Ou spoilsport

Februarie 17, 2011 in Sonder kategorie

Eugene Marais het dit vandag begin met ‘n “traan op elk’ vrolik’ snaar”. Die glimlaggende gesiggie wat ‘n traan wegpink. ‘n Soet suikerlagie om ‘n bitter koekie.

Soms het ek dit self, soos vandag. Dit gaan só goed, ek is eintlik baie geseënd, totdat ek op ‘n oggend soos vanoggend iets opmerk soos hoe donker dit is toe ek gaan stort.

Gewoonlik is ek half beswaard omdat winter dan op pad is, maar êrens vanoggend het ek begin wonder hoeveel sulke seisoenoorgange ek nog sal sien. Op ‘n punt moet ‘n mens seker agteruit begin tel – nie bly wees omdat ek uiteindelik ‘n tiener, mondig, volwasse of wat is nie, maar andersom.

Hoeveel skaapafvalle bly daar vir my oor, hoeveel Kersfeeste, nuwejare, kinderverjaarsdae en Huisgenoot-skouspele. Tien? Vyftien? Dalk twintig?

Heeltemal te min. Laat ek die paar wat dan oor is, tog nou behoorlik geniet!

En dankie dat ek julle dag ook kon spoil.

26 antwoorde op Ou spoilsport

  1. Verhaar jy vandag?

  2. Ag nee, jy is inderdaad ‘n skoppensboer vandag 🙂

  3. Ja, tyd is ‘n spoilsport.

  4. He he. Ek dink jy is dalk meer akkuraat as wat jy bedoel het!

  5. Nou toe, gaan geniet vandag verskriklik baie!

  6. Dis WAS vanoggend donkerder as gister. Opmerklik. En ek sit hier met ‘n trui. Dis goed so, ons lewe stoomroller voort.

  7. Jy is presies reg! Skielik geniet ek my klasgee vandag!

  8. Is so. Wallow in it!

  9. Darem voel ek nou al beter!

  10. En dit laat my hare verloor.

  11. Tot die morbiede gedagtes tref.

    Ag, eintlik is dit nie so sleg nie. Ek het ‘n wonderlike innings gehad.

  12. UNPOCO het gesê op Februarie 17, 2011

    Elkeen van ons word een oggend wakker met hierdie vrae. Die geheim lê egter daarin om glad nie vorentoe of agtertoe te kyk nie. Geniet net elke dag soos dit opdaag en haal alles daaruit wat jy kan.

  13. Spoil gerus!
    Groetnis.

  14. Ek het hoeka vandag weer werksbevrediging ondervind – ten spyte van die allerverskriklikste hitte.

    Ek worry nie meer oor die tyd wat voorlê nie. Dis die NOU wat tel.

  15. Ek kry waarde daaruit om terug en voerentoe te kyk – nou waardeer ek die huidige meer!

  16. He he. Spoil vrolik voort!

  17. Baie waar.

  18. Ja, of juis die vorentoe kyk maak die huidige belangriker!

  19. Ek hoop die ‘opsluitepisode’ het nie te veel reperkussies daar in julle warmplek gehad nie!

  20. Trakie het gesê op Februarie 18, 2011

    Ag nee man. Daar spoil jy nou my hele dag. En dit nogal ‘n Vrydag!

  21. Het ek ook ‘n traantjiie op jou snaar gestort!

  22. Siesa, janklaas! Nou moet ek ook polse knaag en die krieket het my dan so happy gemaak vanoggend. Go Indië!

  23. Hei, welkom terug met die nuwe naam! Dit klink sommer vriendeliker!

  24. Ironies genoeg dat ek vanoggend eers tyd kry om jou possie van Vrydag te lees… miskien blog ek nog later vandag.. en dalk ook nie..
    x

  25. Dankie! My seun sou my stuur na http://www.getalife.com...

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.