Hasie en die setpil

Julie 1, 2011 in Sonder kategorie

Hasie is ‘n plaasboer van doer iewers in die Noord Kaap. Vra mens hom uit oor sy boerdery, vertel hy skaam dat hy met bankrot bossies boer. Mielies. En so een of twee koeie om darem net melk vir die huis te gee.

En as jy hom vra waar sy plaas is, vertel hy jou dis daar waar jy op die lang reguit stuk pad ry en net sulke wit-swart, wit-swart sien aankom. Die wit-swart is nie die strepe op die teerpad nie. Nee, dis net so plat in sy wêreld, dat jy die dae en nagte van jou lewe sommer so in die verte sien aankom.

Hasie praat die mooiste afrikaans wat jy nog ooit gehoor het. Hy weier om ‘n woord engels te praat. Tussen sy bankrot bossies op sy plaas, veg hy vir die behoud van die afrikaanse taal. En juis daarom koop hy ook gereeld die Loslyf. Want Hasie glo dis beter om Loslyf se tottie van die maand genoem te word, as Hustler so boks van die jaar.

Maar al lees Hasie die Loslyf gereeld, sukkel hy maar as dit kom by vroue dinge. Hasie is maar skaam as dit by vroue kom. Hasie is een van daai boere wat nooit sal inskryf vir ‘n program soos Boer soek ‘n hoer nie. Ongelukkig het hy dinge in sy kinderlewe beleef wat hom maar skrikkerig gemaak het vir vroue.

Een van sy vroegste herhinneringe was toe hy nog in die aande saam met sy ma gebad het. So met die ouderdom saam, het die vrae ook maar meer geword. Tot hy een aan vir sy ma gevra het wat die “niks” tussen haar bene is, waar hy dan ‘n tollie het. Sy ma was eers onseker oor of sy die regte feite moet verduidelik, en of sy eerder net ‘n storie moet opmaak. Sy besluit toe maar op die storie.

“Dis mamma se mol,” veruidelik sy.

Hasie het nog so rukkie gestaar, maar nie verder iets gevra nie.

Een aand kom kuier Ouma, en met badtyd is Mamma besig in die kombuis met aandete. Ouma bied toe maar aan dat Hasie sommer saam met haar kan bad. Ouma en Hasie was nie vyf minute in die badkamer nie, toe Mamma net een onaardige gil uit die badkamer hoor. Mamma het als net so gelos en gehardloop vir die badkamer. Met die oopstoot van die deur sien sy hoe Hasie agter die toilet sit, met sy beentjies opgetrek tot teen sy lyfie, sy armpies om sy bene gevou, en hy huil met sy gesiggie so in sy opgetrekte knieë. Snotfontein en Tranedal. Ouma het ‘n japon gegryp en om haar gedraai, heel verbaas oor die skielike gehuil van Hasie.

“Hasie, wat gaan aan?” vra Mamma.

“Mm-m-mam-ma. D-d-dis Ouma se m-m-m-mol. H-h-hy is d-d-d-d-dòòd!” snik-huil Hasie so, jy sien net snotstrepe so teen sy knieë afloop.

Mamma buk intussen tot by Hasie en trek hom van die koue vloer agter die toilet af op.

“Maar Hasie. Hoe kan jy so iets sê van Ouma se mol?” troos Mamma verbaas oor die uitbarsting.

“M-m-mmaar dit i-i-i-is!” snik Hasie. “S-s-sss-sy t-t-t-tongetjie hang al uuuuuuiiiiit!” huil Hasie toe maar nog harder.

Ouma, heeltemal onbekend met die mol-verduideliking, probeer toe maar op haar manier troos deur te verduidelik dat dit nie haar mol is nie, maar dat dit haar kalkoen is.

Hasie het bedaar en die res van die aand om Ouma gekloek terwyl hy “koeloe-koeloe-koeloe” geluide maak.

So jaar later kom kuier ander Ouma een vakansie, om na Hasie te kyk terwyl sy ouers deur die dag werk.

Nou ander Ouma was ‘n groot vrou. Haar boude was so groot soos die Here se genade. Maar met die lang pad en baie sit op die busrit op pad na Hasie-hulle toe, het Ouma toe so bietjie hardlywig geword. Wel, bietjie meer hardlywig as net bietjie. Sy was so hard en verstop soos ‘n klei-os se alie.

Die dokter op die dorp het vir Ouma poeiertjies gegee En later stroop, pilletjies, inspuitings, maar niks wou help om daai verstopping te laat uitkom nie. Die dokter het geweet daar is net een uitweg, maar hy het dit so ver as moontlik vermy. Juis omdat Ouma so groot is. Maar, ten einde laaste het hy toe maar vir Ouma die boksie setpille gegee en verduidelik wat sy met hulle moet doen.

Ouma was nie bang nie, en het die dokter gerus gestel dat sy sal regkom met die plasing van die setpil. Haar voorouers het dan oor berge en dale getrek met ossewaens, en daar was ‘n boere oorlog wat baie erger was as die insit van ‘n setpil. Daar was mense dood in die oorlog.

So is Ouma terug by Hasie se ouerhuis, en met Hasie rustig voor die teevee besig om Liewe Heksie te kyk, betree Ouma die badkamer.

Ouma het die setpil so uit die foelie omhulsel getrek, en hom in haar regterhand vasgevat tussen drie vingers. Met die ander hand het sy haar rok oor haar kop gegooi, haar bloemer afgetrek tot by haar enkels, en toe met die einste linkerhand haar linkerboud gevat en hom getrek. Met die regterhand het Ouma die setpil om die regterboud probeer rek om by haar alie te kry, maar haar armpies was net te kort, en die boude net te groot.

Na ‘n paar minute se sukkel kom Ouma toe kreun en steun orent, onsuksesvol. Maar Ouma laat haar nie sommer onderkry nie. Sy vat die setpil tussen drie vingers in haar linkerhand vas, buk weer vooroor, gooi die rok oor haar kop en trek met die regterhand die regterboud uit die pad. En sy rek en trek, maar die setpil kom weereens nie naby haar alie nie.

Ouma kom weer regop, en besluit weereens om van taktiek te verander.

Nou, setpille is mos eintlik wonderlike goed. Hulle is lank, dun, en gevorm soos ‘n bullet. Skerp punt bo en plat kant onder.

Ouma slaan die toilet se deksel plat, plak die setpil, met sy platkant na onder, op die toilet se deksel vas, en sy gaan staan wydsbene bo oor die toilet. Die bloemer is intussen al heeltemal eenkant geskop om seker te maak haar bene kan wyd genoeg uitmekaar staan. Met albei hande die keer, trek sy weer daai rok to so onder haar twee elmboë vas. Sy gooi haar linkerarm so om die linkerboud, en die regterarm so om die regterboud. En sy trek daai boude uitmekaar soos toe die Here laas die see laat split het. Skuifel-skuifel tree Ouma agteruit en kank die knieë sodat sy op die setpil kan gaan sit.

Maar, helaas, dis mis. Die setpil het omgeval en van die toilet afgerol, van ‘n skielike wind wat na jare se vasknyp tussen twee boud blaaie, losgewikkel is met die groot split.

Ouma besluit toe daar is nou net een ding wat sy nog kan probeer.

“HASIE!!!!!” roep sy deur die toe badkamer deur. “HASIE, KOM HELP VIR OUMA!”

Die son het nie te lank water getrek nie, toe is Hasie by Ouma in die badkamer. Ouma staan toe nog al die pad met die twee arms om haar boude en trek. Bang om grip te verloor, sien?

“Hasie, sien jy daai pilletjie wat daar onder op die vloer lê?” beduie Ouma met haar kop so half tussen haar bene gedruk.

“Ja Ouma, ek sien hom,” antwoord Hasie.

“Nou vat vir Ouma daai pilletjie, en dan vat jy die skerp punt en druk hom hier agter by Ouma se boude in. Verstaan jy?”

“Ja Ouma,” antwoord Hasie, terwyl hy die pilletjie optel en so skuins-skuins agter Ouma se boude inbeweeg.

Hasie het so tussen die boude deur geloer en daar sien hy toe Ouma se bruin gaatjie.

“Moet ek hom in die bruin gaatjie indruk Ouma?” vra Hasie bewerig.

“Ja Hasie, die bruin gaatjie,” verduidelik Ouma.

Hasie het die setpil so bietjie nader aan die gaatjie gebring, en toe daal sy oog bietjie verder ondertoe, verby die bruin gaatjie. En toe steek hy vir eers vas.

“Hasie, kom jy reg? Die bruin gaatjie. Sit hom in die bruin gaatjie,” deel Ouma nog bevele uit.

“Ouma?”
“Ja Hasie?”

“Ouma, ek wonner nou net. Moet ek hom regtig in die bruin gaatjie druk? Sal dit nie makliker wees as ek hom net vir die kalkoen gee om te sluk nie?”

56 antwoorde op Hasie en die setpil

  1. Modigliani het gesê op Julie 1, 2011

    Ek kry nie asem nie

  2. Modigliani het gesê op Julie 1, 2011

    My maagspiere pyn nou so.
    Ek kan nie asemhaal nie.
    Ek kan nie ophou lag nie.
    BRILJANT Kerneelsie.

    G’n wonder ou hasie is bang vir vroumense nie!!!!!

  3. Ons probeer die skok van die drogbeelde verwerk.

  4. Ek weet van ‘n outjie wie se ma vir hom vertel het dis haar sponsie. Kort daarna was sy vir ‘n prosedure en is alles afgeskeer, toe vertel sy hom die sponsie het verloor. Hy kom toe ‘n week later uitasem die kombuis in en sê hy’t die spons gekry. Die tannie langsaan het hom en sy is besig om pappa se gesig te was.

  5. loudavisi het gesê op Julie 1, 2011

    Hahahaha!
    😀
    😀

    Arme Hasie!

  6. Wel, Kerneels het dit begin.

  7. DallaSePa het gesê op Julie 2, 2011

    More!

    Ek like die collage!!

  8. pasella het gesê op Julie 2, 2011

    Briljant Kerneels!

  9. Die trane rol nou. Dink ek gaan heel dag lag vandag 🙂

  10. shlwanjan het gesê op Julie 3, 2011

    Kerneels! *skok en ongeloof*
    Ja-nee…Hasie gaan nooit trou nie, al word hy honderd jaar oud. (VERAL nie al word hy honderd jaar oud…)

  11. bwahahaaaaaaaaaaaaa, dankie Neels, ek het dit nodig gehad!!!

  12. Blikskottel het gesê op Julie 7, 2011

    Lekka storie….

  13. Kerneels, jy het my nou lekker laat giggel! Lekker naweek!

  14. kerneelsie het gesê op Julie 8, 2011

    Ek sien vakansie fotos, so ek neem aan die asemhalings probleem het herstel?

  15. kerneelsie het gesê op Julie 8, 2011

    Dankie Celia. Jy moet dit beleef as Hasie self hierdie storie vertel. Hy is absoluut briljant.

  16. kerneelsie het gesê op Julie 8, 2011

    Dankie Jeanne. Bly die lag was so lekker.

  17. kerneelsie het gesê op Julie 8, 2011

    Niks so disturbing soos die image van “kop eerste” nie. 😉

  18. kerneelsie het gesê op Julie 8, 2011

    As Hasie self die storie vertel, lag almal, mans en vrouens.

  19. kerneelsie het gesê op Julie 8, 2011

    Hahahaha Papeslaai. Ek noem hom weer “wasgoed was”. Afhangende van die groote van die bondel, kan mens dit mos dan sommer met die hand was… 😉

  20. kerneelsie het gesê op Julie 8, 2011

    😀 tante Lou
    Wanneer is u nou weer terug?

  21. kerneelsie het gesê op Julie 8, 2011

    hehehehe oom Flenters. Skerp sal dalk nie so lekker werk nie.

  22. kerneelsie het gesê op Julie 8, 2011

    Thanks

  23. kerneelsie het gesê op Julie 8, 2011

    Dankie oom lewis. Komend van oom vat ek dit as ‘n moerse kompliment.

  24. kerneelsie het gesê op Julie 8, 2011

    RUSSELL!!!!! Jy maak my dag as jy kom oë wys op my blog.
    Daar is olie ontdek in Namibië. Dalk kan jy nou bietjie nader aan die huis kom werk? hehe

  25. kerneelsie het gesê op Julie 8, 2011

    Hahaha. Lekker lag ek nou. Ek is skaars 30 en ek vergeet soms my eie naam.

  26. kerneelsie het gesê op Julie 8, 2011

    Dankie Mrs C. Ek is altyd bly as ek ‘n lag kan laat opleef by iemand.

  27. kerneelsie het gesê op Julie 8, 2011

    Plesier

  28. kerneelsie het gesê op Julie 8, 2011

    Dankie Blikskottel.

  29. kerneelsie het gesê op Julie 8, 2011

    Thanks PPD. Ek het net vanoggend aan jou gedink.
    Mooi naweek vir jou ook.

  30. OK, nou raak dit varksig!

  31. Oeh laaik jou nuwe avetaar! He,he die storie is cute.xxx

  32. Haai Coenie, ek is van volgende week weer terug op die lug. Kan nie wag nie. Het amper weer internet access oppie plaas. My buddy van Harrismith gaan my hartjie bly maak…

  33. Waar is jy so still?? 🙂

  34. zephur het gesê op Augustus 30, 2011

    Jis jy drink lank aan daai bier op jou avatar…smaaklik

  35. Onthou as jy weer verby daai Spar ry en nie stop vir koffie nie gaan jy ‘n pap wiel kry!

    00×00

  36. Ek het nou my gat af gelag!

  37. Hallo C!

  38. UNPOCO het gesê op September 20, 2011

    Het jy gedros of wat?

  39. Haalllloooo!!!
    Jy moet skryf jong!
    Dis my leesplek die!

  40. zephur het gesê op Oktober 12, 2011

    Hallo my vriend…

    Jis raak ek nou lus vir ‘n bier

  41. pasella het gesê op Oktober 28, 2011

    Jy ka’ ma’ terugkom, alles is jou vergewe!

  42. pbroere het gesê op November 1, 2011

    Wanneer skryf jy weer ietsie?

  43. OOOO …. ek verlang na jou … ens blah blah blah … ken nie die woorde verder nie …

  44. jjanajj het gesê op Desember 8, 2011

    maar kerneels, WAAR is jy dan?? het jy iets oorgekom????? asseblief laat weet ons net wat aangaan!

  45. psssssssssssssssst, skop jy nog???

  46. hoezzzzzzzzzzzzzit djy!!!!

  47. 123…….

  48. ………

  49. zephur het gesê op Augustus 1, 2012

    Klop klop…loer deur die venster

  50. Baie geluk met jou bierbrouery! Miskien eendag sal ons nog ‘n botteltjie bier & wyn kan uitruil!
    Leon

  51. zephur het gesê op Oktober 17, 2012

    Net gou ‘n info stukkie oor die blogs. Vandag en môre is al dae wat oor is voordat volgens hulle die groot skuif gaan plaas vind op die 19de Okt (so ons moet ‘n marathon blogsessie nou hou).

    So as jy die afgelope 6 maande nie iets geblog het nie…gaan post sommer gou iets. Of as jy van bloggers weet wat nie die afgelope tyd gepost het nie…laat hulle weet sodat hul ook op hoogte is van die blog situasie.

    Hier onder is die link na Dopper Naomi se post oor die gebeure ivm die blogs

    http://blogs.litnet.co.za/dopperjoris/baie-belangrik-gaan-jou-blog-saam-skuif-en-wat-kan-jy-verloor-16-Oct-2012

    Tot later

    Zeppie

  52. Wil jy nie iets pos om seker te maak jou goed trek saam nie? Litnet trek en die boekverbranders gaan goed weggooi – lees dopper webvoet se pos.

  53. Kerneels ek mis jou…

  54. Dankie Henry. Ek het gou ietsie gepos om seker te maak ek mis nie die trek lorrie nie.

  55. Thanks Leon. Ek geniet dit geweldig baie. Het juis nou weer ‘n brousel wat amper reg is vir bottel.

  56. *grin*

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.