Profile photo of jannie

by

Eerste skrywe

June 21, 2016 in Uncategorized

Jannie is so lekker Afrikaanse naam. Amper soos Frikkie. Of Koos. Nie dat my naam regtig Jannie is nie. Maar dit maak mos nie saak nie, of hoe ? Wat wel saakmaak is wat Jannie op hierdie blad neerpen. En wat jy, die leser, antwoord op my skrywe. Ek het soveel dinge waaroor ek wonder. En ook baie opinies oor sake. Dit is my intensie om hierdie blad te gebruik om my gedagtes te deel met wie ookal belangstel om dit te lees. Ek hoop om terugvoer te kry, en dat hierdie meer van ‘n gesprek sal wees as wat dit bloot net my opinies is.

Die beste van als ? Die feit dat ek dit in Afrikaans kan neerskryf. Die mooiste, mooiste taal. My eerste (regte) skrywe kom binnerkort. Tot dan, hou die blink kant bo !

Jannie

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *