Twee Oseane: Kaalvoet vir ons kinders

April 19, 2017 in Uncategorized

Die Durbanville Kinderhuis se kaalvoetambassadeur het die naweek die nuus gehaal toe hy die Old Mutual Twee Oseane Marathon oor 56 km kaalvoet gehardloop het.

Izak de Vries het namens die Durbanville Kinderhuis se hardloopklub, #runFAST, deelgeneem. Sy klublid, Peter Taylor, het die ook afstand kaalvoet gehardloop – Taylor het dit gedoen vir die Gidshondvereninging.

Op 17 April het Denique Smith oor dié twee berig. Lees die volledige berig op Netwerk24 hier:

Izak het aan haar gesê:

Ek het besef ek kan langer afstande kaalvoet hardloop. Daarna het my klub vir my gesê as ek dit gaan doen, is dit die moeite werd om ’n liefdadigheid daaraan te koppel. Ek is vir jare lank nou al betrokke by die Durbanville Kinderhuis, en ek het hulle gekontak en gevra of ek namens hulle kan hardloop. Hulle het my onlangs ’n ambassadeur van die kinderhuis gemaak.

Ons hardloopklub, #runFAST, het nou mooi hempies, maar van ons atlete het nog goeie hardloopskoene nodig.

Klik hier om uit te vind hoe jy kan help.

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *