Jy blaai in die argief vir 2011 Desember.

O koek

Desember 15, 2011 in Sonder kategorie

Dis eenuur in die nag.

Buite, in my swembad, kwaak ‘n lawaaierige skurwepadda.

Hier binne sit ek en pas my vrou se koek op. En, ek gaan dit vir minstens nog twee ure doen.

Ek troos my daaraan dat koning Arthur seker sy hele leër moes gebruik om Lady Genevieve se koek op te pas. En, sy ritueel het seker nie ingesluit dat ‘n mens haar koek aan die einde met drank moes besprinkel nie.

Ek het nog nooit besware gehad teen die ritueel nie, veral as die uiteinde so ekstaties heerlik is. Dit was eers Dolly Koen se koek, maar sy het blykbaar nie omgegee om dit met almal te deel nie.

Nou kan ons die res van die vakansie heerlik weglê aan ‘n sappige, ryk vrugtekoek.