You are browsing the archive for 2016 May.

’n Sprong na die onbekende / A leap into the unknown

May 27, 2016 in Uncategorized

(English below)

wings

Een van ons ouer meisies is eerlik oor haar toekoms. Sy weet nie wat wag op haar nie. Ons lei ons kinders op vir die dag dat hulle die veilige hawe van die Durbanville Kinderhuis moet verlaat. Baie van hulle kom gereeld terug om in te loer. Ons verwelkom dit.

Vir diegene wat nie weet nie, ons het selfs ’n huis vir skoolverlaters wat te oud is vir die Kinderhuis, maar nog besig is om hulle vlerke te vind.

Geniet haar storie. Sy het dit in albei tale met ons gedeel.

Kind bekend as: Meisie 18

Taal: Tweetalig, Afrikaans en Engels

Verjaarsdag: 27 Oktober

Ouderdom: 18

Skool: Durbanville

Graad: 11

Gunstelingkleur: Rooi

Wat doen jy graag? Sing, dans en baie pret maak

Wat wil jy word as jy groot is? Ek weet nie

Jy word hartseer as: Ek moet skool toe gaan

Jy word bly as: Ek my vriende sien

Grootte van T-hemp: M

Grootte van broek of rok: M

Skoengrootte: 5

ss 16 05 27

One of our older kids gives a frank interview about her future. We train and nurture our kids for the day that they would need to leave the protective environment of the Durbanville Children’s Home. Many remain close to us and we welcome that.

For those who do not know: We even have a facility for those who are too old for the Home, but not yet ready to fly solo.

Enjoy her answers. She answered in Afrikaans and English, so we share her story in both languages.

Child known as: Girl 18

Language: Bilingual, Afrikaans and English

Birthday: 27 October

Age: 18

School: Durbanville

Grade: 11

Favourite colour: Red

What do you like doing? Singing, dancing and having lots of fun

What do you want to be when you grow up? I don’t know

You feel sad when: I have to go to school

You feel glad when: I see my friends

Size of T-shirt: M

Size of shorts or skirt: M

Shoe size: 5

Reach for the sky, young athlete!

May 24, 2016 in Uncategorized

Child known as: Girl 10

Language: English

Birthday: 25 July

Age: 10

School: The Valley

Grade: 4

Favourite colour: Pink

What do you like doing? I like swimming

What do you want to be when you grow up? I want to be an athlete

You feel sad when: They talk about my family

You feel glad when: My family comes to visit

Size of T-shirt: 10 – 11

Size of shorts or skirt: 11 – 12

Shoe size: 4

g10 16 05 23

Ons is op Kwêla die week!

May 22, 2016 in Uncategorized

bl izak de vries kwela

Kuier Woensdagaand by die Durbanville Kinderhuis saam met Izak de Vries wat dié naweek die Comrades-marathon kaalvoet gaan hardloop.

Kyk saam! Woensdagaand, 25 Mei, in Kwêla op  kykNET (DSTV), kanaal 144 om 20:00. 

Lees ook:

144 redes vir ‘n lafaard om sonder skoene te hardloop

144 reasons for a coward to run without shoes

blog 144 redes

Wat is nog op Kwêla die week?

Leer matras bou by Mats Papendorf en Dalleen Mulder op Witrivier.

Pieter gaan terug na sy alma mater, die Drakies, wat volgende jaar 50 jaar oud word!

Kwêla praat oor forensiese-moord-ondersoeke met Thomas Mollett in Piketberg.

Dan kondig hulle die algehele wenner vir 2016 in die Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie aan.

*

Dis alles Woensdagaand, 25 Mei, in Kwêla op  kykNET (DSTV), kanaal 144 om 20:00.

Kwêla-herhalings is as volg:

Donderdae, 15:30

Vrydae, 10:00

Saterdae, 18:00

Sondae, 13:00

Maandae, 08:30

*

Skenkings kan hier gemaak word: https://www.givengain.com/ap/barefootrunnerforkids/

You can donate here: https://www.givengain.com/ap/barefootrunnerforkids/

Chanette Paul oor aanneming, geweld en gulhartigheid

May 20, 2016 in Uncategorized

“Ek was omtrent so agt jaar oud toe my ma op ’n dag vir my ’n glas melk en koekies na my kamer gebring, by my kom sit en vir my vertel het.” Chanette Paul

Chanette Paul is ’n baie bekende skrywer. Sy het onlangs geld geskenk aan ons skoolskoenprojek en het baie moeite gedoen om ander skrywers uit te daag om dieselfde te doen.

Izak de Vries is nie net ’n kaalvoethardloper nie, hy is ’n joernalis ook. Hy het hierdie onderhoud namens ons gedoen.

Chanette Paul deur Ian Dennewill

Skrywer Chanette Paul

Foto: Ian Dennewill

Chanette Paul is een van Suid-Afrika se groot spanningskrywers. Sedert die begin van 2013 was sy reeds meer as 100 keer op die weeklikse, landswye topverkoperlyste, soos gemeet deur amptelike boekwinkelverkope. Dink aan die hoeveelheid weke wat daar in ’n jaar is, dan word hierdie prestasie skerper omlyn. Sy het ook die Lekkerlitprys, wat deur lesers toegeken word, drie maal in ’n ry ingepalm.

Paul is ook een van die skrywers wat baie moeite doen om die Durbanville Kinderhuis te steun. Nie net het sy geld geskenk nie, sy het ook haar naam en facebook-profiel daaraan gekoppel om medeskrywers aan te moedig om geld te skenk vir die Durbanville Kinderhuis se skoolskoenfonds.

Izak: Soveel van jou boeke raak kwessies aan wat gereeld deur Kinderhuiskinders ervaar word. Met Offerlam, wat ook jou deurbraak in Europa beteken het, word die kwessie van emosionele geweld binne gesinne duidelik onderstreep. Offerlam het grootliks te make met ’n kind se soeke na haar wortels; juis omdat sy as baie klein dogtertjie deur haar ma versaak is. Waarom so ’n onderwerp aanpak?

Chanette: Ek is self ʼn aangenome kind en ek weet hoe dit voel om nie te weet waar jy vandaan kom nie. Die feit dat jou biologiese moeder jou afgeteken het, dus besluit het sy wil (of kan) jou nie grootmaak nie, het ’n geweldige impak op ’n mens. Dis seker die grootste vorm van verwerping wat ’n mens kan ondervind.

Daar is egter altyd redes daarvoor en ek dink enigeen wat uitvind hulle is aangeneem, wil graag weet wie hulle ouers is en waarom hulle jou laat aanneem het. Jy weet die kanse dat jy nog seerder gemaak gaan word, dat die redes daaragter meesal nie edel is nie, is groot, maar die drang om te weet, bly daar.

Ek het al dikwels gewonder hoe dit moet voel om as volwassene vir die eerste keer uit te vind. Ek dink dis danksy daardie gewonder dat Caz vir my gestalte aangeneem het.

Izak: Jy het al tevore in die openbaar gesê dat jy self ’n aangenome kind is. Hoe verskil jou ervaring van aangeneem wees van dié van jou hoofkarakter?

Chanette: Ek was omtrent so agt jaar oud toe my ma op ’n dag vir my ’n glas melk en koekies na my kamer gebring, by my kom sit en vir my vertel het. Sy het dit op die mooiste manier denkbaar gedoen. Sy het gesê sy en my pa kon nie kinders van hulle eie hê nie en dat hulle baie graag ’n babatjie wou hê. Hulle het toe hulle name opgegee vir aanneming en die Here het my na hulle gestuur. Sy het my verseker dat hulle my liewer het as wat hulle enige eie kind kon gehad het.

Waar ek as kind tyd gehad het om gewoond te raak aan die gedagte, nog voor ek te analities daaroor kon wees, word Caz aan die diepkant ingegooi.

Caz vind eers uit op twee en vyftigjarige ouderdom en op die wreedste manier denkbaar. Boonop het sy haar hele lewe lank verwerping ondervind in haar aangenome gesin ook, terwyl ek liefdevolle aanneemouers gehad het.

Die hele emosionele speelveld asook die intellektuele verwerking daarvan verskil dus.

Maar daar is ook ’n paar ander ooreenkomste en verskille tussen my en haar ervaring.

Caz word groot as ’n verworpeling as gevolg van ’n hele paar oorsake. Haar ouers is nie Suid-Afrikaners nie en ken nie die geskiedenis of gewoontes van die land nie – hulle is inkomelinge. Daarenteen was my ma wel ’n Nederlander, maar my pa was ’n gebore Suid-Afrikaner.

Caz is ’n laatlam, daar is ’n elf jaar gaping tussen haar en haar suster. Sy lyk anders as haar suster en ouers, sy is besonder lank en sy voel vervreem van ander kinders op skool. Haar suster is jaloers op haar en haar pa steur hom nie aan haar nie.

Ek daarenteen was ’n enigste kind en ek het nogal baie op my ma getrek. Ek was wel meestal die langste kind in die klas en vir ’n meisiekind is dit ’n straf.

Die groot verskil lê egter daarin dat Caz se ma ’n nydige, negatiewe persoon was. My ma was die liefdevolste mens op die aarde en my pa was ook baie lief vir my. Al was daar probleme in ons gesin, het ek nooit aan my ma en pa se liefde vir my getwyfel nie.

Caz het nie daardie voorreg gehad nie, inteendeel.

Izak: Caz Colijn, die hoofkarakter in Offerlam, het ’n baie moeilike verhouding met haar aanneemma, soos jy hierbo noem, tog het sy ’n mooi verhouding met haar dogter. Die dogter word egter groot sonder om haar pa te ken. Wil jy vlugtig daaroor iets sê?

Chanette: Caz weet hoe dit voel om binne ʼn gesin verworpe te wees, al vind sy eers so laat in haar lewe uit waarom en tot watter mate sy eintlik verwerp is.

Ek dink sy het onbewustelik ’n man en skoonfamilie gekies wat sy gedink het standvastigheid vir haar kinders sal kan gee sodat hulle nooit verwerp sal voel nie. Soos meeste ouers, wou sy hê haar kind moet in beter omstandighede as sy grootword.

Toe haar dogter egter “uitsonderlik” gebore word, word sy en haar dogter weer eens verwerp.

Dit, voel ek, het Caz net nog meer vasberade gemaak om binne die omstandighede die beste moontlike ma vir haar kind te wees. Om vir haar ’n liefdevolle tuiste te gee, juis omdat soveel dinge teen hulle tel. Ek dink dis juis Caz se behoefte aan liefde en aanvaarding wat daartoe bygedra het dat sy ’n liefdevolle ma kon word en haar uitsonderlike dogter tot die dood toe bystaan en probeer beskerm.

Terloops, in Offerande, Offerlam se opvolg, ontmoet Lilah haar pa. ☺

Izak: Ha! Die internet gons reeds oor Offerlam se opvolger. So die titel is Offerande? Wanneer verwag ons dit?

Chanette: Ek word bietjie deur lesers verwyt dat hulle so lank moet wag vir die opvolg, maar ek skryf so ywerig as wat ek kan daaraan. Ja, die titel is Offerande en die boek behoort in Oktober op die rak te wees.

Izak: Jy skryf ten eerste om te vermaak. Tog, regdeur jou oeuvre skram jy nooit weg van aktuele onderwerpe nie. Gesinsgeweld – in vele vorme – is deel van jou skryfwerk. Dit is iets wat talle Kinderhuiskinders aan eie bas voel. (Letterlik.) Vind jy dat jou lesers hiermee identifiseer, of hoekom is dit vir jou belangrik om daaroor te skryf?

Chanette: Net omdat ’n mens ontspanningsfiksie skryf, beteken dit nie dat jy nie ernstige onderwerpe kan betrek nie. Soos André P. Brink gesê het, Suid-Afrikaanse misdaadfiksie is die nuwe littérature engagée, oftewel betrokke literatuur, hier te lande.

Gesinsgeweld en spesifiek emosionele geweld is vir my die gemeenste soort geweld wat daar is omdat dit uitgedeel word deur mense wat veronderstel is om alle feil vir jou te hê, wat veronderstel is om jou lief te hê.

Daar is baie boeke wat dit het oor fisieke geweld en hoewel ek dit nie uitsluit uit my stories nie, dink ek emosionele geweld – wat dikwels die voorloper is van ernstige fisieke geweld – en die gevolge daarvan, word nie genoeg beklemtoon nie.

Vir my is emosionele geweld die vernietigendste soort wat daar is. Dis ’n skelm, agterbakse soort geweld. As slagoffer kan jy nie na iemand toe gaan en sê kyk hoe het my man of pa of ma of ’n boelie my geslaan nie. Daar is geen uiterlike bewyse nie. Die blou kolle, kneusplekke en wonde lê veel dieper. Die slagoffer besef dikwels self nie – tot dit te laat is – dat hy of sy daaraan onderworpe is nie.

Ek hoop om met my boeke beter begrip vir emosionele geweld te kweek. Al is daar net een persoon wat een van my stories lees en besef maar, magtig, hoekom verduur ek hierdie afknouery en afkrakery, dis niks anders as sielemoord nie, is my hele skryfloopbaan die moeite werd.

Om myself op emosionele vlak te beskerm, skryf ek nie oor geweld – emosioneel of andersins – teenoor kinders nie. Nie vanuit ʼn onmiddellike perspektief nie. Daar is vir my geen groter boosheid as kinders wat geweld aangedoen word nie.

Izak: Laastens. Dis lekker om te sien hoe goed Afrikaanse fiksie doen. Offerlam is reeds in Nederlands vertaal en daar is ook sprake van ’n Engelse vertaling. Wil jy iets uit die mou laat?

Chanette: Ek is baie opgewonde oor die vertalings. Dis vir my baie spesiaal dat Offerlam in België en Nederland gelees word, veral omdat my ma Nederlands van geboorte was.

Die vertaler werk tans aan die Engelse weergawe en dit is nou weer vir my ekstra opwindend omdat Engels so wyd gelees word. In Engels bereik mens ʼn veel groter gehoor, maar ook ’n gehoor wat jou werk nie ken nie en dalk anders daaroor sal voel as jou huidige lesers. Daar is dus so ’n bietjie angs by die opwinding.

Ons hoop dat Sacrificed (voorlopige titel) teen die einde van die jaar sal verskyn, moontlik in November.

* * *

Lees meer hier: http://www.chanettepaul.co.za/

Hoe kan jy help?

Afrikaans, skoolskoene en ’n lekker pot hoendersop

May 18, 2016 in Uncategorized

Vandag gebeur iets heeltemal anders op ons blog. Ons het ’n gas wat hier skryf.

Dine van Zyl is ’n veelbekroonde skrywer, koskenner, joernalis en TV-persoonlikheid. Sy het onlangs ’n bydrae gemaak tot ons skoolskoenfonds, maar het ook moeite gedoen om oor ons fondsinsameling te praat in haar nuusbrief.

Ons deel nou, met haar toestemming, ’n deel van die nuusbrief hier op ons blog.

d hoendersop

Afrikaans, skoolskoene en ‘n lekker pot hoendersop

ʼn Mens se kultuur is deel van sy psige. Dit is waar hy vandaan kom en wie hy is. Dit is waarna hy hunker en wat hy wil nalaat.

Jy kan ver paaie loop en baie dinge sien, tot iets eendag aan jou hart kom ruk. Jy ruik brood wat bak in die oond, hoor viskoekies raas in die pan, lees onverwags ʼn gedig van Breyten.

Miskien hoor jy iemand Afrikaans praat, vol van die beeldspraak en humor wat jy verstaan, wat jou skielik laat besef waar jy hoort.

Jy dra koesterklanke met jou saam. Jy dra jou taal in die uitspraak van jou huis en jou omgewing. Jy dra jou liedjies en jou versies.

Die rieldans, of jy self meedoen of net kyk, is ook deel van ons gemeenskaplike kultuur, net soos die Kinderbybel, suurklontjies en toktokkie speel op ʼn Vrydagaand.

Kos is deel van ons kultuur en ek het dit my missie gemaak om boerekos te bevorder, te bewaar en mense trots te maak daarop.

Taal is ook deel van ons kultuur. Die maklikste manier om jou kultuur te bewaar, is deur die taal te praat.

Kaalvoet in die reën

Ek sien Hannon, die man wat vrouens wys hoe om mooi te lyk, dra jeans wat so stukkend is, ek sou my doodskaam as dit ek was. Kan iemand dit nie vir hom stop nie? Koop mens dit so gehawend? Liewe tyd.

Dit is maklik om stukkende klere te dra as jy weet daar is heel klere in die kas.

Net so is dit lekker om kaalvoet te loop as daar skoene in die kas is. Izak de Vries, die uitgewer, hardloop marathons om geld in te samel om skoolskoene te koop vir die Durbanville Kinderhuis. Hy doen dit kaalvoet. Kaalvoet!

So ʼn man moet ondersteun word. ʼn Paar skoolskoene kos R200 en ek het reeds my bydrae gemaak op https://www.givengain.com/ap/barefootrunnerforkids/

Daar is soveel welsyn waaraan mens kan besteë, dikwels beland die geld in ʼn donker gat. In hierdie geval weet ek presies waarheen my geld gaan, en dat ek twee paar skoene gekoop het. Ek gaan dit weer doen, want binnekort doen hy die Comrades vir die 10de keer, en vir sy eenman-veldtog doen hy dit sonder skoene. Die man se hart is reg.

d dapper

In hierdie huis hou ons van skoene (om te dra of te eet).

*

Hoenderroomsop

Hier is vir jou ʼn hoenderroomsop om oor huis toe te skryf. Dit kom uit Die Groot Boerekosboek.

1 klein hoender

5 ml (1 t) sout

5 ml (1 t) droë gemengde kruie

1 ui, fyngekap

15 ml (1 E) botter vir smoor

15 ml (1 E) kookolie vir smoor

2 knoffelhuisies, fyngekap

5 wonderpeperkorrels

1 wortel, fyngekap

125 ml (½ k) botterskorsie, in blokkies gekap

500 ml (2 k) fyngekapte sopseldery, stingels en al

bossie tuinkruie van 2 takke tiemie, 2 lourierblare, 1 takkie roosmaryn

2 ℓ warm hoenderaftreksel

250 ml (1 k) droë witwyn

Trek die hoender se vel af en gooi dit weg. Strooi sout en gemengde kruie oor die hoender en oondrooster dit teen 180 ˚C. Sny die vleis van die boude, dye en vleis af – jy het ongeveer twee koppies gaar vleis nodig – en gebruik die res van die karkas om hoenderaftreksel te kook (met uie, kookwater, wortels).

Smoor die ui in botter en kookolie, voeg die knoffel, wonderpeperkorrels, wortel en botterskorsie by en roerbraai. Vat ’n groot kastrol. Sny die hoendervleis in flentertjies en sit dit daarin. Sit die groentemengsel daarby. Voeg die sopseldery en bossie tuinkruie by en giet die warm hoenderaftreksel en witwyn by. Verhit stadig en kook vir ongeveer ’n uur. Proe en voeg sout of ’n klein bietjie witwyn by, indien nodig. Gooi die bossie tuinkruie weg.

Wenke

Hoenderroomsop: voeg 250 mℓ room aan die einde by. Vir ’n groter maaltyd, voeg nog ’n koppie pampoen of botterskorsie en vier aartappels, in blokkies gekap, by.

Dine van Zyl

“Ek kook – soms selfs in die kombuis.”

http://www.dinevanzyl.co.za/

*

Hoe kan jy, as leser ons help?

Outings with the Durbanville Children’s Home

May 17, 2016 in Uncategorized

Regular readers of our blog may have noticed that the majority of our kids say that their mother tongue is Afrikaans. This young girl is Xhosa speaking. She conducted the interview in English.

*

Child known as: Girl 12

Language: Xhosa

Birthday: 2 September

Age: 12

School: Trevor Manuel

Grade: 5

Favourite colour: Red and blue

What do you like doing? I like to swim and to play.

What do you want to be when you grow up? I want to be a hip-hop dancer and singer.

You feel sad when: Someone shouts at me.

You feel glad when: When my mom comes to visit and if I get a brother.

Size of T-shirt: 13 / 14

Size of shorts or skirt: 14 / 15

Shoe size: 5 / 6

*

She said her picture is about a visit to Fisantekraal, which she enjoyed. We make an effort to provide our kids with regular outings.

xg160515

Besige dag @ Durbanville Kinderhuis!

May 11, 2016 in Uncategorized

(We had a busy day, English follows below)

16 05 11 Kinderhuis 1484

Vanoggend het ’n kameraspan van Homebrew Films opgedaag om ’n insetsel te skiet vir Kwêla.

16 05 11 Kinderhuis 1472

Die onderhoud het, onder andere, gegaan oor Izak de Vries, ons kaalpoothardloper wat op 29 Mei die Comrades gaan hardloop. Kaalvoet. Om fondse in te samel vir ons skoolskoenfonds.

16 05 11 Kinderhuis 1493

Izak was ook hier en hy het hierdie foto’s geneem. Dit gee julle ’n voorsmakie van wat kom. Hou Kwêla dop!

16 05 11 Kinderhuis 1492

*

This morning a camera crew from Homebrew Films arrived to do an insert on us and on our barefoot runner, Izak de Vries. Izak will run the Comrades on 29 May without shoes to raise funds so that all our kids may get a pair of new school shoes.

The insert will flight on Kwêla.

*

Then, while the guys were shooting the insert, we had a delegation from Nigeria who came to make a donation to our work. Izak happened to be here with his camera.

16 05 11 Kinderhuis 1504

Toe, terwyl die span aan die skiet was, daag hierdie geselskap uit Nigerië op om vir ons ’n skenking te maak. Izak was hier met sy kamera.

Love! Aan Ma, van die Kinderhuis

May 8, 2016 in Uncategorized

(English text below)

Ja, hier in die Kinderhuis verlang kinders ook na hulle ma’s. Moedersdag is dalk baie kommersieel, maar ons in die Kinderhuis sien hoe belangrik ’n ma is.

Ons kan nie vertel hoekom ons kinders nie by hulle gesinne kan wees nie, maar ons kan sê ons is trots daarop dat ons hard probeer om kinders terug te plaas by hulle gesinne.

Hierdie onderhoud, en die prentjie, vertel eintlik al reeds die hele storie, nie waar nie?

As jy dink jy kan ’n verskil maak aan ’n kind se lewe, kontak ons gerus: http://www.durbanvillekinderhuis.org.za/pages/afrikaans/kontak-ons.php

meisie 15 moedersdag kinderhuis

Kind bekend as: Meisie 15

Taal: Afrikaans

Verjaarsdag: 18 April

Ouderdom: 15

Skool: Westcliff

Graad: Tweede vlak

Gunstelingkleur: Pers en swart

Wat doen jy graag? Ek hou van bak.

Wat wil jy word as jy groot is? Ek wil my eie bakkery oopmaak.

Jy word hartseer as: Ek slegte nuus hoor.

Jy word bly as: Ek goeie nuus hoor en om my ma te sien.

Grootte van T-hemp: L

Grootte van broek of rok: 38

Skoengrootte: 7 of 8

* * *

Yes, Mother’s Day is quite commercial. Yet, here in the Durbanville Children’s Home we often see how much kids yearn for their mothers.

This fifteen-year old girl’s message cannot be clearer. When we asked her what makes her happy, she said: “When I hear good news and when I see my mother.”

We cannot say why our kids are not with their mothers, but we can say that we try hard to reunite families.

If you think that you can make a difference to a child’s life, please contact us? http://www.durbanvillekinderhuis.org.za/pages/english/contact-us.php

Hartseer as kinders sê ek bly by ’n kinderhuis

May 6, 2016 in Uncategorized

(English summary below)

16 05 harsteer

“Ek word hartseer as die kinders by die skool sê ek bly by ’n kinderhuis.”

*

By die Durbanville Kinderhuis probeer ons baie hard om die kinders volledig te integreer in die samelewing. Ons probeer ’n gesin skep. Tog, soms kry die kinderhuiskinders swaar.

Daar is baie maniere om hulle te help. Hoe? Vind uit deur ons te kontak, asseblief. Ons gee ons besonderhede hieronder, net ná die onderhoud.

*

Op die prentjie staan: “Ons was met die Kinderhuis by Melkbosstrand. Dit was lekker. Ek het my ou vriende gesien.”

Die vriende se name is Lester, wat sê: “Dis koud.” En Dawn, wat sê: “Julle moenie dieper ingaan nie.”

*

Kind bekend as: Meisie 12

Taal: Afrikaans

Verjaarsdag: 21 Februarie

Ouderdom: 12

Skool: Eversdal

Graad: 7

Gunstelingkleur: Blou en Rooi.

Wat doen jy graag? Ek hou daarvan om te sing.

Wat wil jy word as jy groot is? Ek wil ’n sanger en ’n akteur wees. [Haar presiese woorde: “Ek wil ’n sanger en daramatiseerder wees.”]

Jy word hartseer as: Kinders by die skool sê ek bly by ’n kinderhuis.

Jy word bly as: Tannie Bongie en tannie Miriam.

Grootte van T-hemp: 15/16

Grootte van broek of rok: 38/40

Skoengrootte: 4 en 5

*

Hoe kan jy help?

*

This girl says she gets sad when kids talk about her living in our home. It is inevitable, but there are ways to help our kids; like taking them to beach, as her picture shows.

How can you make a difference?

My gesin is belangrik!

May 2, 2016 in Uncategorized

16 05 02 fam

Gereelde lesers ken hierdie versugting van ons kinders. Ons gee die beste wat ons kan, maar ons sal nooit hulle eie mense kan vervang nie. Dit is hoekom ons altyd sal poog om kinders na hulle gesinne terug te stuur – mits dit natuurlik veilig is.

Kind bekend as: Meisie 17

Taal: Afrikaans

Verjaarsdag: 18 Oktober

Ouderdom: 17

Skool: Westcliff

Graad: Vlak 4

Gunstelingkleur: Pienk

Wat doen jy graag? Dans

Wat wil jy word as jy groot is? Polisievrou

Jy word hartseer as: Ek weg van my mense is.

Jy word bly as: Ek by my mense is.

Grootte van T-hemp: S

Grootte van broek of rok: 28

Skoengrootte: 4