Dear Dad
Woen 2 Jun 2010, 15:05 4 Kommentaar Rapporteer MisbruikDear Dad
Life, you gave to me,
but myself, I could never be.
Dominated everyday,
for your death, I did often pray.
At five years your son,
and first born too.
At five years my innocence gone,
I still remember the pain through and through.
To your friends you borrowed me,
for your drugs, you let them be.
When I bled you told all I fell,
but I prayed ..for your Hell.
My sister took her life,
full of child she was, but by who?
I wish I could take a knife,
and run you through.
Now you suffer alone,
and I wouldn’t even give a dog’s bone.
Always an athiest,
now you go on like a baptist.
Dear Dad….father
are you scared for the Bell?
Or should I ask rather..
are you ready for Hell!?
JB -2003
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Jy Weet!
Woen 26 Mei 2010, 06:35 2 Kommentaar Rapporteer MisbruikJy weet
toemaar ek dink jy weet wat ek wil sê
ek dink jy weet meer as wat jy wil wys hê....
My hart is net 'n gemaal
ek sien dit in jou oë, in jou glimlag, in jou lyftaal.
as ek weet daars 'n kans dan bly ek net hier....
of sleep jou saam dan kan ons daar vier
hoe kan ek vir jou sê
wat my hart wil hê
sonder om my bek te rek,
en te voel soos 'n gek?
lees hierin wat jy wil,
lees hierin wat jy sien!
moet net nie vir my lag
want dit is nie waarvoor ek wag!
ek moes dit ne sê
want my hart wil dit hê,
laat jou wil daarvoor swig
en sien asseblief die lig!
die tyd word min
die pad word lank
ek soek net geen onmin
en ook nie 'n klap met 'n plank
meer as 'n vriend is jy
dalk iemand saam wie ek wil bly
die lewe en pyn trotseer
dis tyd vir geluksdaling op my neer.
die keuse is in jou hart
ek glo nie jy het plek vir smart
want dis in jou oë, in jou glimlag en jou lyftaal
jy , ....wat my hart so maal!
Johan Botha 2009
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe: gedig liefde hart pyn. smart drama fiksie
Kort verhaal - liefde vanuit die see
Dins 25 Mei 2010, 07:39 8 Kommentaar Rapporteer MisbruikLIEFDE VANUIT DIE SEE.
JOHAN BOTHA ©
Ek vee die sweet af met ‘n stowwerige lap. Vat sommer ‘n blaaskans terwyl ek alleen sukkel om alles in my nuwe woonplek reg te skuif.
Daar is baie werk en die huis self is ‘n kasarm. Dit het blykbaar vir vier jaar leegestaan en die prys was net reg vir die erfgeld wat my oorlede ma agtergelaat het. Dit is op die strand en ek glo dat dit vir my soos ‘n werkende vakansie sal wees om hier te bly en te probeer stories skryf.
Daar is nog geld oor en Ma het geweet dat ek al my lewe wou skryf maar het nog altyd ander dinge gedoen om aan die lewe te bly.
Dis ‘n mooi ou huis en volgens die agent is dit in 1889 gebou deur een of ander visserman.
Die man was glo ‘n bekwame bouer en daar is tot ‘n torinkie aan die eenkant van die huis wat as stoorplek kan dien en ook as uitkykpos om te sien wat op die see aangaan. Die idee is om hierdie toring as ‘n skryfplek in te rig. Ek het nog nie eintlik daar gaan inloer nie en is van plan om so spoedig moontlik te kyk wat daar aangaan.
Terwyl ek die laaste karton optel en kamer toe dra bewonder ek die houtvloer wat nog so netjies is na al die jare. Dit lyk darem of daar baie liefde in hierdie ou huis ingegaan het.
“Demmit”. Daar kom die onderste deel van die karton los en all my ou manuskripte en briewe neuk op die vloer uit.
Ja, wel ek kan dit net sowel weggooi want niemand stel tog belang daarin nie en ek is hier om van voor af te begin.
My meisie is weg saam met ‘n ander ou voor ons saam hier sou intrek en ek is maar bly dat dit eerder as later gebeur het.
Ek begin die manuskripte optel en kom op die hoop, jammer maar ons stel nie belang nie, briewe af.
Die harde sug wat ek los klink hard deur die huis maar dit pla my nie want ek is mos alleen, ….of is ek?
‘N koue rilling laat my deur se kant toe kyk en ek kon sweer dat daar ‘n beweging was. Gou staan ek op met die hoop dat dit dalk ‘n vriendelike buurvrou is met lekker koffie en beskuit maar daar is niemand. Tog voel dit of iemand my staan en dophou.
Ek loop om die huis en die wind ruk my pet af net toe ek om die hoek kom. Na ‘n vinnige geskarrel kry ek die ding gevang en loop misluk terug huis toe.
Moeg van al die gedagtes oor ongepubliseerde manuskripte en gedaantes laat my sommer na streskos verlang.
Ek is nie van nature ‘n skrikkerige mens nie maar hou my ore gespits net vir ingeval dit dalk een of ander leeglëer is wat hier rondsluip en dalk gedink het die huis is nog leeg.
Terwyl die moerkoffie pruttel sny ek dik hompe brood en en smeer tuisgemaakte vyekontfyt wat my ma nog gemaak het daarop.
So tussen die etery deur wonder ek darem of my bure vriendelik is en hoe hulle sal voel oor ‘n amper skrywer in hulle midde.
Gewoonlik as ek myself voorstel as ‘n aspirant skrywer, wil almal weet hoeveel boeke al gepubliseer is. Ek kan sommer in hulle gesigte lees dat hulle dink ek praat ‘n pot tjol wanneer hulle hoor dat daar nog niks gepubliseer is nie, maar dat een en ander manuskrip wel by een en ander publiseerder is.
‘N kraakgeluid laat my opspring en ek is net betyds om ‘n stuk materiaal te sien om die hoek waai by die voordeur uit.
“Haai, stop.” Skreeu ek, maar daar is niemand toe ek buite kom nie. Ek soek voetspore langs die tuinpaadjie maar tevergeefs.
Ek gaan terug en eet boos verder terwyl ek wonder wie so ongeskik sal wees om sommer so in my huis te kom. Aag wat, miskien is die persoon net te bang om haarself voor te stel.
Haarself? Hoekom sou ek nou juis dink dat dit ‘n sy moet wees. Wel, geen eerbare man sal seker ‘n stuk lap om sy lyf dra wat op die grond sleep terwyl hy weghardloop nie! Of, hoe?
Later gooi ek al die platgedrukte kartondose buite langs die agterdeur sodat ek dit die volgende dag kan gaan weggooi met my ou negentien voerstek bakkie wat ek ook by ma ge-erf het. Sy het regtig hierdie sukkel skrywer seun van haar jammer gekry en was darem al mens wat in hom geglo het.
Die huis het ‘n mooi stoepie wat die hele voorkant toemaak en ek besluit om maar eers rustig hier te verkeer en te kyk of die son's ondergang my darem sal opbeur.
Dit lyk amper of die son in die water val en net daar skryf ek ‘n gediggie ter ere van my huisie. My hart voel weer goed en die donkerte jaag my moee lyf bed toe. Ek sluit alles en maak seker dat net die venster in my kamer oop is. Ek ken mos nog nie die plek nie en daar in Guateng kan jy dit nie eers waag om die koffie op jou tafeltjie te los nie eer dit gesteel word. Jy dink nog jy slaap rustig dan as jy jou oë oop maak kyk jy in ‘n rewolwer se loop vas.
Ek sit my wekker reg langs my bedkassie en stel hom oudergewoonte vir vieruur die oggend. Dit is die lekkerste tyd vir ‘n koppie koffie en om voor die rekenaar te sit en skryf.
Dit is baie stil en die geluid van die golwe sus ‘n mens aan die slaap. Ek dink nog daaraan om vir my ‘n mooi wit Labrador aan te skaf toe lui die wekkertjie.
My hand soek, soek daarna en ek stamp dit af van die kassie af.
“Demmit!” Ek gooi my swaar voete oor die bed se rand en trap amper die wekker in sy maai in. Die maan skyn helder in deur die venster en ek kyk af na die wekkertjie toe. Verbaas tel ek dit op en sien dat dit nou eers twee uur in die oggend is.
“ Het ek nou gedroom of wat?” vra ek myself in die donkerte.
Ek sit die ding weer op die bedkassie en besluit om maar ‘n glas melk te drink en weer te probeer slaap.
Iets dryf my by die voordeur uit en met die glas halfvol melk maak ek die deur oop en die volmaan skyn helder op my.
Voor my lyk dit soos ‘n sprokies verhaal en blinkgoed in die see weerkaats die maan se strale terug.
Ek kyk ver uit en sien in die verte ‘n boot se liggies skyn.
Iets vang my oog en ek word weereens yskoud. Die rilling gaan regdeur my liggaam tot in my kleintoontjie in. Hier voor my op die strand staan ‘n vroulike figuur. Ek kan dit duidelik aan haar rondings sien. Ek is seker dat die materiaal wat ek om haar lyf sien wapper, vandag by my voordeur gewapper het.
My hart begin ontsuimig klop en ek wil nie die prentjie voor my steur nie. Dit lyk net te mooi en is soos ‘n stuk uit ‘n klassieke blyspel met die see wat die orkes is.
My hande gaan onwillekeurig uit na die gedaante toe en ek tree vorentoe om nader te gaan.
“ Eina! Demmit!” Iets skerp het my in my kaalvoet gesteek en ek hop rond op een been. Die glas melk lê aan skerwe op die stoep en ek moet mooi kyk waar ek my gesonde voet neersit.
Dit brand soos vuur maar ek kry darem my balans en kyk op met die hoop dat die gedaante op die strand darem te hulp sal kom. My oë het my weer rondgeneuk. Daar is dan niemand nie! Tog, daar is iets in die lug en ek is amper seker dat die soet reuk van een of ander Franse parfuum is. Ek snuif, snuif in die lug en vergeet dat ek net op een been staan.
My sterre maak hard kennis met die grond maar oë wee! Ek het in dieselfde steek ding geland as my voet.
“ Ag nee, demmit!” skreeu ek so in die opspring en weet nie of ek my voet of my sterre moet vashou nie. Ek kyk af grond toe en vergeet van die brandpyne in my liggaam.
Hier voor my lê ‘n spierwit roos. Hy is nou wel plat maar dit was darem ‘n roos. Nou wat nou? Wie sal mens nou so verwelkom? My mooie spook?
Ek tel die roos op en hop die huis in. My bas brand en my voet jeuk verskriklik terwyl ek probeer om myself te verpleeg. Die dorinkies kom darem uit en na ‘n rukkie gaan ek terug eetkamer toe. Die gehawende roos lê op die tafel waar ek dit neergegooi het en ek staar verwonderd daarna.
Wanneer ek wakker word sal ek besef dat hierdie net ‘n nagmerrie is en dan kan ek maar aangaan met die dag.
My oë raak moeg en ek strompel bed toe.
Die geluid van seemeeue en die hitte van die son wat deur die kamervenster kom maak my wakker. Vir ‘n oomblik probeer ek dink waar ek is dan onthou ek my nuwe huisie.
Onbewus krap ek my sterre en onthou my nagmerrie. Ek loop kombuis toe om vir my koffie te maak en my oog val op die verlepte roos op die eetkamertafel.
My liggaam raak yskoud en wawyd wakker gaan ek by die voordeur uit strand toe. Ek soek voetspore maar dit is al laatoggend en die see het dit seker weggespoel.
Wie sal nou ‘n nuwe intrekker so wil teister? Ek besluit om eers koffie te drink en myself netjies te maak sodat ek by my bure kan probeer uitvind wat aangaan voor dit dalk te ver gaan. Tog dink ek aan ‘ n storie oor die gebeure en maak klein notas terwyl die eiers bak vir oggendete.
Die heel dag loop ek so en tob oor die gebeure en die vroumens neul in my gedagtes. Ek kan nie verstaan wat sy wil hê nie. Net na twaalf besluit ek om myself te gaan voorstel aan my naaste bure en voeg die daad by die woord.
Dit is ‘n vriendelike, groot, tante wat die deur vir my oopmaak en groet. Nadat ek myself as haar nuwe buurman voorgestel het word ek ingenooi vir koffie en beskuit.
“So,” sê sy. “ Dan is jy die jong man wat die huis gekoop het. Ek het bewonder of hulle ooit die plekkie gaan verkoop kry na wat daar gebeur het..”
Sy waggel om die tafel terwyl ek plaas neem op ‘n stoel an voel hoe die hare op my rug regop staan.
“Hoekom, Tannie Bettie?” vra ek, en my gedagtes neem loop na spoke en ander dinge. In my gedagtes besweer ek die agent omdat hy my niks gesê het van snaaksigehede wat daar gebeur het nie.
“Nee, Jong. Jy is dan ‘n nuwe buurman en hoe kan ek jou nou vertel van die buurt se dinge. Jy sal maar self so met die tyd moet uitvind.” Sy laat die breekgoed opsetlik hart kletter terwyl sy dit regsit op die tafel.
Ek kan sommer hoor die tante honger na geselskap aangesien sy alreeds gesê het dat haar man oorlede is en sy woon alleen hier.
Instinktief weet ek met die regte gepaaiery sal die ou goedige tante praat.
“ Hiedie beskuit lyk darem maar lekker, Tante.” Help ek met die heuning om die mond nadat sy ‘n groot koekblik karringmelk beskuit op die tafel neersit.
.
“Jy kan gelukkig wees dat daar nog is. Ek het gister gebak en die meeste mense het reeds hulle bestellings kom afhaal.”
Ek neem een en druk dit in my koffie.
“Mmm, Tannie, maar dit is regtig baie lekker.” Sê ek terwyl ek die gedoopte beskuit letterlik opsuig en dit lyk of die geraas die tannie beindruk want ek sien haar darem glimlag.
“ Jy laat my nou aan my seun dink.” Sê sy met ‘n tikkie hartseer in haar stem.
Verbaas kyk ek op en bevraagteken haar met die uitdrukking op my gesig terwyl ek nog beskuit opsuig.
“Ja.” sê sy.” Hy en Ella sou getrou het maar toe besluit hy om weg te loop.”
“ Wie is Ella, Tante?”
“ Die meisie wat in jou huis gewoon het, natuurlik!”
So al asof ek dit nou moes geweet het. My hare staan regop. Ek glo tog nie in spoke nie. Dit is sommer oumens stories.
“ Ja,” sê die tante met ‘n sug.” Die arme kind het vier jaar terug besluit sy gaan nie meer wag nie. Haar hart was erg gebreek en sy was een van daai skaars meisies wat net een keer liefkry.”
“ Nou wat het gebeur.” Hier voel dit of eenduisend duisend pote oor my rug kriool.
“ My seun het met ‘n anner slegvrou van Johannesburg weggeloop en ons het nooit weer van hom gehoor nie. Ek weet nie eers of hy nog leef nie.” ‘n traan val in die tannie se koffie met ‘n plonsgeluid.
Sy snuif baie hard en gryp na haar sakdoekie.
“ Wat dan van die meisie, Ella ?” in my gedagtes het ek alreeds ‘n idee wat die tante gaan sê.
“ Sy het een oggend vroeg in die donkerte sommer so met haar nagklere aan die see ingeloop. Ons het haar nooit weer gesien nie en haar liggaam het ook nie eers uitgespoel nie.”
Nou weet ek wragtig wat ek gesien het en my gedagtes het nie met my gespeel nie. Ek sit penregop in die stoel terwyl die beskuit baie dik raak in my keel.
“ Wa.. wat van haar ouers, Tannie. Waar is hulle dan nou?”
“ Nee jong, hulle het kort daarna getrek en van die vissermanne het begin stories vesprei dat sy soggens wanneer hulle inkom van die vangs af op die strand rondloop. Dit het te veel geword en die ouers het besluit om die huis in die mark te sit en te trek.”
In my gedagtes vloek ek die huis agent kliphard maar wonder ook hoekom daar ‘n roos by die deur was.
Sou sy dink dat dit haar geliefde is wat teruggekeer het na haar toe?
Later kom ek by die huis en besluit om ou klere aan te trek sodat ek kan begin met die torinkie. Die spiraal trappe wat boontoe lei is nou en steil. Dit is nogal ongemaklik om te klim en ek verbeel my dat dit Enige ommblik gaan intuimel terwyl ek dit uitsukkel.
Die hare op my lyf staan regop en dit voel die heeltyd of iemand my dophou. So tussen die klimmery deur kyk ek af na die eetkamer tafel toe en sien dat die verlepte roos weg. Ek is seker dat ek dit vanoggend nog daar gelos het.
Wat gaan hier aan? Ek het nog nooit in sulke goed geglo nie en kyk wat gebeur nou. Hoe verklaar ek hierdie verkynsel?
Die vloer kraak en dit klink of iemand hier bo my loop op die dak. Vinnig en met ‘n bonsende hart loop ek die res van die trappie op. Onmiddelik ruik ek weer daardie soet parfuum en ek weet sy is hier.
Dit is donker en my oë sukkel om gewoond te raak daaraan.
“ Wat soek jy van my af? Wie is jy?” Vra ek saggies. “Ella? Is dit jy?”
Iets val op my neus en gly langs my wang af. Amper val ek van die boonste trappie af waar ek nog steeds staan en toe ek afkyk sien ek hoe ‘n wit roosblom die grond tref.
Verbaas kyk ek op. Daar is niemand nie maar ek voel snaaks en weet dat iets of iemand saam met my daar is.
Ek klim verder en toets die vloer om te kyk of dit my gewig sal vat aangesien ek nie weet of die hout vrot is nie. Dit voel benoud en bedompig hier bo. In die donkerte kan ek ‘n ou kas uitmaak wat lyk soos ‘n antieke seemans kis. My oë raak gewoond aan die donkerte en ek sien die valluik waar lig deur die klein skrefies skyn asof dit op soek is na iets in die kamertjie.
En loop stadig nader en nog steeds is die rilling in my lyf. Met ‘n gesukkel gaan die luik oop en die son word verwelkom in die torinkie na vele jare se afwesigheid. Die kis is vol stof en lyk so al asof dit ‘n skat van een of ander ou seerower kan bevat.
Die vloer kraak soos ek nader stap en ek toets die aan die voorkant. Dit val oop so asof iemand dit nie regtig wou toedruk en sluit nie. Met ‘n gekreun en ‘n gekraak kry ek die deksel oop en die eerste ding wat my oog trek is die fotoraam wat heel bo in die kis lê.
Ek tel dit op en vee die glas met my vingers skoon. Die mooiste vroumens wat ek nog in my lewe gesien het glimlag vir my en ek weet dat dit my rondloper skim is.
Agterop die raam is daar iets geskryf wat al met die jare vergeel het.
Aan my dierbare Engel,
Sodat jy my altyd kan onthou.
Joune, Elsie.
Die datum is net meer as vier jaar terug.
Is die liefde en hunkering na iemand dan so sterk dat mens tot na jou dood nog daarna hunker. Bangerig krap ek verder in die kis. Ek hou nie daarvan om in ander se goed te krap nie maar my instink as skrywer is nou wakker.
Tussen die klere en ander goed kom ek op ‘n klein dosie af en maak dit oop. Dit bevat ‘n klein verloofring met ‘n mooi diamantjie daarin. Skielik voel dit of sy reg langs my staan.
Hoekom dwaal jy so rond my mooie Ella? Wag jy nog vir hom? Is dit hoekom jy nog hier ronddwaal?
Haar parfuum reuk raak al hoe sterker hier in my neusgate maar ek voel kalm en self toe die venster luik toeklap skrik ek nie eers nie. Ek laat val die dosie in die kis en maak die deksel toe.
Ek staan regop en skielik is sy voor my. Sy lyk bedroef maar ek sien dat sy glimlag. Sy is mooi en ‘n warm gevoel van medelye wel in my op. sy wys na die kis en wys dat ek dit moet oopmaak.
Ek maak weer die deksel oop en sy wys na die klein dosie toe met ‘n baie fyn handjie. Ek tel dit op maar sy skud haar kop en wys agtertoe in die seemanskis.
Ek voel-voel in die donkerte en iets steek my vinger raak. Ek tel dit versigtig op en daar is ‘n uitgedroogde wit roos in my hande.
Ek kyk na haar maar sy wys nog steeds binne in die kis. Weer voel ek en my hande vat ‘n harde ding raak wat soos ‘n ou leerband boek voel. Ek trek dit uit die kis en loop nader na die toe luik toe.
Dit is ‘n mooi duursame boek en die leer is nog sag. Dit lyk soos ‘n persoonlike dagboek.
My hart klop in my keel toe ek dit oopmaak. Ou foto’s fladder grond toe terwyl ek die boek voor my soos ‘n waaier deurblaai. Dit is volgeskryf in ‘n mooi fyn handskrif.
Sonder enige verder denke begin ek lees terwyl ‘n skerp muf reuk in my neusgate opwalm. My oë sukkel om die letters uit te maak en ek beweeg nader na die luik toe waar die lig in skrefies deurkom. My hart jubel want hier in my hande hou ek die grondwerk om ‘n mooi roman te skryf. Ek kyk op en is seker dat ek ‘n glimlag op my gedaante se gesig sien.
Ek neem die dosie weer in my hande en sien dat sy vir my wink. So asof ek haar moet volg. Ons gaan met die trappe af.
Dit is reeds donker is buite. Die volmaan skyn vol en helder op my huisie. Sy is voor my en instinktief besef ek dat ons die paadjie loop wat sy daardie oggend geloop het. Die oggend wat ek haar die eerste keer gesien het.
Die geruis van die see kom al hoe nader. Die golwe is redelik hoog en ontstuimig. Seker ‘n storm iewers.
Wat wil sy dan nou hê?
Ek hou die boek stywer vas terwyl die golwe nou om my kaal voete beweeg. My broek word nat en ek staar verwonderd na die gedaante wat nou soos ‘n engel op die golwe beweeg.
Sy hou haar hand uit na die dosie toe en ek maak dit oop. Die maan vang die diamantjie en dit glinster soos geen liefde ooit kon nie. Sy wys ek moet dit in die see ingooi en traag doen ek dit. My oê volg die ring waar dit in ‘n weerkaatsende blink boog trek totdat dit in die see inplons.
Tipies man dink ek aan hoeveel geld ek so pas weggegooi het en kyk na die gedaante.
Sy is weg en met ‘n gevoel van weemoed knip ek my oë om seker te maak dat ek my nie verbeel nie.
Ek kyk af en voor my op die sand lê die mooiste wit roos wat ek ooit in my lewe gesien het. Sy sê dankie.
‘n Jaar later is, Liefde vanuit die see, op die rake en op die top tien trefferlys.
Elke aand gaan ek strand toe om dankie te sê aan die meisie wie se liefde so sterk was dat sy nie kon rus voor dit aan die wêreld vertel was nie.
Wie weet miskien lees die man wat weggeloop het dit eendag en hy sal besef wat hy vir Ella beteken het.
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe: kort verhaal liefde gesin hartsake enkel
Behind Closed Doors - Johan Botha- isbn: 978-0-620-40230-9
Son 16 Mei 2010, 13:48 0 Kommentaar Rapporteer MisbruikGauteng, Boksburg: Author Johan Botha ( Agter Geslote Deure) has translated the mentioned book to English as; Behind Closed Doors. Dreamcatcher Publishing will publish this book During May 2010. Behind Closed Doors is a book about unresolved grief, sexual and drug abuse and a look at the seedy world of a psychotic parent. Exploring a darker side of sexual child abuse and the struggle of the child to cope with this, the book as a must read for each and every one of us.
Being sexually abused by both family members and his father, Johan is taken into the world of drugs, sex and alcohol by his father. Forcing Johan to have sex with other men his father cruelly dominates his whole life. Scared to death and scarred for life Johan has to make the best of it in order to survive. He becomes a loner and creates own imaginary world of heroes and culprits. He has trust issues leading him to live like a hermit since his childhood. For the rest of his life he has commitment and responsibility issues. He has to learn to cope with this as an adult and survival is a key issue to Johan. Writing this book helped him to heal and he is ideal is to reach other going through the same in order to let them know that they are not alone!
Praise received for Agter Geslote Deure:
This book has grabbed me deeply with the open honesty and soul baring of the author. It took 35 years to fight against it all. Where you find yourself is not a joke. Even against the people that are supposed to love and guard you. How does a person heal? This is one of the questions I ask myself when I see the pain that this child has to cope with.
This book grabs the deepest parts of being human and in the 35 years that has gone where was the people in the system? Where is the adults and professional people?......
NAOMIE VICTOR, social worker, 37 years experience
Johan Botha is the Author of Agter Geslote Deure and is in the process of completing various other fiction titles. Creative writing is a passion with Johan and he has gone the extent of giving up everything else to follow a lifelong dream. He will be giving lectures at schools and venues to make other aware of sexual and drug abuse. Johan grew up in Johannesburg and now lives on the East Rand.
His influences are Wilbur Smith, Dean Koontz and Stephen King.
If you are interested in interviewing Johan or receiving a review copy of BEHIND CLOSED DOORS, Please contact us by email at: info@dreamcatcherpublishing.co.za.
Please note that for family magazines we supply another cover although the original cover is used on the book itself.
Biographical Fiction
|
Behind Closed Doors May 31, 2010-05-16 Johan Botha Dreamcatcher Publishing Isbn: 978-0-620-40230-9
|
|
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe: press release abuse fiction biography
Is daar iewers 'n blad in Engels wat soos litnet werk?
Dond 13 Mei 2010, 10:58 9 Kommentaar Rapporteer MisbruikHi Julle,
My boek is pas in Engels ook vertaal en ek soek hulp om uit te vind watter Engels bladsye daar is wat soos Litnet werk.
Dankie en dankie aan almal se ondersteuning sover!
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe:
Gebruikersprofiel
Johan Botha
| Geslag: | Male |
|
Stuur Boodskap |
| Stad: | JHB | ![]() |
Voeg vriend by |
| Nasionaliteit: | South Africa | ![]() |
Blok gebruiker |
Statistiek
Afrigator Rang
| Bladlese: | 5328 |
| Kommentaar: | 49 |
| Beoordeling: |
| Kry statistiek oor jou blog en sien jou rang op 24.com en in die hele SA. Kliek hier om te aktiveer. |
Skryf in vir die blog
Skryf in vir e-pos kennisgewings vanaf die blog
|
|
Skryf in vir RSS vanaf die blog |
Nooi uit
Jy het 67 intekenaar(s)
Kentekens
- Dear Dad2010/06/02 03:05:36 nm
- Jy Weet!2010/05/26 06:35:46
- Kort verhaal - lie...2010/05/25 07:39:58
- Behind Closed Door...2010/05/16 01:48:44 nm
- Is daar iewers 'n ...2010/05/13 10:58:21


