Riskante rym

Januarie 25, 2013 in Uncategorized

‘n Goedbedoelende vriendin sê dat my versies te pornografies is. Hierdie is seker nog meer gewaagd:

 
‘n Lustige priester, Ignasie,
leer seuntjies klein van katkisasie.
Hy leer hul veel meer
as bloot sedeleer –
Hy werk nou in Pollsmoorplantasie.
 
 
Op ‘n prent waar Oom Zuma ontbloot is
Sien mens duid’lik dat hy nie ‘n Jood is.
Maar die groot oorlogskreet,
sê die vroue wat weet,
is dat daai ding nie werklik so groot is.
 

Sal julle my in die tronk kom besoek?

 

14 antwoorde op Riskante rym

  1. @janklaas

    Ek sal jou in die tronk kom besoek mits jy aanhou rym!

    Ek geniet hierdie baie!

  2. Ek sal vir jou ‘n koek bak met ‘n vyl in 😉

  3. tina10 het gesê op Januarie 25, 2013

    hehehehe… nee wat jy is heeltemal te mak. Ek sien al uit na elke oggend se slimmigheid

  4. Ek sal vir jou ‘n serp bring – met een van daai wonder sagies in – die ding wat lyk soos ‘n lyntjie met twee ogies aan…

  5. Ek dink jou vriendin het nou die handrem los gemaak :-))

  6. Jy het my nou lekker laat lag. Ek sal verseker vir jou kom kuier in die tronk!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.