Ek deur jou

Februarie 13, 2011 in Sonder kategorie

Ek bou en brou

met tyd en twis

die broos konstruk

wat ekke is.

Ek staan oplaas

versigtig terug –

aanskou die rype

lewensvrug.

Ek sien ‘n dapper

stotteraar

wat heel tot hier

gekom het, maar

hoe lig word alles

uitgewis

as jy verstoot

dit wat ek is…

16 antwoorde op Ek deur jou

  1. Dis so moooi…

  2. Dankie Emmieee!

  3. 🙂

  4. …sielvol

  5. Haai daar.

  6. Hallo, ontwortel.

  7. Diep seun!
    Pragtig!

  8. TS het gesê op Februarie 14, 2011

    mmmmmm mooi

  9. He he. Dankie, Lou.

  10. Baie dankie, Tina!

  11. 🙂 Hallo Maankind!

  12. zephur het gesê op Februarie 14, 2011

    Wees lief vir jouself

  13. Moeilik! 🙂

  14. … as jy verstoot
    dit wat ek is …
    seer-mooi!

  15. Hallo Borrels! Dis so lekker om weer van jou te hoor.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.