You are browsing the archive for 2017 July.

Ken jou plek

July 3, 2017 in Uncategorized

Ek dink ons praat ons eie taal. Ek en Suzie Matlhola. Dit gaan oor meer as net ‘n taal met woorde om te kommunikeer. Ons gesels is nie gesels as ons nie ten minste een keer uit ons maag gelag het nie. So ry ek en Suzie een middag terug van ‘n afspraak en besluit om by ‘n sekere oom Kolonel se hoenderrestaurant te stop. Ja, vertel Suzie, jy kan nie nadat jy jou inkopies gedoen het sommer met jou boksie van die oom Kolonel in die taxi klim nie. Nee, die taxibestuurders is streng. Suzie het onlangs gehoor hoe die een taxibestuurder gereageer het toe een van sy passasiers met die oom Kolonel se produkte wou inklim. Nee, sê die taxibestuurder, oom Kolonel het die restaurant spesiaal laat ontwerp met stoele en tafels waar mense kan sit en eet. Kyk net hoe elegant en uitnodigend is die restaurant. Ontspan, gaan terug en eet daar. So sarkasties taktvol en ferm.

Ons besluit toe sommer daar en dan dat die taxibestuurder reg is. SIT en eet. Al is dit by ‘n kitsrestaurant. Dit is tog waarvoor die stoele en tafels daar is.