Die gesig van 2020 se Olimpiese Spele?

September 14, 2016 in Uncategorized

(Is this the face of the 2020 Olympics? See English below.)

bbf16-09-13-kinderhuis-ajv-7675

By die Durbanville Kinderhuis streef ons daarna om elke kind met ’n droom toe te rus. Bronwyn George*, weet presies wat sy droom is: Hy wil in 2020 vir Suid-Afrika aan die 5000m deelneem in die Olimpiese Spele.

Dit het alles vir Bronwyn begin toe hy saam met Jana van Rensburg en haar man, Jacques, aan een van die Durbanville Kinderhuis se veldlope deelgeneem het. Bronwyn het die ander deelnemers te pletter gehardloop.

Jana en Jacques is self kranige hardlopers en hulle het besluit om Bronwyn meer gereeld saam te neem na wedlope toe. (Jana werk as bemarker en fondswerwer vir die Kinderhuis.)

Nou is daar geen keer meer aan Bronwyn nie – hy het onlangs sy WP-skolekleure verdien in landloop en die pragtige skoene op die foto’s het hy ook gewen tydens ’n wedloop.

Dit is egter nie al nie. Op Sondag 11 September het hy ’n goue medalje gewen tydens die Cell C Day of Races. Sy tyd oor die 5 km was ’n ongelooflike 16:06. (Hier is ’n berig waarin melding gemaak van sy prestasie.)

Nou is die vraag: Kan Bronwyn George teen 2020 vir die Olimpiese Spele kwalifiseer?  Om ’n 13:25 te hardloop sit nie in enige ou se skoene nie, maar ons gaan saam met Bronwyn George droom – en ons gaan hom ondersteun so ver ons kan. Danksy ons ondersteuners kan ons vir Bronwyn help; en ons waardeer elke skenking wat van ons donateurs kom.

Jy kan ook ’n verskil maak. Kliek hier om meer uit te vind.

bl16-09-13-kinderhuis-ajv-7676

At the Durbanville Children’s Home, we strive to equip every child with a dream. Bronwyn George** knows exactly what his dream is: He wants to represent South Africa in the 5000m during the 2020 Olympics.

It all started for Bronwyn when Jana van Rensburg and her husband, Jacques, took Bronwyn along to participate in one of the Durbanville Children’s Home’s trail runs. Bronwyn obliterated the other participants.

Jana and Jacques, who are avid runners, decided to take Bronwyn along to more races. (Jana works as a marketing and fund-raising assistant at the Durbanville Children’s Home.)

Now there is no stopping Bronwyn – he has recently earned his Western-Province Schools colours in cross country and the beautiful shoes he is wearing, he won by running for them.

That is not all. On Sunday, September 11, Bronwyn won gold at the Cell C Day of Races. His time over the 5km was an incredible 16:06. (Here is a news report in which his performance is mentioned.)

Now for the question: Can Bronwyn George qualify for the Olympics in 2020? To run a 13:25 is not easy, but we will support Bronwyn to chase his dream.

Thanks to our supporters we can help Bronwyn and we appreciate every donation that comes from our donors.

You too can make a difference to Bronwyn and others like him, please click here to see how.

bl16-09-13-kinderhuis-ajv-7674

*Gereelde lesers sal weet: dit is selde dat ons die geleentheid kry om ons kinders se name en gesigte te noem, maar in hierdie geval mag ons.

**Frequent readers will know: we seldom have the opportunity to name our children and to show their faces, but in Bronwyn’s case we are allowed to.

0 responses to Die gesig van 2020 se Olimpiese Spele?

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

1 trackback