Van Schuster na Shakespeare

Februarie 13, 2013 in Uncategorized

Dit tref my toe netnou in ‘n vergadering dat ek kwalik langs my neus kan afkyk na Schuster se flieks. Dit was vir my altyd sêd dat sy ‘humor’ so sterk moet staatmaak op menslike liggaamsfunksies. Selfde met Casper de Vries – sy grappies is rêrig nie eintlik snaaks as ‘n mens die taboefaktor van al sy vloekwoorde daaruit sou haal nie.

En hier doen ek presies dieselfde met my limerieke.

Wat my ook so ligweg gepla het, is hoe ek by bestaande grappies moet plagieer vir inhoud om vorm voor te gee, tot dit my weer getref het dat Shakespeare maar min of meer dieselfde ding gedoen het met baie van sy dramas. So, hier is ek nou geskwiez tussen die profane en die goddelike, alles net oor die hogere kuns van limerieke.

Nietemin, en ook nie te veel nie, hier is vandag se poging:

Vir toiletgebruik, sê McKechnie
is twee Rand belegging nie sleg nie.
Maar in die besoek
het hy net gepoep –
dit is mos nie biillik of reg nie!

 

15 antwoorde op Van Schuster na Shakespeare

  1. 🙂 … skryf gerus een or die waarde wat burgers kry vir die belastig wat hulle betaal … hie hie hie …

  2. Plaas hy dit hou vir sy eie stoep

  3. Latino het gesê op Februarie 13, 2013

    Ja, dit kon hy in die straat ook maar gedoen het, as daar ´n raserige voertuig verby gekom het, maar as mens nie seker is wat die gevolge gaan wees nie, is dit seker beter om die R2 te betaal. Met daardie van, is hy seker ´n Skot en dan is dit groot skade.

  4. Hehe!Ek wonder altyd hoekom mens so lag vir toiletgrappies?Almal weet dis kommin,maar nogtans verskaf dit heelwat pret!

  5. Klank maar niks vorm
    Kleingeld is die norm

  6. tina10 het gesê op Februarie 13, 2013

    hehehehe… nou bly ek doodstil…

  7. Met jou spot bang in die middel, beste van twee wêrelde 😉

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.