Profile photo of katrina

by

En wat is nuut daar by JOU?

November 18, 2012 in Uncategorized

Het jy geweet dat jy elke nou en dan of elke dan en wan ‘n kort boodskappie ook kan tik wat nie baie energie verg nie?  As jy op jou “Hallo” blokkie regs bo aan jou bladsy by die Avatar kliek  val daar ‘n kieslys oop en die boonste opsie is Aktiwiteite.  Kliek jy daarop val daar nog ‘n kieslysie oop met die tweede opsie Persoonlik.  Kyk links op die blad en daar sal ‘n blokkie wees met “What’s new Pussycat”, ag ek bedoel “Wat’s nuut, Koekie” of wat ook al jou naam is 🙂  Dit sal nogal lekker wees om te sien wat op daardie oomblik met julle aan’t gebeure is, of dalk net ‘n kwinkslag of ‘n wysheid.  Ek hou baie daarvan om sulkes te lees!  As ‘n mens dan op jou vriendeblad gaan, sien jy gou watter bywerking almal met daardie persoonlike gedagtetjie geplaas het en kan ‘n mens selfs daarop kommentaar lewer.  Ag toeeeee… kom ons kommunikeer ‘n bietjie!


19 antwoorde op En wat is nuut daar by JOU?

  1. Dis nou oulik.
    Ek sal beslis probeer.
    Dankie

  2. Spesenjaal vir jou my tweede ene gedoen.

  3. gidivet het gesê op November 19, 2012

    Dankie Katrina, jy was die inspirasie wat ek vanaand nodig gehad het.

  4. mmmmmmm… jy het blokkies waar ek nie blokkies het nie?

  5. @katrina – jip dis cool daai…amper soos ‘n FB profiel boodskap…iets vinnig.

    Tipe boodskap soos ‘Ek sit op die toilet en hier is geen toiletpapier…iemand HELP’

  6. @katrina

    Ok ek het nuwe boodskappie

  7. Oulike prentjie! Ek het die ander dag iets gaan skryf en nie geweet dit gaan daar verskyn nie… ook maar lekke blond! Mooi week!

  8. Ek is nou so rondom vet ek dink ek sal ook ‘n gat deur die trampolien spring!

  9. So leer ons elke keer iets nuuts by ! Dankie !

    • katrina het gesê op November 19, 2012

      @losbek Dit bly steeds ‘n doolhof hier rond, moet ek erken. Ek moet omtrent elke keer eers na my eie plekkie toe teruggaan wanneer ek iemand soek. 🙁

  10. vega het gesê op November 19, 2012

    Dankie. Ek het nou iets geleer wat die moeite werd is. Het ietsie geskryf.

  11. katrina het gesê op November 19, 2012

    Ek gaan beslis hierna daar lees 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.

1 terugspoor