Sport, lag en simpel reëls

Junie 28, 2011 in Sonder kategorie

Ek is mos nie sportief nie. Ek hou van stap, en is baie lief vir fietsry. Maar verder verander ek in ‘n gestremde as ek die woord “sport” hoor. As die gevoel vir enige vorm van oefening in my binneste kom lê-plek soek, gaan lê ek self ook op die bed tot die gevoel weer weggaan.

Maar op ‘n stadium het ek gewerk vir ‘n sport mal baas. Hy het fiets gery, gedraf, ge-gym, ge-ski, ge-als. En vir ontspanning het hy ook ge-gholf. En hy het nie gehou van dik mense nie. Ongelukkig het ons werk ook die voordeel gehad dat ons elke dag ‘n ete uit die restaurant mag kry vir middag ete. En wie gaan nou peanut botter en konfyt broodjies inpak werk toe as hy t-bone en chips kan kry?

Skaars twee jaar in my pos, of ek lyk soos ‘n os. Die pens begin uitstaan, die ruggie begin krom trek en ek kan vir my eie borste in die spieël kyk en belustig raak. Byna begin lyk soos iemand wat swanger is met ‘n olifant, waarvan die slurpie al onder begin uithang.

Toe kom daar ‘n nuwe reël in. Woensdae middae, om 12h00, moet ons gaan sport doen. Nou weens my totale gebrek aan belangstelling in enige vorm van sport, het ons toe maar besluit ons sal gholf speel.

Vir weke soek ons soos proper gholf junkies na die regte stokke, sakke, tande stokkies waarop jy die bal moet balanseer, ‘n mikroskopiese bal uithaler vir die water, skoene, handskoene, hoedjies, onderbroeke, ens. Maar, soos ‘n pastoor jare gelede vir ons kinders gepreek het; jy kan elke dag in die motorhuis gaan sit en wroom-wroom geluide maak. Dit gaan egter nie van jou ‘n kar maak nie.

Maar as daar ‘n prys was vir die mense wat die hardste probeer het, sou ons die eerste, tweede en derde prys gewen het.

So paar maande later kry ek dit eendag reg om uiteindelik die balletjie raak te slaan. Hy het nou wel vir Willie, wat agter my gestaan het, in die knaters getref, maar dit het nie saak gemaak nie. Die feit van die saak was, ek het die bal raak geslaan.

Toe dit my baas se ore bereik, besluit hy ook sommer daar en dan om ons in te skryf vir ‘n pretdag storie, waar daar fondse ingesamel word vir polisie weduwees en kinders.

Intussen weet nie een van ons twee nogsteeds veel van gholf nie. Ons weet net dit behels die slaan van ‘n wit balletjie, en dan soek jy hom die res van die dag, en rol hom in die gaatjies op die sagte gras in. Die agtiende putjie is mos gewoonlik die lekkerste een.

Woensdag oggend slaan ons af so iewers tussen die semi-pro’s en die regte pro’s. Ek dink die feit dat ons op die inskrywingsvorms geskryf het ons “pro”beer nog speel, was misgelees.

Maar nou ja. Ons was nog nie eens by die eerste putjie nie, toe Willie sy balletjie slaan tot op die rand van so klein dammetjie net voor die weiveld. Nou, Willie is nie klein nie. Hy is wel kort, maar sy middellyf maak op vir die gebrek aan lengte. Hy stap toe maar nader aan die watergat, waar sy balletjie net so op die rand lê en loer vir hom. Soos almal seker weet, is ‘n gholf baan byna meer gewyd as ‘n kerk op nagmaal Sondag. Dis stil. Net hier en daar tjirp ‘n voëltjie wat sy lewe in ‘n nes waag so tussen die vlieënde wit balletjies. Waar ek so paar honderd meter weg staan en wag vir hom om sy balletjie verder te slaan, kan ek byna sy skoene hoor girts op die nat gras.

Willie het die balletjie geloer, en die vlaggie aan die anderkant van die gat beloer. Hy het sy stok verander na ‘n korter een, sy handskoen mooi reg getrek, sy hoedjie verstel sodat die son uit sy oë is, die sweet van sy bo lip afgevee, sy onderbroek uit sy boude getrek, weer gebuig oor die bal, sy knieë mooi gebuig en die stok begin mik en weeg vir die regte hou. Soos ‘n regte pro. En toe trek hy die stok terug so oor sy regter skouer. Nie stadig, soos die dronk eienaar van een van die bane wat ons by oefen, vir hom geleer het nie. Blitsig. Vinnig.

Die volgende oomblik sien ek net hoe sy linker voet begin gly. En die stok wild rondgeswaai word. Soos ‘n graad twee dogtertjie wat splits oefen by die ballet. Dit was die laaste sien van hom. Toe hy die water tref, is dit net modder en water. Pens en pootjies op die naat van sy rug tussen water lelies en ander groen water plante wat nog nie name het nie.

Nou ja. Ek het ‘n baie erge sin vir humor geëerf by iemand iewers. En ek is so twee jaar gelede by die ATKV oord in Hartenbos mos weggejaag omdat ek te hard lag. Afrikaners mag plesierig wees, solank dit nie in een van die ATKV se oorde gebeur nie

Die geweide nagmaal-stilte was net een te veel vir my bulderende gelag.

Lang storie, kort weergawe… Ons is weereens gevra om die gholfbaan te verlaat, want elke keer wat Willie sy gholf stok tot by sy skouers gelig het daarna, het ek weer die val gesien en van voor af begin lag.

En lag is ook verbode op die gholfbaan.

Ek het intussen my hele gholfstel vir Zeppie se laaitie gegee. Met die hoop dat die kind tog die sport meer ernstig sal aanpak, as ek.

Maar my lag van daai dag…

Ek bêre hom lekker diep.

38 antwoorde op Sport, lag en simpel reëls

  1. bwahhaaaaaaaaaaa, nou sit ek vir jou en lag!!!

  2. Neels, my ouboet noem gholf: “moer, vloek en soek!”

  3. bloukaap het gesê op Junie 28, 2011

    ek het nou inmy broek gepis

  4. TS het gesê op Junie 28, 2011

    grinnik… ag hoe lekker lees mens hier by jou – dankie

  5. Lag ek nou sommer saam….

  6. shlwanjan het gesê op Junie 28, 2011

    Niks is moeite werd as dit mens se lag wegvat nie…nie die kerk nie en beslis nie gholf nie (-; dankie tog ek dink nie daars iets op hierdie aarde wat ooit jou lag sal onderkry nie…

  7. avega het gesê op Junie 28, 2011

    Gholf is no laughing matter

  8. Dit was nou ‘n oulike storie! Ja nee, sport en lyf gaan partykeer moelik tesame! Daar is inelkgeval baie lekkerder sportiewe dinge om te doen! So het jou pel toe, na die tyd gekwalifiseer om koi visse te duik?

  9. Een ou vra vir die ander:”And what is your handicap, old chap?”
    Waarop die ander ou antwoord:”Golf…”
    🙂

  10. bernster het gesê op Junie 28, 2011

    Ek het so 2 jaar terug amptelik my stokke opgehang…en gholfbaan opsigters het wêreldwyd ‘n sug van verligting gegee!

  11. DapperMuis het gesê op Junie 28, 2011

    ag, ek lees ALTYD lekker hier! Dankie!!

  12. Lekker gelees dankie.

  13. mandiebas het gesê op Junie 29, 2011

    Mooi vertel -ha-ha-ha. Sou ‘n mooi Kwêlafunny gewees het.

  14. Gholf: ‘n Spel waar ‘n balletjie met ‘n deeursnee van 4,3cm op ‘n bal met ‘n deursnee van 12800km geplaas word. Die doel is om die klein balletjie raak te slaan sonder om die groot bal te raak.

  15. Krokodilla het gesê op Junie 29, 2011

    Dis volgens die manne wat weet glo die 19de putjie wat so lekker is dat hulle tot laataand daarso vashaak, maar ek sal nie weet nie, want gholf is vir my soos ‘n Mr Bean moewie: sinneloos, tot huilens toe vervelig en gatkrampend irriterend. So, ek is met jou. As ek ooit MOET deelneem, gaan ek ook so hard en aanhoudend lag dat ek summier op dag 1 verban word vir ewig en ewig 🙂

  16. HeavyHenry het gesê op Junie 29, 2011

    Ag shame man – arme Willie!

  17. kerneelsie het gesê op Junie 29, 2011

    Haha. Flitsligte. Van alle dinge. hehehehe

  18. kerneelsie het gesê op Junie 29, 2011

    Dis eintlik rustig, as jy dit reg doen. Sien jou more aand.

  19. kerneelsie het gesê op Junie 29, 2011

    Jou Ouboet is reg.

  20. kerneelsie het gesê op Junie 29, 2011

    Dankie Pruim. Hopelik is daar skoon onderbroeke naby

  21. kerneelsie het gesê op Junie 29, 2011

    Dankie vir die kuiertjie Tina

  22. kerneelsie het gesê op Junie 29, 2011

    Dankie Monica. Altyd lekker om te weet iemand lag darem

  23. kerneelsie het gesê op Junie 29, 2011

    Baie waar. En nee, al gaan dinge nie altyd lekker nie, leer mens om tog maar agterna ook weer oor daai tye te lag.

  24. kerneelsie het gesê op Junie 29, 2011

    Dankie Spokie

  25. kerneelsie het gesê op Junie 29, 2011

    Exactly. Dalk hoekom dit nie vir my was nie.

  26. kerneelsie het gesê op Junie 29, 2011

    Hy was eintlik al die jare ‘n rugby speler. Tot sy knieë begin ingee het. So het ons toe geleer gholf kom ook met sy beserings. En dis nie altyd net wanneer jy by die negentiende putjie se trappe afneuk nie.

  27. kerneelsie het gesê op Junie 29, 2011

    Ek werk aan ‘n storie, spesiaal vir jou. Sal hom een of ander tyd pos.

  28. kerneelsie het gesê op Junie 29, 2011

    My stokke het gesug van verligting. Was die haatlikste sport wat ek ooit probeer het.

  29. kerneelsie het gesê op Junie 29, 2011

    Ek is bly Dapper Muis. Dankie vir die kuier.

  30. kerneelsie het gesê op Junie 29, 2011

    Dankie Raymond

  31. kerneelsie het gesê op Junie 29, 2011

    As ek my nie misgis nie, het ons hoeka daai tyd met hoenders geboer…

  32. kerneelsie het gesê op Junie 29, 2011

    Kameras is dalk ook onwettig op die bane.

  33. kerneelsie het gesê op Junie 29, 2011

    Skerp.

  34. kerneelsie het gesê op Junie 29, 2011

    Daai 19de putjie vashaak was vir my die lekkerste.

  35. kerneelsie het gesê op Junie 29, 2011

    Arme ek!!!! Willie het hierdie gister raakgelees.

  36. kerneelsie het gesê op Junie 29, 2011

    Hallo antie!

  37. my gesin is besaai met sportgestremdes

  38. bernster het gesê op Junie 29, 2011

    Was darem beter as blokfluit…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.