‘n Pyn in die g…

Julie 11, 2011 in Sonder kategorie

Ha ha. Groot grap.

F*kken dokter…

Rooibek-koninkiemannetjies is ‘n plaag en ‘n verpesting. As hulle jou erf betrek het kan jy maar heeltyd ‘n getwiep en ‘n geskarrel om die voëlbak verwag, soos die klein donner sy harem se belange op al die ander voëls afdwing. HY kom eerste, en HY sal besluit wie kan en wie kan nie.

Regte kleinmannetjie-sindroom.

Vanoggend toe ek uit die stort kom, hoor ek sy irriterende gesjiep-sjiep vanaf die voëlbak. Met my handdoek om my onderlyf gedraai bekruip ek toe die glasdeur en skuif dit saggies oop. Terwyl ek die beskuldigde in die oë hou, reik ek na die windbuks wat gereed en gelaai agter my staan.

Ongelukkig haak die windbuks toe vas aan die koffietafeltjie en die skoot gaan af. Die koeëltjie tref my in my linkerboud.

Erg verwond gaan soek ek na ‘n spieël en ‘n twiezer, sodat ek die koeëltjie kan probeer uithaal.

Dit is toe, terwyl ek so wydsbeen oor die spieël gehurk staan en aan my agterpunt knyp-knyp, dat my vrou by die deur inkom.

Ek kan nog haar gesmoorde snorke verstaan terwyl sy slingerend dokter toe bestuur het. Ek verwag dit egter nie van die dokter om vals te staan en giggel terwyl hy hier aan my agterent staan en vroetel nie.

Hy is immers veronderstel om professioneel te wees.

Gebaseer (ha ha, geddit? Bas…) op ‘n ware gebeurtenis vertel deur Mark van Mthatha

14 antwoorde op ‘n Pyn in die g…

  1. HeavyHenry het gesê op Julie 11, 2011

    Eina!

  2. borrels het gesê op Julie 11, 2011

    Ag shame man … LOL
    Lekker om jou weer te sien.

  3. TS het gesê op Julie 11, 2011

    hehehe… mens steur jou nie aan die klein mannetjies nie?

    Lekker van jou geskinder nou die dag!

  4. Djoe maar dis lekker om jou weer te sien!!!

    ….en weer lekker gekry so ver as wat ek lees.

  5. shlwanjan het gesê op Julie 11, 2011

    As mens gewig verloor skiet mens mensself dalk volgende keer heeltemal mis {-;

  6. Trakie het gesê op Julie 11, 2011

    Lekker om weer iets van jou te lees!

  7. Janklaas het gesê op Julie 11, 2011

    Pyn…

  8. Janklaas het gesê op Julie 11, 2011

    Hallo Borrels!

  9. Janklaas het gesê op Julie 11, 2011

    Ek hoor so!

  10. Janklaas het gesê op Julie 11, 2011

    En lekker om terug te wees.

  11. Janklaas het gesê op Julie 11, 2011

    Ek sal jou moet verwurg. Jy weet te veel…

  12. Janklaas het gesê op Julie 11, 2011

    Hallo daar, Kelkiewyn!

  13. Janklaas het gesê op Julie 11, 2011

    Janee, dis waar.

  14. Janklaas het gesê op Julie 12, 2011

    Sjoe, hy’t amper die skoot hoog deur gehad!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.