My liewe wêreld!

Februarie 14, 2011 in Sonder kategorie

Die ou Bybelvertaling het gesê “Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval”.

Dit klink soveel poëtieser as om te sê “ek werk/woon op ‘n mooi plek”.

Ennieway, ek reken nogal my werkplek is mooi. Hier uit my kantoorvenster hoor ek die mishoring en seemeeue en ruik die warm, mistige seelug.

Dis ‘n lieflike ou gebou in PE se middestad, tussen reusagtige wildevye.

Hier is ‘n foto van dieselfde plek, so middelregs agter, geneem so 1840. Die meer is intussen min of meer tot niet gemaak.

Grasievolle ou tye. Deesdae is hier heelwat meer dealers, prokureurs en snolle.

23 antwoorde op My liewe wêreld!

  1. TS het gesê op Februarie 14, 2011

    wow jy is gelukkig

  2. DIt was ‘n stylvolle tyd. SO anders. En net gister toe ek so oor Eugene Marais praat, sê ek vir MaanMan, dit voel so of daardie mense meer TYD gehad het as ons.

  3. Is so.

  4. En kultuur! Ek verstom my altyd as ek lees hoeveel ouens soos hy en Deneys Reitz van mitologie, van kuns en literatuur geweet het. Dit was seker in die skoolleerplan en is nou verarm ter wille van ‘mededingendheid’.

  5. Letterkunde en musiek…

  6. Daai Victoriaanse broekie kant om die stoep is sommer lekker!

  7. lekker gemaklik met sulke lange rokke op die oewer van die meer wat was

  8. Trakie het gesê op Februarie 14, 2011

    Jissie, ek het lanklaas iemand van snolle hoor praat.

  9. hoe gelukkig is jy!

  10. Ook stylvol!

  11. Rustiger lewe!

  12. Ongelukkig verval meeste van die ander mooi ou geboue. Dankie tog vir die paar mense wat aanhou baklei daaroor.

  13. Sorrie.

    Dis altyd interessant om te sien wat verskillende mense uit ‘n stuk kry.

  14. Ek glo ek is, regtig.

  15. Ja, hier is nogal baie weggesteekte plekkies.

  16. Dit sal vir my ook lekker wees om my voete elke oggend op die welkom matjie skoon te vee.

  17. PRAGTIG!!!

    (heheheh ek like die woordkeuse in die slotsin…)

  18. 🙂 Die “snolle” het ek in ‘n Huisgenoot-blokraaisel gekry. En, toevallig is dit rêrig die prokureurs se broeiplek!

    Dalk sê dit iets…

  19. Dis waar! Dit bly lekker.

    Ek kan skepe van die balkon af sien.

  20. Mooi!

  21. Inderdaad ‘n pragtige gebou, genoeg nostalgie om te verlang na vervloë dae maar modern en in stand gehou genoeg om self vandag in ons ‘moderne’ tye nog sy man te kan staan…

    Dit is darem maar net jammer dat daar so baie verval plaasvind en dat eens pragtige, amper statige geboue nou amper niks meer as ‘n veiligheidsrisiko geword het nie. xx

  22. Dit is mooi.

  23. Ja, is so. Ons gaan selfs hierdie gebou binne so twee jaar verkoop, dan is dit aan die elemente uitgelewer.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.