Que sera, sera?

Julie 12, 2011 in Sonder kategorie

Verbeel jou jy spaar om jou seun se studiefooie te betaal.

Verbeel jou selfoon wys die balans het oornag skielik met R30 000 gekrimp, die bedrag wat nog uitstaande is.

Verbeel jou jy doen angstig navraag, en ontdek dat dit MTN was wat die bedrag van jou rekening afgetrek het.

Jy vind dan by MTN uit dat dit geld is wat bestee is op internasionale oproepe en rinkink op internet, binne die bestek van sowat een week.

Dan onthou jy vaagweg dat daar êrens in ‘n kas ‘n ou selfoon was wat met die laaste inbraak moes weggeraak het.

Jy bel MTN, pleit om genade of hulp, maar loop vas in in luitone of beloftes om terug te bel.

En stadig maar seker begin jy besef dat daardie geld waarskynlik onherroeplik weg is, dat jy êrens anders sulke geld sal moet vind.

En vinnig.

Dan sal jy ook verstaan hoekom ek so ‘n knop op my maag voel.

25 antwoorde op Que sera, sera?

  1. avega het gesê op Julie 12, 2011

    Was die simkaart in die foon? Het jul dit nie die foon gekanselleer nie? Ek het ‘n vermoede dis MTN self, want ons foon was gesteel en toe ons dit wou kanselleer was hul ‘off-line’. Toe is daar duisende rande gebel binne 24 uur tot hulle kamtig weer ‘on-line was. Sterkte in elk geval.

  2. Al wat daai knop sal weg vat is om hom uit te huil, vir tenminste twee dae en twee nagte…..

  3. TS het gesê op Julie 12, 2011

    *drukkie* – sorry!

  4. Sterkte, die universiteit het die geld baie meer nodig as MTN…

  5. nog geen positiewe reaksie van hulle kant af?

    Groot dankie vir al die ander dinge van die naweek

  6. wesnwew het gesê op Julie 12, 2011

    nee nee dit kannie!!!!
    het jy met hulle fraud manager gepraat? Moenie opgee nie, hulle kan dit nie van jou eis as jy kan bewys dat dit nie jy was nie

  7. Janklaas het gesê op Julie 12, 2011

    Dankie jong. Ek sal aanhou.

  8. Janklaas het gesê op Julie 12, 2011

    Ja, dis maar wat ek dink gebeur het. Ongelooflik hoe baie internet hulle in ‘n kort tydjie kon opsit!

  9. Janklaas het gesê op Julie 12, 2011

    Wens ek kon. Wens ek kon.

  10. Janklaas het gesê op Julie 12, 2011

    Veral daai een waar my seun swot…

  11. Janklaas het gesê op Julie 12, 2011

    Niks.

    Dankie vir die lekker kuier.

  12. Janklaas het gesê op Julie 12, 2011

    Dankie, Spokie.

  13. Janklaas het gesê op Julie 12, 2011

    Die geveg gaan voort! Dankie.

  14. Janklaas het gesê op Julie 12, 2011

    Sjoe, wesnwew, as jy reg is, is dit die eerste goeie nuus wat ek in ‘n hele paar dae ontvang. Ons sal dit so opvolg en as dit werk, sal ek graag ‘n glasie saam met jou kom klink.

  15. MEleroux het gesê op Julie 13, 2011

    Het julle die simcard in die ou foon gelos? Die bedrag is buitensporig. Ek is seker daar moet ‘n oplossing wees! Sterkte!

  16. Janklaas het gesê op Julie 14, 2011

    Ons hoop so. Dit val ook saam met die dataverbruik.

  17. Janklaas het gesê op Julie 14, 2011

    Ons lei af die simkaart moes steeds daarin gewees het. Hou vir ons duim vas.

  18. HeavyHenry het gesê op Julie 14, 2011

    Eina fok!

  19. net myself het gesê op Julie 18, 2011

    30 000 in 1 week?! Bliksem. Ek is jammer, dis ‘n aaklige ding om te gebeur.

  20. Janklaas het gesê op Julie 22, 2011

    Eina fok inderdaad.

  21. Janklaas het gesê op Julie 22, 2011

    Ja, lees die opvolg om te sien hoe die jafel dit reggekry het.

  22. Janklaas het gesê op Julie 22, 2011

    Ja, dis die skuim wat ingewaai kom.

    Lees ook die volgende spannende episode!

  23. shlwanjan het gesê op Julie 22, 2011

    vrek, dis LAAG! Maar 3 hoera’s vir Baasspeurder Janklaas.

  24. Janklaas het gesê op Julie 23, 2011

    Sherlock Klaas.

  25. Sjoe,Janklaas… dit maak my bang, maar is daar nie ‘n limiet op selfone nie? My kinders se kontakte kan tog nooit hierdie bedrag reik nie?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.