You are browsing the archive for 2019 July.

Ons mis oom Rudolf | We miss oom Rudolf

July 15, 2019 in Uncategorized

Oom Rudolf

Ons wil graag hierdie spesiale storie van een van ons personeellede met u deel.

“Ek was besig op my rekenaar toe sy my kantoor binnestap, geklee in ‘n kort sportbroekie met ‘n helder hempie. Dis die eerste keer dat sy na my kantoor toe kom. Sy kom staan vas teen my en vra: “Mis tannie vir Oom Rudolf?”

Ek is bietjie onkant gevang, maar antwoord: ”Natuurlik mis ek hom”.

Sy begin in die boks met promosiemateriaal op my tafel krap.

Ek skraap die moed bymekaar en vra haar: ”Wat mis jy van Oom Rudolf”.

Die antwoord kom vinnig: “Alles tannie”.

“Maar wat mis jy die meeste?” vra ek.

Sy glimlag en antwoord skamerig: “Dat hy altyd met my gepraat het”.

Wat ’n wonderlike nalatenskap het Rudolf nie vir ons kinders gegee nie. Sy afsterwe laat ‘n groot leemte, maar hy sal voortleef in ons kinders se lewenstories.

Borg ‘n kind – R100 per maand maak ‘n enorme verskil.

http://durbanvillekinderhuis.org.za/

One of our staff members shared this story.

She walked into the office and asked: “Do you also miss oom Rudolf?”

“I do,” I said. “What do you miss about him, though?”

She smiled shyly: “He always spoke to me.”

Sponsor a child – R100 per month makes a large difference.

http://durbanvillekinderhuis.org.za/