Prostaat probleme

Mei 14, 2011 in Sonder kategorie

“Die ysmasjien se alarm liggie bly aankom. Wat is dit vandag met die ding?” vra Ma verlede Saterdag.

“Hy kort water,” gee ek raad.

“Hoe weet jy dit?”

“Ma kan mos hoor die water spuit bo in die bakkie in soos ‘n ou omie met ‘n prostaat probleem,” veruidelik ek.

“En hoe sal jy dit nou weet?”

“‘n Ou omie het dit een aand vir my vertel in die Stadskouburg in die dorp.”

So paar jaar terug was ek by ‘n opvoering in die dorp, toe ek en so klein hakkelende seuntjie, saam met sy pa,  tydens ‘n pouse agter ‘n ou omie in die ry staan en wag om die toilet te gebruik.

Ons staan. En die oom staan. En ons wag. En die oom wag. Later maak die oom verskoning omdat hy so lank vat.

“Prostaat probleme…” verduidelik hy.

“P…P…Pappa? W…W…Wat is…s…s… is p…p…poe… uhm, prostraat p…p…probleme?” vra die outjie vir sy pa, wat agter hom staan. Nog voor die oom kan antwoord, draai die omie so skuins na die seuntjie toe. “Ek piepie soos wat jy praat. Hakkel-hakkel.”

23 antwoorde op Prostaat probleme

  1. jannel1 het gesĂȘ op Mei 14, 2011

    Ek dink dis erg om te hakkel. 🙂

    Was jy al vir ‘n ONDERsoek?

  2. kerneelsie het gesĂȘ op Mei 14, 2011

    Hehe. Jy praat van ONDERsoek. Daar is niks so ongemaklik soos wanneer jy die dokter by ‘n funksie raakloop en hy jou kom groet, en jy enigiets probeer om te vermy om hom met die hand te groet, en die meisie wat saam met jou is, wil weet wat aangaan, en jy verduidelik dat die laaste keer wat jy hom gesien het was sy vinger BAIE diep in jou hol gewees…
    Ek hoop dit antwoord jou vraag?

  3. TS het gesĂȘ op Mei 14, 2011

    Kry vir jou ‘n vroulike dr,

  4. lora2me het gesĂȘ op Mei 14, 2011

    Hakkel is beter as binnensmonds praat, Kerneels!:)

  5. loudavisi het gesĂȘ op Mei 14, 2011

    Nou sien ek!
    😀

  6. Blikskottel het gesĂȘ op Mei 14, 2011

    Boet, ek sal dit in gedagtegtenis hou, sou so iets my oorkom.

  7. DallaSePa het gesĂȘ op Mei 14, 2011

    lekker om jou hier raak te loop K!

  8. Doubtingthomas het gesĂȘ op Mei 15, 2011

    🙂

  9. louisna het gesĂȘ op Mei 15, 2011

    wanneer piepie ‘n ou man op dy lekkerste? As hy die ouman klaar gebere het.

  10. bloukaap het gesĂȘ op Mei 16, 2011

    hey b-b-b-b-b-boet ……

  11. bernster het gesĂȘ op Mei 16, 2011

    Hoe nader ek aan 40 kom, hoe meer besef ek dat ek nie eintlik baie langer daai ONDERsoek kan uitstel nie.

  12. wesnwew het gesĂȘ op Mei 18, 2011

    my man vertel my noudiedag hoe hy en twee kollegas by Mittal hulle mediese geskiktheidstoets moes doen. Die een kollega is toe ook al te oud vir die urien toets… Hulle het gewag en gewag toe sĂȘ hy nee ouens die gaan nie vandag gebeur nie. So besluit hulle toe maar om vir hom ‘n cocktail monster te maak.

  13. DieApieInMyKop het gesĂȘ op Mei 18, 2011

    Dagse Kerneelsie
    Te lekker opgevang hier by jou vandag!

  14. Ek wonder of hierdie tipe probleem soos die oompie het, met toetse vasgestel kan word? Shame, dis baie erg om so te sukkel, dink ek.

  15. I-like-silly het gesĂȘ op Mei 24, 2011

    mmmmm.mm..mirrragggggg!

  16. zephur het gesĂȘ op Mei 25, 2011

    So drup drup… ja boet ons gaan ook eendag so sukkel…net nie op jou skoene piepie nie

  17. zette het gesĂȘ op Mei 27, 2011

    Hahahaha! Baie oulik gesĂȘ.

  18. paula-christine het gesĂȘ op Mei 27, 2011

    Ag moeder, die omie het die probleem omtrent raak beskryf 🙂

  19. DallaSePa het gesĂȘ op Mei 28, 2011

    OK … dis nou amper Junie … skryf nou weer vir ‘n slag asb.

  20. DallaSePa het gesĂȘ op Mei 28, 2011

    OK … dis nou amper Junie … skryf nou weer vir ‘n slag asb.

  21. storieweb het gesĂȘ op Mei 30, 2011

    Dis niks as hulle wil pppppiepie soos die laaitie praat nie, maar hulle moet net nie mmmmmis ppppiepie nie!

  22. pinkpolkadot het gesĂȘ op Junie 5, 2011

    LOL!!

  23. nics het gesĂȘ op Maart 21, 2014

    ek het sleg seer bene van bo bene tot tone en in my rug,ek urineer
    ok en so aan maar blaas brand so af en toe , kan jy my se wat is prostaat simtome asb , verder is ek baie humerig en my agresie is baie hoog ek ken myself nie ek kan skaars slaap met die seer bene

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.