Die naloop van die sage

Julie 22, 2011 in Sonder kategorie

In die vorige blog het ek geweeklaag en simpatie gesoek oor my lot. Vir die wat nou eers inskakel, dit gaan oor ‘n foon wat in April tydens ‘n inbraak gesteel is en waarop daar toe R34 000 se lugtyd gebruik was, wat ek maar moes betaal.

Intussen het die saak ‘n interessante nadraai gehad. Nee, MTN het nog nie bra gereageer nie en ja, ek is nog R34 000 kwyt, maar daar is darem ‘n klein stukkie geregtigheid.

As enigste reaksie het MTN vir ons ‘n excel-file gestuur met al die webwerwe wat die jafel in daardie geil week-en-‘n half besoek het.

In my blinde wraaklus het ek hierdie inligting gepak en probeer kyk watter van die skakels my tot spore sou lei. Heel voorspelbaar is daar baie musiek, porno en videos afgelaai, maar interessant: daar was ‘n klomp Facebook skakels tussenin. As ‘n mens dit intik, kom daar sowaar profiele en gesprekke op.

Op hierdie wyse het ek ‘n patroon begin sien en later ingezoem op drie spesifieke skakels, van Zimbabweërs wat in die Baai woon.

Ek het toe hierdie inligting vir die polisie gaan gee. Hulle het bra nie geweet wat om daarmee te maak nie, of wat Facebook is nie. Daar was ook geen vaste adresse of plekke in die skakels waar ‘n mens die persone kon opspoor nie.

Jan Klaas is toe terug na die tekenbord en kom toe uiteindelik af op ‘n Facebookprofiel waar ‘n kêrel sê hy werk by ‘n plaaslike sports bar. Die polisieman aan diens was baie meer lus om die saak op te volg en hy skraap sommer onmiddelik ‘n kollega om die sports bar te gaan besoek.

Sowat ‘n halfuur later, gistermiddag, bel hy my: hy het die twee van die Zimbabweërs wat op die profiele figureer, gevang. Hulle het hom toe die ware storie vertel.

Turns out my simkaart is deur ‘n Nigeriër gebruik om ‘n internetkafee oop te maak, teen betaling, en Exhibit A en B was maar net onskuldige gebruikers van die fasiliteit. Die vrolike groepie, polisie en internetgebruikers, sou toe na die jafel se woonplek gaan om te ‘verneem’ wat sy rol in die hele sage is.

Daar loop die spoor toe gister ‘n bietjie dood, maar ‘n kort rukkie terug bel ek toe my kontak. Hy sê hulle het wel ‘n man gearresteer en is nou nog besig om inligting uit hom te probeer kry. Hy sal my glo laat weet.

Hoe verlang ek terug na die ou dae, toe ons meer menswaardige metodes gehad het om inligting uit mense te kry…

Ennieway, so kry ek steeds nie my geld terug nie, maar minstens weet ek iemand anders slaap ook vanaand bekommerd.

28 antwoorde op Die naloop van die sage

  1. Goeie spreurwerk, geluk. Nou dit is jius om daardie rede dat ek oorgeskakel het na vooraf betaal al is dit meer moeite. Steel hulle my selfoon is daar geen rekening nie – vooraf betaal of F-off k**t.

  2. jou roeping gemis?
    sou self goeie bevrediging kry uit so stukkie speurwerk

  3. Janklaas het gesê op Julie 22, 2011

    Daar is sover geen vooruitsig dat ek iets gaan terugkry nie. Nie eers ‘n versekering dat iemand hoegenaamd daarna kyk nie.

    Dis dalk tyd om Rapport se verbruikershulp op te soek.

  4. Janklaas het gesê op Julie 22, 2011

    Dis waar. Ek was dalk te naïef.

  5. Janklaas het gesê op Julie 22, 2011

    Is so.

  6. Toemaar, jy is nie die eerste wat gebyt was nie!

  7. katrina het gesê op Julie 22, 2011

    @@###!!!Sjoe, kan jy nou meer – sommer ‘n internetkafee oopgemaak! Hemel, ek sou vuurspoeg.

  8. Neander het gesê op Julie 22, 2011

    Looi hulle!

  9. avega het gesê op Julie 22, 2011

    Of wat van Carte Blanche, want die wetters is obviously ook inbrekers wat dit weer gaan doen?

  10. HeavyHenry het gesê op Julie 22, 2011

    Jy kan die ou aanspreek, indien hy sou skuldig bevind word.

    Of dit sou help, weet nugter.

  11. lora2me het gesê op Julie 22, 2011

    Ek dink jy het ‘n saak. As net een van hierdie ouens ‘n beëedigde verklaring kan aflê dat hulle jou sim vanaf so-‘n-datum tot so-‘n-datum in hulle besit gehad het en toe op ‘n spesifieke datum vir die internetskelm gegee het, kan jy aan MTN bewys dat dit nie jy was wat die lugtyd gebruik het nie en dalk net ‘n deel van jou geld terugeis. Kontak vir Linette Retief van Rapport – ek sien sy is nie bang vir koppe was nie.

  12. loudavisi het gesê op Julie 22, 2011

    Jan Klaas, ek staan verstom. Het nou jou vorige skrywe gelees. Genade tog! Ek hoop dat so iets nooit ooit hier sal gebeur nie. Sal my huis moet verkoop om daai bedrag te kan betaal!
    Sterkte en speur wakker voort..

  13. Berwick het gesê op Julie 23, 2011

    Goeie speurwerk!

  14. Janklaas het gesê op Julie 23, 2011

    Jy se dit. Maar, dis seker vindingryk. En dom.

  15. Janklaas het gesê op Julie 23, 2011

    Ek stuur jou kommentaar aan vir AO Vermaak…

  16. Janklaas het gesê op Julie 23, 2011

    Ek het darem heelwat meer motivering!

  17. Janklaas het gesê op Julie 23, 2011

    Ek sal hom sowaar lank en duidelik aanspreek.

  18. Janklaas het gesê op Julie 23, 2011

    Dis so min of meer nou my plan van aksie. Ek dink dit help my saak noudat daar ‘n verklaring is van die gebruik.

  19. Janklaas het gesê op Julie 23, 2011

    Ek kyk seker te veel Teevee!

  20. Janklaas het gesê op Julie 23, 2011

    Dankie Berwick!

  21. MEleroux het gesê op Julie 24, 2011

    Lyk my hoe meer tegnologie ons kry, hoe meer kan skelms dit misbruik. Daar was verlede Sondag ‘n interessante Robinson gesprek op Kyknet oor mense wat spesialiseer om elektroniese spore na te gaan en skelms so op te spoor. Hoop regtig jy kan jou geld terugkry.

  22. hacjones het gesê op Julie 29, 2011

    Dit gee my groot lekkerkry om te sien jy is bereid om jouself te help! Wikkel hulle! Moenie ophou nie.

  23. Nou dink ek aan ‘n ander ding wat my bekommerd maak, my internet se 3G-kaart het mos ook ‘n simkaart in. As die gesteel word is bg senario ook moontlik?

  24. En dit geld dan seker ook vir enige selfoon op ‘n kontrak! Weet mense waaraan hulle hulleself blootstel? Sekerlik moet daar tog meganismes wees wat mens beskerm?

  25. Sjoe, ek is bly hulle is vasgetrek, maar die hele ding is baie scary!!

  26. KAN jy dit glo!!! Ek besef nou eers hoe gelukkig ek is! Ek kan net nie verstaan hoe MTN kan verwag dat jy R34000 moet betaal wat jy nie gebruik het nie. Dis mos nie ‘fair’ nie?

  27. Dit is scary. En die saak karring nog aan.

  28. Dit voel wragtig nie fair nie. Van taamlik oukei is ek nou skielik weer diep in die skuld. Dit versuur sommer my Kersfees.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.