Agter Geslote Deure – Johan Botha

Februarie 5, 2010 in Sonder kategorie

Agter Geslote Deure: Is dit nie maar waar almal skuil nie?

Hierdie boek het my diep gegryp met die openlike eerlikheid en self ontbloting van die skrywer. Om 35 jaar lank teen almal en alles te baklei ,waar jy jou mag bevind, is nie ‘n grap nie. Selfs teen die mense wat veronderstel is om jou lief te he en te beskerm. Hoe word mens heel? Hierdie vraag vra ek terwyl ek die boek lees en die pyn sien waarmee hierdie kind stry.

Die boek gryp die diepste menswees aan dat die hele 35 jaar se lewe verby gaan en niemand in die sissteem is daar nie. Waar is die GROOTMENSE EN DIE PROFESSIONELE MENSE?

Die skrywer het ook ‘n teenstrydige gevoel rondom Godsdiens, Christenskap en ja waaarom doen die Here dit ? Hy vra dit ook in die boek. Dit laat my dink aan Ps. 139 : 13 “ U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my moeder “ Die skrywer se dat die Here sy pa as instrument gebruik het dat hy anders is, maar se ook dat mense hul christelikheid op hom wil afdwing.

Ek lees die hunkerin g na ‘n anker in die lewe van hierdie gebroke mens.

“ HARD EN BAIE VER IS DIE SEMENT “ van die hoe gebou waar hy uitloer uit die woonstel, maar die lewensloop is ook hard en ver, soos ons dit in die boek lees.

Johan is beroof van sy kindwees. Op 5 jarige ouderdom moet hy sy ma bystaan met geboortes, ‘n pa vir die kleiner kinders wees en ja sielsgenoot vir sy ma wees. Hy aanskou die geboortes en die dood van sy jonger broers en susters. Dit verstom my dat hy so volwasse op daardie ouderdom is.

Hoekom het die eerste professionele persone nie opgetree toe hulle bewus geword het van sy situasie nie? Was al die Grootmense blind?/gerieflik blind? Onderwysers, ander volwassenes en ja sy ma!

Deur die boek is hy net positief oor sy ma. Aan die einde van die boek verdwyn sy en vra ek myself of sy lewe en of sy ook deur pa gedood is. Hierdie ma is die spreekwoordelike “ battered wife” .

Johan is die duim aan die hand wat uitsstaan en niemand sien hierdie gesin raak nie. Hy neem die seer van almal op hom deurdat sy pa hom, mishandel, verkrag, verag ens.

Deur die jare 60 was daar tog ook maatskaplike werkers betrokke en wel ook by hierdie behuisingskemas. Hoekom het ons hierdie kind gefaal?

Die meisie met die swart hare by die kerk, wat het jy met die inligting gemaak nadat Johan dit vir jou vertel het?

“ MAMMA WAAR IS JY ? “ skree die skrywer deur die boek.

Die mediese dokter Petrus, sien ook dat hierdie beserings definitief nie die val op die muur/heining is nie, maar……………………………………..Hy sien die seer anus, wat die kind nog vir ander kan wegsteek, maar……………………………….Hoekom bel hy nie die Welsyn nie/SAP, wat stop hom? Weereens word Johan deur die sisteem gefaal.

Die beeldspraak deur die boek wat vergelyk word met die see sterretjie, die branders wat slaan en die vissies wat deur voete gedood word in die poeletjies, gee ‘n aanduiding van die gemoed van hierdie jong man.

Hanna speel ook ‘n irriterende rol in Johan se lewe. Deur daar te wees, is goed, maar sy wil die “andersheid “ van Johan wegvat. Johan het iemand nodig, maar skryf dat sy ook nie inpas in sy lewe nie. Miskien wil die skrywer sy moedersbeeld hier soek, want die moeder verdwyn skielik.

Ek sou bietjie meer van sy grootmenslewe en selfs meer van die koshuisdae wou weet. Was dit meer positief of het die seerkry aangegaan en deur wie?

Baie geluk met die plotbesoek. Ek weet nie of almal so sou vergewe nie, maar die skrywer sluit hiermee goed af. Die pa is ook verniel deur die lewe en nou kan die leser verbeelding gebruik wat met die pa gebeur het om hom so maer te kry en die die lewensloop van die vernieler van Johan se lewe. Of moet ek se : “ Hennie “ soos sy pa hom slegs een maal in die boek genoem het. Wat het Hennie in die boek gesoek ?

Ek wil die skrywer gelukwens met hierdie boek waarin hy homself so blootstel en ook aan ander kinders wat in soortgelyke situasies was of is die wys dat daar lewe na die hel is. Johan se in die eerste hoofstuk dat mens beheer van jou lewe moet neem! GELUK DAT JY DIT GEDOEN HET.

NAOMIE VICTOR
MAATSKAPLIKE WERKER
37 JAAR ERVARING

[email protected]

6 antwoorde op Agter Geslote Deure – Johan Botha

  1. 1000 boeke verkoop vanaf 16 November 2009!

  2. Judbox het gesê op Februarie 11, 2010

    My hart kry so seer met die lees van hierdie verhaal. Hoeveel andere soos hy loop op hierdie aardbol rond. Ek het al so iemand ontmoet en …..dankie Jesus – Hy het my die empatie gegee om saam met hierdie persoon die seer te ervaar, dit aan te hoor en saam te bid vir verlossing van die aaklike “memories”. Die Here is so naby dié wat so seer het, tog so naby. My hart voel of hy wil bars! Ek wil net huil in hierdie oomblik.

  3. Dankie vir jou mooi epos ek waardeer dit baie.

  4. Johan Botha het my verwys na jou blog. Ek is ge-inspireer. Ek het ook ‘n storie, en vertel gann aek vertel! Dis nou of nooit! Nou!

  5. Dankie vir jou kommentaar ek waardeer dit. Vertel asb al jou litnet, facebook en pelle op jou epos van die blog. Ek wil die boodskap uitkry daar buite
    Jb

  6. Dear Dad

    Life, you gave to me,
    but myself, I could never be.
    Dominated everyday,
    for your death, I did often pray.

    At five years your son,
    and first born too.
    At five years my innocence gone,
    I still remember the pain through and through.

    To your friends you borrowed me,
    for your drugs, you let them be.
    When I bled you told all I fell,
    but I prayed ..for your Hell.

    My sister took her life,
    full of child she was, but by who?
    I wish I could take a knife,
    and run you through.

    Now you suffer alone,
    and I wouldn’t even give a dog’s bone.
    Always an athiest,
    now you go on like a baptist.

    Dear Dad….father
    are you scared for the Bell?
    Or should I ask rather..
    are you ready for Hell!?

    JB -2003

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.