saam en kyk ver.

Na die scare en share oefening gaan haal Riekies en Raoul die tekens. Platgedrukte wit brood en ‘n glasie aangemaakte “Game”. Leon lei die verrigtinge. Die kleinvolk luister ook aandagtig na die Oom met die diep stem. (Oom Leon is ‘n wyse man, is Kruger se kommentaar aan sy ma later die dag) Die gebreekte brood herinner ons aan ons ons verbondenheid aan mekaar en aan Christus. En die beker, dis die lyding die lyding wat ons deel. Ons moedig mekaar aan met die wete dat ons berg af, wêreld in, die Gees van Christus in ons ronddra. Die tweeling bedien die grootvolk met die tekens. Niemand word oorgeslaan nie. Daar is diep stiltes.

Na die oggendoordenking is dit die gebruiklike prysuideling op ‘n staptog. Die twee Marias stel hulleself aan as beoordelaars, prysuitdelaars en geniet hulleself gate uit op die verhoog.

Die twee jongste pelgrmis deel vanjaar die prys vir leierskap – vir padvind en voorloop. Kruger en sy nefie glimlag breed. Kara steyn kry die prys vir Mafia koningin – ‘n gesogte titel! Lize verdien die “fellowship “ trofee – vir haar verbinteni ad aan jonk en oud en haar bereidheid om selfs haar vleigkaartjie te skuif ter wille van die samesyn by die Kaap die goeie Hoop. Raoul se bottel rooi wyn verdien die prys vir die grootste “surprise” en Renda se klein soutpotjie vir “most needed” item. Die kompetisie vir die ” boo-boo ” prys is sterk vanjaar, maar die skare is dit eens:   Daar is konsensus dat dit vanjaar gaan aan Leon Senior vir ‘n ongevraage opmerking  aan ‘n jonge Mafia speler.

Oupie John kry ‘n vrugterol vir vasbyt:   enkels en klip in die sak ten spyt.

En ekke gee vir myself die prys vir die beste “Stap Salad” by Buffelspruit –: tuna, hardgekookte eier, provita, ryp  avokado en koel komkommer en tamatie slaai. Die mede stappers kan nie glo wat alles uit ‘n rugsak kom nie.

Mariet verdien elke hap van die nougat vir die organisering en reël (en borgskap) van die trip.

Na  die nagmaal en ontbyt stap ons nog 3 km verder, kyk nog wyer, klim nog hoër. Op die pad connect twee twee hier en drie drie daar. Ons deel in mekaar lyding van 2014 en deel ons bucket list vir 2015 Kort kort stop ek – deels omdat my asem jaag, maar veral om perspektief te behou op die seer van soveel mense rondom my. Sal die Kaap Goeie Hoop bring in 2015 Asb, O God ,vir ons vriende, ons grootmenskinders ons peet en aanneem kinders. Saam met Dias verwag ons, hoop ons, en droom ons: oor oop kamerdeure, diep gesondword, lewensmaats, geseënde besigheidstransaksies , herstel in die onderwyssisteem en Suid-Afrikaanse hospitale . Ons hoop op volharding. Volharding vir ons nou hier aan die Suidpunt van Afrika en vir hulle in die spervuur in Nigerië en Sirië.

Aan die einde van ons oggendlopie by Kaapse Hoop sak ons af see toe. Die Weskus branders is ongenaakbaar en die kinders voel voel die water en speel verder sorgeloos op die sand. Ek en Renda gaan sit plat in die Atlantiese oseaan . 2015 kan maar kom. Ons vat hom van voor.

Rondom ons is ‘n skare geloofsgetuies. Dias se kruis staan geplant sedert 1844. ‘n Baken in storms en ‘n teken van hoop. Goeie Hoop.

Twee dae later terug in Gauteng reflekteer ek weer op on stapervaring en neurie saam met die Psalm skrywer: “Let your unfailing love surround us, oh Lord, for our HOPE is in you alone!”

 

GESEEND IS JY ONDER DIE VROUE…

January 18, 2015 in Sonder kategorie

Ek wonder sommer. Het my ma onthou van die belofte aan Maria, die moeder van Jesus toe sy my naam   gekies het? “Geseend is jy onder die vroue…”As geseënd gelukkig beteken , diep gelukkig, dan was my  Maria naam ‘n profetiese keuse. Dit is juis oor die geseënheid van my nege jaar in die stowwerige Zandspruit wat ek hier op die ou jaar van 2014 ‘n paar lyne wil skribbel.
Nege jaar terug ontmoet ek my sielsgenoot, die ander Maria, net buitekant die statdspoorte van Zanddspruit – toe nog skirikkerig vir die stowwwerigheid van ‘n plakkerskamp. Dit was ‘n reenerige dag. Ek kan nog onthou wat ek aan gehad het. Ek het my rooi Keny tjalie van my skouers afgehaal en op die stoep uitgegooi en ons het halfklaar geskente legkaarte probeer bou saam met die kinders van die naskoolsentrum wat “die ander Maria” daar begin het.
Ek het gekom mom te kom netbal afig op die verweerde tennisbaan. Ek onthou nog goed hoe beïndruk ek was toe my “local” mede afrighters die halfsirkels van die doelderde duidelik herkenbaar, sonder ‘n gradeboog, met ‘n stok in die grond graver het vir ons eerste wedstryd. Menige tienerdogters het hier in die liturgiese ruimte van ‘n netbalbaan sedertdien ‘n tuiste, ‘n kerk gevind en familie geword – nooit provinsiale standaarde behaal nie, maar beslis prysenwwaardige balvaardighede aan die dag gelê en slefs die baie onnodige reels van die sport bemeester, voorwaar ‘n prestasie as jy inagneem dat weinig indien enige ‘n paar tekkies besit. Hoe blaas jy in elkgeval ‘n voetfout vir ‘n paar pienk slipper wat hulle bes probeer om nie te gly nie.
Die netbal in Zandspruit was altyd met baie passie, groot harte en minder prestasie en vaardigheid as wat ek ewou. So nou en dan loop ek nog die eerste spnnetjie wat opgedaag het raak, soos verlede week by die Westgate “security boom”. Mrs H, do you remember me. I am Mpho from your netball team.”
Lebo het matriek gemaak by Randpark High en trots om vir my die week raak te loop en te vertel sy is nog sonder man of kind (anders as die meeste van die ander spanlede) , werk van NGO tot NGO, hou daarvan om mense te help. En Sinesipho was skoon tranerig op Cosmo High se stoepe toe sy my daar ontmoet . Sy en haar ma bly nou in Cosmo City sy mis haar Golang vriende en die “huis” wat Golang vir haar was.
Later het liewe Rebekka al hoe meer my rol as spanbestuurder , leke afrigter en moeder van die netbalbaan oorgeneem en is ek verlede jaar affoisieel as mentor vir die care giver by Golang aangestel. “Geseënd, sê ek om buiten my Ruimsig verteenwoordigingsrol amptelik in die binnekring van die Golang sirkel opgeneem te word. Dit was ‘n goeie ervaring op die grondvlak.
En toe verlede week kom my drie daaglikse reis anderkant Beyers Naude, die groen stop taxi halte regs, Motswako langs Emthonjeni toe ook op ‘n einde.
By Golang se jaareindfunksie stel ek myself aan om die afskeidsboodskap te bring. Op soek na ‘n tema vir my laaste woorde, kom ek op Jesus se bergpreek af. En dis asof my reisgenote, Golang se mense, se name ingeskryf isn die ou bekende bergpreek in Mattheus 5.
Geseënd is julle wanneer julle arm is , want julle weet hoe afhanklik julle van God is.
Blessed are you SImpiwe and Rebekka because you had reason to mourn in 2014 – when you mourned for the education of your children, Rebekka and and your haart was broken because of a promising relationship that fell apart. You will be comforted.
Blessed are you Mohai because you are the meekest person I have ever met – you will inhabit the earth.
Blessed are you Kenton and Celestina because you are merciful, you who know what at it is to grow up in a home for abused women and children You will be shown mercy.
Blesssed are you Margie and Anna because you always hunger and thirst for righteousness – for you will be filled.
God blesses those who work for peache, Hnlanhla and Violet, for you will be called the children of God.
And blessed are our brothers and sisters in Syria and Nigeria who are persecuted for doing right for the Kingdom of Heaven is theirs.
So tussen deur die trane en afskeidsboodskap deur, dans ons dat die restaurant se ander gaste nader staan . Hierdie paartie lyk darem te lekker. Selfs die kelnerinne los vir ‘n oomblik die houtlepel en kom val in. Daar is ook op ‘npersoneelvergadering amptelik besluit dat ons hierdie jaar ‘n geskenk ter waarde van R200 moet saambring . Die loting is gedoen en vandag is die groot dag. Die inkopiesakke met geskenke staan uitgestal en wag. Dis ‘n seremonie, want ‘n geskenk sonder ‘n toespraak is niks werd. Kenton is eerste aan die woord en toe hy daai netjiese opgemaakte boks (sy sus het glo gehelp) uithaal met die egte “Tupperware” vir Mama Mary omdat sy virhom ‘n ma geword het wat hy nog altyd gemis het, toe sit ‘n paar van ons reeds blinkoog en toekyk. Want is dit dan nie die man wat reeds vir 3 maande volunteer en geen enkele sent nog verdien het by Golang nie? Mohai verduidelik sy keuse aan Hlanhla – hy weetwat ‘n “single” ou nodig het – ‘n tweeplaat stofie en ‘n blikoopmaker. So deurdag, so vol hoop. Almal is baie tevrede met die comforters en dinner sets wat uitgedeel word. Ek is die gelukkige ontvanger van ‘n stel spierwit Woolies handoeke. En dis van Celestina – die weeskind, skoonmaker met die groot hart.
Laasnag het die weer vreeslik gereën in Johannesburg. Ek het wakker geword met gemengde gevoelens. Ek wonder oor Girlie en Lucky, Anna en haar kinders, Grace en Precious en Nonkhuleko en nog baie ander. Hoe nat is nat? Hoeveel nat kan ‘n mens vat voordat jy regop sit en wag vir die oggend om jou te verlos van die muwwerigheid binne in ‘n “shack” in ‘n plakkerskamp. Ek hou nie van donderstorms in Johannesburg en winterreëns in die Kaap nie – om die einste rede want ek lê knus agtermy wonderlike mans se blad…. Geseënd onder die vroue!
Die belofte staan vas. Die Seun van die Mens is 2014 jaar terug in ‘n ewe stowwerige Bethlehem gebore. Hy ry op ‘n donkie en Sy Koningskap heers. En almal wat dit glo, sal genoem word Geseënd!

Viva Pap en Koeksisters, Viva!

January 8, 2014 in Sonder kategorie

Families, tribes, and cultures bond around the table…. Community is created and grows in the sharing of food and drink.
Madiba se erfenis en Jesus se laaste wens het gisteraand weer lyf gekry hier in Eikendal 48 waar die Huisamens nou woon.
Ek kan aan geen beter manier dink om te identifiseer met die geskiedenis aan’t make in SA as om getrou aan die Afrika-tradisie mense oor te nooi vir ete nie. Dis mos wat begrafnisse doen – dit bring mense bymekaar. En wie het gesê ons moet pap tamatie toebies en koue worsrolletjies inwurg as on die lewe van iemand celebrate. Ek onthou nog die heerlike, klam sjokolade koek wat iemand aangedra het met my pa se dood. Wat ‘n lafenis na al die vervelige lasagnes vir die treurendes.
Gisteraand het egter nie net oor kos gegaan nie. Die ete was net ‘n lekker verskoning om te kuier. Dis mos my passie in die lewe: om mense bymekaar te bring.
Die wreedste wreed van die A-woord in SA is dat dit doelbewus mense weerhou het om mekaar se stories te hoor en te leerken. En vier-en-twintig jaar later doen ons nog nie aldag genoeg moeit om uit te vind waar mense vandaan kom, waar hulle ontmoet het, skoolgegaan , Kerfsees gehou en waar hulle wortels lê nie. So klok Khanyi en Cabel, Pauline en Bongani in en sommer uit die staanspoor is dit duidelik: – waar jy vandaan kom is baie belangriker as wat jy doen. Ons paaie kruis dalk naby Nylstroom of Kroonstad of Swaziland of die Weskus. Dit is nou wel waar dat die meerderheid van die geselskap in die edele beroep, die onderwys, is maar daar is vanaand nog baie meer om oor te gesels
Ek ken vir Khanyi al 2 jaar – het in ‘in Zandspruit Primary ontmoet en was toe al beïndruk met die geleerde vrou wat bereid is om onder die haglike omstanndighede in ‘n oorvol klaskamer in ‘n plakkerskamp skool te hou. Vandag is sy skoolhoof van Kingsway en trap diep spore waar sy loop.
Khanyi en Cabel het 4 dogters en dit maak die deur oop vir ‘n heerlike lobola gesprek. Ek en John is na dese uitverkoop aan die stelsel. Cabel is blykbaar ‘n uitstekende onderhandelaar en die ooms in Ons familie kan defitief by hom gaan leer.
Vir Pauline het ek die eerste keer in ‘n wit sweetpak gesien langs die netbalbaan in Krugersdorp. Sy was ‘n heerlike anderse skeidsregterkarakter en sommer uit die staanspoor wou ek die mooi, lang vrou beter leerken. Hier was iemand wat die waarde van sport in ‘n skool verstaan, die enigste een in haar skool aan die Wesrand wat manallleen die afrigter, organiseerder, skeidsregter van die hele skool. Ons het die vooorreg gehad om saam ‘n groep netbaldogters op ‘n kamp te neem in die Magaliesburg en dis toe wat ek die storie van die juffrou verder geluister het.

Pauline is die oudste van ‘n reeks kinders van ‘n familie in Machadodorp. Op 16 was haar pa in ‘n trekker ongeluk op die plaas en moes Pauline as huishulp na die groot stad toe om te gaan geld verdien vir die familie in Machadodorp. Sy kon nie meer skool loop nie. Die skewe draai het een ligpuntjie en dit is dat sy op hierdie reis van haar haar man, Brongani, die tuinier in ‘n nabygeleë huishouding in Randpark Ridge ontmoet. Ek hou aan dat Bongani vanaand sy storie met ons deel. En daar hoor ons dit uit die perd se bek. Die jong plaasseun van Nysltroom het van kindsbeen af al ‘n liefde vir plante en tuinmaak ontwikkel. Die Prinsloos van Randpark Ridge kom gou agter hy is ‘n tuinier met ‘n hart vir sy werk en hy is gou-gou vol geboek en laat sy merk in elke tuin in die straat. Behawe sy Amerikaanse vriend wat hom aan Engels blootgestel het en sy potential raak gesien het, klink hy hy vanaand ‘n glasie op die Afrikaners wat wat in hom geglo het. Keith Kirsten se tuinbougids word op vyf-en twintigjarige leeftyd Bongani se deur na ‘n groter wêreld. Pauline en Bongani is getroud en Bongani dring daarop aan dat sy nuwe vrou gteruggaan skoolbanke toe. Op 20 gaan Pauline terug skool toe. Om alles te kroon voltooi haar onderwyskwalifikasies by Turfloop en later haar Honeurs in Afrikaans Nederlands aan die Universiteit van Johannesburg (RAU). Vandag is ook sy skoolhoof van ‘n baie gelukkige skool in Randfontein.
Bongani (ook bekend as Mr Green) het later ook leer sweis en hom gou-gou opgewerk as voorman. Sy liefde vir die grond en vir tuinmaak het gebly en naweke het hy planne gemaak en met ‘n kruiwa grassooie langs die Jukskei rivier uit te diep vir potensiële kliente. Op ‘n dag los hy die bekende , klim hy uit die boot uit en besluit om op water te loop. Hy gaan sy eie “landscape” besigheid begin. Pauline huil, want die besigheid klink vir haar en haar nuwe gesin net te riskant. ‘n Rukkie later kan hy ‘n klein bakkietjie bekostig en op ‘n dag ry hy agter ‘n trok, getiteld: Easy Lawns. Daar moet ‘n makliker manier wees, sien hy en besluit om die trok te volg. Daar by die wit mense klop hy aan en vra uit. Kort voor bring hy soveel kliënte vir hulle in dat hulle vir hom daar in hulle gebou langs vandag se Clearwater Mall‘n kantoor gee, die opmerking van arrogante wit mans ten spyt. Vandag lag hy al die pad bank toe en glimlag as hy vertel van die een ou se opmerking: “WIe is daai houtkop in die kantoor?” Hy vertel ook hoe hy na baie jare met sy splinternuwe Toyota Furtuner besluit het om die boer op wie se plaas hulle grootgeword het in Nylstroom te gaan opsoek. Die man kon sy oé nie glo nie: “Maar jy lyk soos Johannes,! sê hy verbaas oor die vreemdeling op sy werf. Ek is sy seun, antwoord Bown en onthou die dae toe hy as klein seuntjies 10 km skool toe moe stap en die wit man met sy bakkie stof in hulle oe gejaag het. Hy is nie vandag hier om te verwyt nie. Voor hom sien hy net nog ‘n Pa – ene wat bietjie telerugesteld in sy eie seun wat beswaarlik ‘n bestaan maak as handlanger in die Kooperasie.
Daar is nie tyd om die storie van Pauline en Bongani se eie seun te vertel nie. Dis nog ‘n storie van hoop en van geloof soos ‘n mosterdsaadjie. God het die seun wat vir 27 dae in ‘n koma was teen alle verwagting van die medici supergesond gemaak . Vanjaar studeer hy ingenierswese en sy ouers is diep dankbaar om ook sy storie te kan vertel.
Ons kuier land en sand en eet so tussendeur aan my eie innovasies van Mandela se gunstelinge soos beskryf in die twee kosboeke wat gepubliseer is uit sy kombuis . Die spyskaart pryk op die yskas: Hunger for Freedom, Menu for tonight, Pap on a stick met camembert en bacon drizzled with field honey bedien op ‘n groen blikbord wat spreek van vergifnis. Die hoofgereg is op Nxoliswa, Mandela se eertydse chef se aanbeveling, Mandela’s Sweet chicken, vanaand met ‘n bietjie meer paprika en my eie tamatie chillikonfyt en Qunu Corn and bean salsa garnished with Local Spekboom leaves
Net vir ingeval daar nog gaste opdaag besluit ek om ook Ferieda Omar(Mandela se prokureur se vrou) te eer vanaand vir die dae wat sy Indiese kerriehoender in Pollsmoor ingesmokkel het en maak dus ook ‘n kormahoendergereg. Vir nagereg is daar Heidelberg se Karringmelkpoeding – die beste manier wat ek kon aandink om Mandela se liefde van suurmelk op te dis .Tog so bly om te hoor die man was ook lief vir nagereg. Daarom sluit ons af met Rekonsiliasie Koeksisters (Mev Betsie Verwoerd se reseppie, glo ek) ter herinnering aan die dag toe die vroue van die apartheidsstrydsleiers en hulle opponent om ‘n teetafel bymekaargebring is.
Die plekmatjies by die houttafel uit Kliprivier se huis herinner ons aan die ou Wysgeer se nederige uitsprake oor kinders en opvoeding en respek. Ons doen ‘n rondte van refleksie oor wat die mense om ons tafel vanaand by Tata Madiba geleer het. Daar is nie meer baie woorde of clichés nodig nie. Pauline som dit net vinnig op: “He restored my dignity” en dit is waar. Vanaand sien ons dit met ons eie oë. Ek en Annelie en John is maar stillerig. Ons moet erken ons het hom nie geken nie. Nog minder gesien. Asimbonanga!
Maar vanaand sien ons hom, hoor ons hom in die stories van ons nuwe vriendde in Jozi. Dankie Madiba. Dankie, Heer, dat U vir ons “whiteys” genadig was en dankie dat u deur hiedie man vir ons kom leer wat oorbegin is. Umuntu ungumuntu ngabantu! (A person is a person because of others)

Geseën om te seen …. oral, altyd!

December 2, 2013 in Sonder kategorie

Dis ‘n mondvol: Om geseënd te wees. Ek doen mos nou verjaardae, “huis paaarties” en dit was een van die temas wat ek vir die verjaardagmeisie voorgestel het: “Geseën Om te seën… oral , altyd! Seen, slaai en sorbet. Verjaardag, vriendinne en voorskote… Kom vind uit. “
En was dit nou ‘n heerlike reis! Dit het my letterlik teruggevoer al die pad Laeveld toe waar ons vir 17 jaar geseen was om te bly en sommer na my eie storie. Want dis nie net my nuwe vriendin van Nelspruit se keuse vir ‘n verjaardag koswerkswinkeltema nie, maar van lankal af my lewenstorie en herinner my aan Paulus se uitspraak in Efesiers 2 vers 10. God het my gemaak wat ek nou is, In Christus Jesus het hy my gekies om my lewe te wy aan die goeie dade waarvoor hy my bestem het. Sien, ek is mos geseën met nergie, emmers vol , en passie, vir mense en vir die wêreld. In die ou dae was my voertuig hier in die einste Laeveld kinderklubs en later in my skoolhoudae was dit sport. Maar vandag is dit kos wat mense bymekaarbring, wat my laat seën waarmee ek geseën is. Onopgelei, onopgesmuk, ongeorganiseerd in party se oë, maar tog outentiek.
Ons kry die adres van my kliënt en ry die bult uit Steiltes toe – mens, maar dis mooi hier! Ek het nie die deel van die Laeveld geken in ons Petra Kollege dae nie. Ons stap half 3 by die mooie woning in. Dis ‘n grênd huis, maar toe ek die agterdeur oopstoot , krat in die hand en kruie onder die arm, kaplaks, toe soengroet die gasvrou my asof ons mekaar al jare ken. “Julle is geseënd”, dink ek. Met groen en geil en dalk geld ook. Ek ontmoet hul jongste seun in die kombuis, 2dejaar ingenieurstudent wat aanbied om te help: “Enige iets, Tannie,” sê net. Hy skil sy eerste spanspek (vir die sorbet wat kom) knip naamkaartjies sorgvuldig uit en voor hy hom kom kry knie hy ‘n brood soos ‘n ou hand. Dis mooi, baie mooi hier, maar die mooiste van alles is nie die huis of die tuin nie, maar die interaksie tussen die gesinslede. Ek kan sien hoekom sy die tema vir haar verjaardag gekies het en haar gaste beaam dit later.
Die tafels kreun onder die wilde olyftakke, geleende suurlemoene en Checkers se nuwe lapservette. Dit lyk prentjieboekmooi. Vyfuur daag die gaste op en drink ystee en eet voorgereg – min wetend dat die res van die verjaardag ete in hulle hande is. Die gasvrou stel my voor en waarsku die gaste dat daar georganiseerde chaos voorspel word. Ons lag en ruil kort stories van Genade uit. Die gaste gee ‘n aanduiding van hulle liefde vir kosmaak op ‘n skaal van 1 tot 10. Die uitslag is gemiddeld. Annelise Wiid vat raak met haar lied: Jy’s geseën om te seën
Jyt gekry om te gee
Jy leef om jouself vir ander te gee
Jy’s geroep om te kom en gestuur om te gaan
JY is geseën om te seën
Vol van ontferming vol liefde vol troos
Buk die Heer van die heelal oor jou
En sy geur bly hang, sprekend
Soos ‘n wierookwolk om jou
Jy’s geseën om te seën
Jy’t gekry om te gee
Jy leef om jouself as ‘n offer te gee
Jy’s geroep om te kom en gestuur om te gaan
Jy , geseën om te seën
So broos en so breekbaar so alledaags
Dra jy die kennis van God sooS ‘n skat
In jou erdekruiklewe van elkedag bly
Leef die gees van ‘n multimagnaat
Wat jou seën om te seën
Jou laat kry om te gee
Jy leef om soos Jesus jou lewe te gee
Mag Hy oor jou skyn,
Mag jy werk in sy lig
Mag jy rus in die glans van sy sagte gesig
Begenadig
Begunstig
Geseën
Geroep en gestuur
om te seën en te seën en te seën
Op die koffietafel staan die aardbol wat vir die sending geskenk is en die resepteboek, met stories en gebede oor die Midde-Ooste wag om opgetel te word. Ek onthou die opdrag aan Abraham toentertyd al: Ek seen jou, sodat jy ‘n seen vir ander kan wees. In you the nations are blessed. Vanaand connect ons met die komyn en kaneel en saffraan en slaai uit die lande waar ons broers en susters geseënd is, nie oor hulle goed nie, maar omdat hulle valslik beledig word. Die wete oorweldig my. Dis ‘n vreemde seën die waarvan Petrus praat – om te ly as jy goed doen,. Ek daag die gaste uit om te deel wat hulle het, stories van swaarkry, geskenk en gebede – oral, altyd. Tanna salf die gasvrou met egte, Suid-Afrikaanse olyfolie van st. Sebastian daar vanuit my geboortekontrei.
En toe trek ons los, met rooi voorskote wat sê: “Geluk is tuisgemaak” Party maak souse, ander rol Yufkas (Turkse platbrode) en dit praat! . So tussendeur gee die geseënde aanbieder ‘n koswenk deur vir die wat wil luister. Hier en daar probeer iemand die notas volg en skribbel onthoulyne neer.
Dis weer eens ‘n ruim aanbod. Al 7 die “superfoods” van die Bybel en die hele Honeydew Vegetable Market is vanaand hier verteenwoordig. En daar is tot ‘n granaat wat die Portugees vir my verniet gegee het, net omdat ek soos ‘n kind voor ‘n roomys gesstaan en vra het: Wat kos ene meneer? En vanaand op die spyskaart is: Geseënde Uietertjies Intenasionale platbrode met Humus en Baba ganush , Turkse Bulgarslaai , Rêrige Ratatoile, Kokkedoorbeetslaai, Gemarineerde Olywe, Haloumi slaai met ‘n Kaapse draai, Vars aspersies en sampioene met percorini
‘n Halfuur voor die tyd verdriedubbel die brood. Ek besluit om gou ‘n Kitke brood ook te maak – (‘n eerste in my lewe en sonder ‘n resep). Half 8 sit ons aan vir ‘n feesmaal: Babette’s Fest. En by die opskeptafel vat ons hande terwyl John Michael W Smit in die agtergrond sing: Come to my table. Die verjaardagmeisie seen al die baie hande wat die kos gemaak en opgewas het. Hy breek ook ‘n platbrood en stuur aan. Ons stuur ook die nagmaalsbeker om in ‘n mandjie, elkeen vat ‘n druiwekorrel, byt dit en onthou: Dit is Jesus se bloed, dis vir jou! i
Die sorbet, nou ja, Johannesburg is net te vêr en die tyd te min. Dit was dus al nommertjie wat ons herinner aan die onvolmaaktheid en is eerder ‘n koel, yserige somersdrankie as sorbet, maar nietmein ‘n goeie paletskoonmaker voor die lekker koffie en interessante Meditereense verjaardagoek: Eunice se eie onderstebo, bayleaf, druiwe en roosmaryn onderstebo koek. Die feesgangers gesels land en sand en verdaag traag. Hier en daar laat val iemand terloops – ek het opgeskuif van ‘n een na ‘n vier vir kosmaak vanaand.
Dit was inderdaad ‘n geseënde aand. Die terugvoer van die gasvrou: “ I drink from my saucer, my cup is running over. “

Agter elke goeie kok, staan ‘n handige man!

November 12, 2013 in Sonder kategorie

Sover ek kan onthou het ek nog nooit gewens om ‘n droomhuis of droomkombuis te hê nie. Om die waarheid te sê dit het nog altyd vir my gegrens aan ydelheid om te praat van “my” huis en “O, ons bou en dit is tog so ‘n gemors!” Dit klink vir my soos selfaangedoende pyn. Ek het nog altyd ‘n kombuis gemaak van wat voorkom: die vuil tafeltjies langs die pad in die Karoo was baie jare die plek waar die Huisamens hulle wegneemetess voorberei het. ‘n Vuilgoeddrom in Sabie se karavaanpark is in ‘n tafel omskep en in Warmwaterberg naby Barrydale het ons die heerlikse pasta in die badkamerkombuis gekook (Ja gaan kyk, daar bad mens in die kombuis) En laas Sondag nog het ek vir ons die lekkerste pasta in ons slaapkamer gemaak terwyl John onverpoosd aan de boue was en ons kombuis toe ook ‘n redelike gemors as jy bly en bou.
My liewe man, het vandat hy die eerste keer in die tweeslaapkamer woonstel in Helderkuin waar ons nou bly, ingestap het, sy oog net op een ding gehad: Hier gaan hy vir sy vrou ‘n kombuis bou! Dit was hoeka net nadat ek gekies is om aan die kosrealiteitsprogram deel te neem – ek was van die begin af in sy oë ‘n wenner en verdien glo ‘n kokkedoorkombuis – terugbetaling vir al die jare se lekker kos in treurige kompleksstofies, klein gasstofies langs die pad en sommer net omdat hy self hou van skep en sy hande soos sy Pa s’n vir niks verkeerd staan nie. ‘n Droomkombuis waarvan sy nooit gedroom het nie. Hy het geloofsoë as dit by sulke goed kom. Ek kon net die plastiek konsertina deure raaksien en kon nie besluit of die gerookte glas venstertjies en reeks kassies wat die kombuis van die sitkamer skei baie lelik of baie mooi is nie, baie prakties of vreeslik onprakties.
Die kapperasies het hier net net na die Julievakansie begin. Ek het vir die eerste keer elke ou Tuis tydskrif met ‘n kombuis voorop, deurgeblaai . Dié man van my werk met ‘n plan en ek wonder hoeveel ure het hy net gestaan en kyk, gedink en gewonder wat die volgende stap is met die beperkte gereedskap tot sy beskikking. Party mense sê bou is ‘n “passion killer” –– nadat ons egter besluit het dat dit ‘n goeie belegging is om die winskopie woonstel in Eikdeal se waarde te verhoog, het ons omtrent net saamgestem oor al die idees. Die saamdink en droom het gewerk vir ons. Ons soek nie “Country style”, ou geroeste blikkies en kaggelkakkertjies nie. Dit moet funksioneel wees,” Riekies proof” en mooi en tog so ‘n bietjie. outentieke vintage karakter hê. Ons kry gratis kaartjies na die gewilde interiorskou, Decorex, toe en dwaal rond tussen die kombuise wat tentoongesel word. Ons het al so ‘n halwe idée wat ons soek. Ek sien iets. Ek moet vir John wys – hy gaan mal wees hieroor. Ons kry mekaar en sowaar uit al die moontlikhede is dit een en dieselfde kombuis wat hy vir my wou wys
Sal mens op ‘n DIY manier die eindresultaat kry wat ons soek, die prentjieboekmooi tuiste kan skep uit niks? Soos wat ek kosmaak van “scratch”af en blom voor ‘n leë yskas, so gebruik Jonna elke uitgekapte deurtjie en tel al wat ‘n spyker is op om niks te mors nie. Arm man het nie size nie. En om van ‘n “werkswinkel “ waar alles moes gebeur nie eens te praat nie! Die twee vierkante meter loopspasie in die enkelmotorhuis word deel van die absolute, formidabele storie van ‘n man wat glo in sy vrou en so graag haar wil bederf met ‘n lekker kombuis. En van ‘n vrou wat glo haar man kan en wil net mooi alles doen.
Sommer vroeg in die geskiedenis van die bouery, het ons die rolle uitgeklaar. Ek moet liewer opsystaan, genoeg tee maak, kossies aandra en sê dit lyk mooi. Maar ek mag nie aan ‘n kwas vat nie. Ook nie aan ‘n hamer nie. En ‘n waterpas – eish, hoe het my pa my dan nie geleer nie Ek het dus myself aangestel as die hulpbronne bestuurder. Dit was nog altyd vir my ‘n uitdaging om ‘n winskopie uit te krap en na dese is daar nie ‘n “second hand bulding site” aan die Wesrand wat ek nie opgespoor het nie. Ek ken hulle almal en hulle verkoopsmanne op die voornaam. Die hele idée is om te “reclaim and re-use”. Ons leerken so bietjie vir Donovan, die jong man, wat by die klein, 2dehandse bouhandelaars in Krugersdorp sy daaglikse brood verdien. Ek het van die begin af ‘n sagte plekkie vir hom en knoop diep gesprekke so tussen die scaffolding en die skroewe aan. Piet Plank en Gert Pawn is op my foon gesave as ‘n nuwe kontakte.
Ek en John is altwee baie opgewonde oor die gedagte van sementblaaie –dit behoort die “hammering” van ‘n Huisamen kombuis te kan vat. En die “prefab” sement blaaie is ideaal – dit maak net ‘n oneindige geraas as die goed gesny word – skuus liewe, bure. Dit sal weer rustig word rondom ons. Ons is nie eintlik van die raserige soort nie!
John besluit om vir hom ‘n klein strykplankie in te bou waar hy sy hemde kan stryk soos hy daarvan hou. ‘n Ingenieursontwerp wat nog so bietjie afronding kort, maar beslis baie potensiaal! Bietjie vir bietjie vorder ons
En dan is daar Mandla, die Zimbabwe entrepreneur, wat homself bemark as ‘ CemCrete applicator”, so trots is op sy werk en in sy goeie Engels graag vir my presies verduidelik hoe die proses werk. Mandla weet egter nie alles nie en groot was ons teleurstelling toe ons uitvind die sementblaaie is toe nie Riekies proof nie, en kan beslis nie op gesny of gemors word nie. Die sement is weersensitief en het reg aan die begin verkoue opgedoen en wys steeds elke watermark wat ons herinner aan die onvolkomenheid van selfs hierdie geharde element. Net soos die lewe. Niks is vir altyd nie. Ek geniet die mooi en wys graag my man se handewerk vir kuiergaste, maar diep binne weet ek hierdie is maar net nog ‘n kamer in die tent. Ek hoop darem daar gaan êrens in die hemel n plekkkie wees waar almal wat wil, kan speel met idees en kreatief kan wees. En dat ons en al ons liewe diensverskaffers wat ons in die proses ontmoet het om ‘n lang tafel gaan sit en brood breek. Ek ontmoet ook vir Raphael die vriendelike Mosambieker wat in Maputo geleer het om meesterlik stoffeerwerk te doen. Ek maak ‘n commitment om vir hom kliënte te kry want waar sal jy sulke werk vir sy prys kry anders as daar oorkant die krapwinkel in Krugersdorp. Here, seen vir Raphael en sy 3 broers asb. en mag ons nooit mense uitbuit omdat hulle goed is nie.
Elke Saterdag kom ons ‘n stappie nader aan die nuwe “kombuishuis”. So hier en daar, moet ek erken, het ek as die slawedrywer bekendgestaaan – veral hier na die einde toe toe ek so baie graag als reg wou hê vir Lize-Marie se tuiskoms. ‘n Week voor haar koms werk John in HotasHell . Groot was my verbasing toe ek via die “grapevine” hoor hy het na 27 jaar getroude lewe by my ma gekla en vir haar ‘n smsie gestuur om te laat weet dis warm op Hotashell maar tog rustiger as by die huis waar sy vrou projekkie kombuis dryf vir die vale. Die pampoen smaak nog lekker en na ‘n week is hy weer uitgerus en lag en gesels ons laatnag oor die vordering.
So tussen die gebouery deur moet ‘n man eet ook. Leë sakke kan nie staan nie! En al bly ons oorkant Woolworths Food , moet ek erken ek het nooit vir die versoeking geval om die vinnigste uitweg te soek nie. Ons bak Ciabata, pannekoek, maak slaai uit my stoeptuin en eksperimenteer selfs met nuwe idees sonder ‘n oond terwyl John timmer en kap. Liewe Elias, Marais se drywer, kom doen die verfwerk. Hy is nie ‘n man wat eet of drink op die job nie, maar toe ek darem vir hom hier in die pylvak van die kombuiskassies ‘n sjokolade melkskommel aanbied, het hy vir altyd sy opinie oor eet en werk verander. Daai man lek sy lippe op die trapleer af – onmiddelik verslaaf!
Beligting is belangrik en ek gaan prys die ligte wat ons in gedagte het vir die eiland. Ons kan dit nie oor die hart kry om darem so baie geld op “ouma’ se kombuislig uit te gee nie en dink dat die stoom staan. Ek het met Lize se 21ste die kerrie in enamel bakkies voorgesit. So speel- speel draai ons dit om en siedaar ontstaan ‘n lig, kompleet . Neem 1 blikbord, 1 blik mengbak en 1 gebruikte kerriebakkie op hulle koppe gedraai en behendig aanmekaargesit. John ontwerp die praktiese kant en ek as selfaangestelde hulprbronbestuiurder kry die spuitverf om ook die toebehoor te “re-invent” Liggies was nog altyd die Chinese se voorland en daar is niks wat by Builders Warehouse is wat hulle nie ook het nie – vir die helfte van die prys! Dit is dus die plek om die toonbankliggies by te kry. Sedert my kind se toer in die Midde-Ooste, dink ek anders oor die Chinese by Hillfox. Dis mense met stories. Vreemdelinge in ‘n Christenland. Ek knoop ‘n geselsie aan met die eienaar van die liggieswinkel en vind uit hy het in China ‘n Bybelkorrespondensiekursus gedoen. Ek sal moet terugkom. God laat sy lig skyn oor almal in die groot wêreld wat baie klein geword het.
Die tweedelaaste uitvindsel is om ‘n braairooster se “mesh” te gebruik vir die oop rakke in die kombuis. John kan egter nie weer sweis in die garage waar hy nou slegs 1 vierkante meter werkspasie oor het nie. Hierdie jobbie sal uitgekontrakteer moet word. Tienie Pitzer en Tony kom tot my redding en doen ‘n netjiese stuk werk. Dankie, Here vir wonderlike mense in Johannesburg – ek sal moet betaal met brood. O, ja net op in dieselfde straat daar naby die plakkerskamp adverteer ‘n man al jare lank sy granietbesigheid. Ek soek nog ‘n blad vir die eiland, ene wat meer hitte en morsbestand is as die sement. Daar op die plot staan die rou stukke marmer, quarts, granieten Ceaser stone rond, wag om geslyp te word. Ek is tevrede met ‘n ongeslypte afvalstuk en na drie pogings om die sware stuk klip in en op ons Volkswagenstasiewa” bakkie” te laai, laai ek dit, gratis en verniet hier by die huis af. Ek skuld nou nog ‘n vars brood aan die weldoener.
Die idée is om ietsie van Ouma se kombuis te kombineer met 2013 se funksionaliteit – so die kassies kort ‘n “distressed” look. Ek is amptelik afgedank as verwer, maar doen huiswerk op die internet. My oefenpogings lyk amateuragtig en toe ontmoet ek ‘n nuwe vriendin in Johannesburg – Julia bly ‘n klipgooi ver en is ‘ kunstenaar van beroep. Sy kom kyk en bied aan om die finale opknapping ook teen die prys van ‘n Ciabata werkswinkel vir ons te kom doen. Ons kuier heerlik saam en ek sê dankie vir die seën van nuwe vriende en sien uit na nog baie kuiers in die “ou” nuwe kombuis. Kitchens is a place where friends and family meet …
Môre verjaar ek en gaan vir die eerste keer in Johannesburg vriendinne nooi vir middagtee (eintlik kaaskoek en koffie) Ek verdien nie ‘n huis nie – ook nie ‘n droomkombuis nie. Mag die gawe van gasvryheid God se koninkryk laat kom – ook in Johannesburg.
En o, ja as iemand êrens ‘n “Before en After’ huis/kombuis kompetisie sien – laat weet tog. Ons het foto’s om dit te staaf en ek gaan my man inskryf! Hy gaan nie net ‘n finalis wees nie. Hy gaan wen!

DIE GROOTSE GESIN ONTMOETING

September 10, 2013 in Sonder kategorie

Dit was in Augustus wat ek en John ons groot buitelandse reis as deel van toerusting van ons bediening by Petra Kollege met die hele gesin aangepak het – amper 20 jaar gelede. Sal ons ooit ons hout loft in Kilzimmer, Switerland met rêrige koeie met klokke buite ons dakvenster of John se verjaardag in die Alpe vergeet? Die vertrekdatum van die gesinsreis is so sterk deel van ons familiegeskiedenis dat John nou nog sy gesinsgenote jaarliks herinner om die 12de Augustus “Kamerika day” te vier. Ons moet almal waar ons ook al is iets soos ‘n Dunkin Donut of Cinnabon of Swistserse croissant gaan koop en geniet en onthou. ..
En toe hierdie jaar 23 Augustus was dit sowaar weer tyd vir die Huisamen familie om saam in die buiteland te reis , nie sommer sulke buiteland nie, in die Bybelland, Turkye. Danksy ons jongste! As daar een wêreld is wat John en ek as ‘n bestemming sou kies, dan is dit Klein Asië soos wat dit agter in My rooi Bybel bekendstaan. Om die stofstrate waar Paulus en Timotheus, Akwilla en Priscilla, Erastus en Gaius, Aristargos en die liewe dissipel Johannes geloop het, op te soek. is nie almal beskore nie. Die uitnodiging van Global Challenge se kant af vir die ouers om by hulle kinders aan te sluit op hulle jaarlange mission trip en in Istanbul te ontmoet, het ons dus nie twee keer laat dink nie. Ons “first born” sit al ‘n jaar lank sorgvuldig vakansiegeldjies eenkant en sy bly dus nie agter nie. Die hele jaar lank kuier ons niks, want Augustus kom . Die opwinding is amper te groot – soos voor my troue – sê nou die wederkoms kom voor ons op Planeet Aarde weer bymekaar is. As ons eers daar is , is dit ok, dan is ons selfs nader aan Jerusalem.
Toe ek in die beplanning van ons tyd daar by John hoor wat hy die graagste sal wou sien of doen, was hy baie duidelik.: “Ek wil net weer my kinders vashou – die res kan ek gaan google.”
Ons eerste ontmoeting was dus op Dubai lughawe waar Caryn toe al 11 ure vir ons wag. Dit was groots en behalwe dat sy nie nou heeltemal meer kan agteroorbommelakiesie teen John se skouers op nie, is sy nog klein genoeg om te kan spring in ons arms. Ons kies die lekkerste leer stoele by die dure Hage Das en deel ‘n roomys om daar te kan sit en gesels en gesels tot ons vlug Istanbul toe.
Intussen het die ander ouers almal by ons aangesluit en sommer uit die staanspoor ek ‘n diep gewaarwording van ‘n Groter Gesin wat herenig. Die Fölschers van Brandvlei, Ria van Fochville en Karen, Maryke se mammie van Benoni Anita , Jacques en Leanie van Pretoria en Doep en sy vrou ook hier uit die Noorde. Almal ewe opgewonde om hulle kinders 8 maande ver op hulle jaarlange “journey” hier in die vreemde vir die eerste keer weer te sien. In Istanbul wag die Gobal span ons in. Ons hou nie terug nie en drafstap hardloop ons jong vrou-kind in die vêr land tegemoet.
Mama Riekies kom ook maar min uit so ek “oe” en “aa” oor alles wat ek sien op die trem Istanbul stad toe. Aangenaam verras oor die standaard van backpackers in die middel van die ou stad, maak ons ons vinnig tuis in die grootgenoeg kamer vir ons hele huis, ontmoet die leiers en vat toe die klipsteenpaadjies Konstantinopel in.
“Taste your way through Istandbul” het die tydskrif , aanbeveel. Ons wonder net wie gaan al die baklava in die vensters eet as ons hulle nie help nie. Caryn probeer die vars uitgedrukte granaatsap en spaar sommer op ‘n hele dosis Vitamien C die res van die maand. Lize kan nie wag om ons aan die amusante roomysman met sy truuks en bietjie later aan ‘n eg , turkse koffiekie bekend te stel nie. So af en toe moet ons net weer vat aan mekaar om te weet dis rërig. Ons is hier – die gesin herenig na 6 maande wat soos 6 jaar voel.
Gelukkig vir John is die Grand Bazaar op ‘n Sondag toe en hoef hy behalwe by ‘n matwinkel of twee nie by winkeltjies te stop of the shop nie. Die Haga Sophia was groot en buitekant die Blue Mosque moet ons nog ‘n teleurgestelde Turk agterlaat toe ons nie na sy matte wil kyk nie. Ek is ook hier om ‘n mat te koop, maar mens besef gou, dit kan jou hele dag in beslag neem. En die verkoosptegniek is oral baie dieselfde: “Where are you from? O South Africa. Come, look – you don’t have to buy “ “First customer” Best price”, “Its our family business,” “ you can pay later,.” En dan die verfrissende appeltee in die glaskoppietjies – wat ‘n gasvrye nasie! Die Turke kruip onder mens se vel in. Dis asof ek sommer nou vir Paulus beter ken. Soveel charisma en soveel humor en briljante bemarkers, die mense . Sowaar ‘n uitstekende plan om die evangelie aan die boorling van Tarsus en sy trawante toe te vertrou. En die manne moes murg in hulle pype hê om dwasdeur Anatolia, te voet en te perd en te see soveel kilometers af te lê in die uitmergelende hitte. Die naaste wat ons daaraan kon kom is om Efese vanaf Selcuk met die ysterperde te begroet, en het dit amper nie eers gemaak nie. Op een van die baie klippe onder die naaste koelteboom lees Lize vir ons uit Handelinge – ons bid oop oë, en sukkel nog om die grootheid van diie biblioteek en ouditorium en die ou stad heeltemal te begryp. Ons is hier saam met ‘n Groter Gesin, en toe ons verby die ou stadion met ons fietse ry, toe verbeel ek my of ek hoor ‘n skare geloofsgetuies ritmies handeklap en roep: “Hou so vol, Hou so vol. Gibela Phambili, Doe so voort.”
In Bergama deel Annemarie haar hart uit die brief van Johannes aan die ou stad Pergagum . Haar opgewondenheid oor die Groot Builof en haar liefde vir die Hemelse Bruidgeom straal uit die blou oë van die alleenvrou . Wat ‘n formidabele leier vir ons en ons kinders! Ons sit voorwaar aan die voete van Gamaliël en sal hierdie toer vir geen ander kommersiële toergeselspak wil verruil nie.
Ons dwaal tussen die legkaartstukke bo op Pergamum – John was van kleins af beter as ons almal in legkaartbou en geniet elke oomblik van die rondstaan tussen randstukke en hoeke soek. Ek en Caryn is meer gefassineer oor die uitsig van bo af en wonder hoe het die kos onder uit die vallei bo in die dorpie gekom. Op ons terugpad na ons verblyf by die gastehuis kan ek dan ook nie die versoeking weerstaan om ‘n sak bloedrooi peppers en vars Adamsvye te koop in ‘n nou straatjie nie. Die gasvrou by die eenvoudige, maar netjiese gastehuis is ons eerste kennismaking met die vroue in die land – die mans is volop in die strate en die wat nie verkoop nie, is stoepsitters wat die boere in die Kooperasie en die vroue in Johannesburg na amateurs sal laat lyk. Hulle kan vir jou sit en koffie drink die hele dag lank. Ons gasvrou kruip dadelik in ons harte in en verduidelik vir my hoe ek met die salie tee kan maak. Ek pluk ‘n bossie salie om saam te bring huis toe en om te onthou…
Die eerste paar dae op die toerword gegun vir ons as ouers om genoeg na ons kinders en hulle reis na buite en binne te luister, nog te luister, diep te luister. Miskien sal hierdie sendingreis, Northbound 2013 nie in die Bybel opgeteken word soos Paulus sin nie, maar ons besef dis net so outentiek, so uitdagend, so lewensveranderd, so verrykend, so benouend en so verrassend soos wat Johannes Markus en Paulus en die ander dit moes vind. En ons is diep dankbaar vir elke stukkie groei wat lewensgroot voor ons sit in ons “last born”. Niks sal ooit weer dieselfde wees nie. Dankie Here. U hoor nou nog Paulus en ander van ons se gebede vir die Efesiërs en vir ons kinders.
“I could not stop thanking god for you every time I think of you and give thanks But I do more than that. I ask. I ask the god of our Master Jesus Christ the God of glory to make you intelligent and discerning in knowing him personally. Your eyes focused and clear so that you can see exactly what it is he is calling you to do, grasp the immensity of the glorious way of life which he has for Christians, oh the utter extravagance of his work in us who trust him – endless energy, boundless strength!
In Pamukele het ons Klein Gesin tyd . Die Huisamens gaan groot en ek bespreek vir ons in ‘n klein hotelletjie, ‘n eerste vir ons klomp. Caryn, soos haar Ouma Rinette, erken sy sal kan doen met marmer onder die voete. Dis ‘n groot bederf en teen ‘n goeie prys
In Kusadasi se karavaanpark het ons tyd vir kampvuurkuiers rondom ‘n geleende braai van ‘n kampeerder wat oënskynlik nie gou terugkeer nie. Ek word ontdek as Turkse kokkedoor en bied aan om die Griekse Phyllo pastry wat verkeerdelik vir wraps aangekoop is te omtower in ‘n tradisioneel Turkse maaltyd, genaamd Borek. Daar is niks wat Google nie weet nie en ek kry gou ‘n idée hoe om die aankoop te verwerk. Die kampplek het egter nie ‘n oond van ‘n aard nie, ook nie ‘n skottel nie. Sonder taal en sonder skaamte benader ek die vreindelike Turke in die naaste restaurant om te hoor of ons ‘n skottel en hulle oond kan gebruik om die gereg in te bak. Hulle stem in en daai aand eet ons Borek en ratatouille asof ons ou vrinne lank al in die land is. Die ouers en die res van die geselskap , Erna, Nittzie, Marion van Global Challenge voel eintlik al baie meer soos familie as ou vrinne. Diep mense met ‘n diep gedeelde liefde vir die Here en vir jongmense en die nasies.
Ek het vergeet om te noem van ons uiteetprobeerslae. Dit was die reuse wraps, alias pancakes en die mamas wat dit op groot oop skottels reg in die ingang van die plaaslike restaurante sit en maak wat ons ingelok het – dis mos hoeka een van die Huisamens se signature disse. Die hoogtepunt van die uiteet was egter eerder klein Sonet soos ons haar gedoop het, verfaard vol selfvertroue kom plak sy een na die ander dis wat ons nie bestel het nie voor ons neer. Twee dae later in die legendariese dorpie Sirengi bedien ene Yusuf, 12 jarige jonge knaap ons. Hy is net so ‘n karakter en behalwe vir die Cola wat Finito is, was die “pancakes” lekker warm en outentiek . Ons seën die kos en bid saggies vir Yusuf – dat hy sy naam sal ken
Terug in die kamp bestudeer ons saam van die briewe en stories wat juis hier gebore is en wat in die Groot Boek opgeteken is. In die uitspeel van Paulus se sendingreise in die eerste persoon, kom daar verrassende talent ook onder die ouers na vore en jonk en oud skaterlag vir Johan van Brandvlei in sy Bybelse mondering, die ene Paulus en sy vrou alias Silas tydens hulle vertelling.
Ek het ‘n diep belewenis van ‘n Groter Gesin wat onder ons velle kom inkruip. Amper soos Lize hulle in elke land op hulle reis moes voel met die ontmoeting van mede gelowiges.
Sondag ontmoet die span juis weer so ‘n groepie spesiale mense, met ‘n merkwaardige storie hier in die einste hawestad. Dit was een van Global se jong manne wat ‘n paar jaar terug op die strand sit en Bybel lees het, toe ‘n inwoner hom sien en naderstap. “Young man are you reading the word of God?” he said. Dit was die begin van ‘n ontmoeting met die Global span , die begin van ‘n gemeentetjie deur ‘n Turk wat in Switerrland gaan bly het, in die Alpe vir Jesus in ‘n droom ontmoet het en na al die jare teruggekom het na sy tuisdorp omdat hy die Goeie Nuus nie langer vir homself kon hou nie. Hy het net ‘n bietjie aanmoediging nodig gehad en daar in die karavaanpark saam met die Suid-Afrikaanse jongmense het God hom kom bemoedig. Vandag bemoedig die storie ons meer as wat hy dalk besef. Dankie Here vir buitengewone ontmoetings met lede van die Groter Gesin.
Die tyd loop uit en ons moet terug. Ons harte loop oor. Ons los ons kind deel van groter storie as net die Huisamens van SA.
Terwyl die bomme die een na die ander bars in die Midde-ooste en die buurlande van Anatolia brand, hoor ek die aanklag vanaf Patmos teen Efese: “Ek het dit dit teen julle dat julle julle eerste liefde verlaat het, en ek pleit, Jesus mag U ons Eerste Liefde bly en mag ons getrou wees aan u laaste wens – dat die nasies die waarheid wat vrymaak sal hoor. Dankie vir hemelse ontmoetings met mekaar en met U en met ou wêrelde . Dankie vir nuwe ywer vir U koninkryk.”
Op die 23ste Augustus sal ons voortaan Baklava met groen pistachio eet of Turkish Delight of appeltee drink of Turkse koffie in klein koppietjies al is die helfte daarvan ene moer. Ons was daar, saam-saam en het gesien en geproe. Al was dit ons beste este tyd saam as gesin, weet ek, dit was nog maar ‘n voorsmakie….