Basta grootword

Februarie 8, 2011 in Sonder kategorie

Wanneer ‘n kind

sy grootword vind

verbrand tot as

dit wat hy was

en trots en sterk

word dan die gees

die nuwe jy

wat jy gaan wees.

Ek soek naarstig’lik

in die sand

die opbrengs van

dié bitter brand.

Ek wil so graag

die assies vind;

ek mis haar so –

my Sonskynkind.

27 antwoorde op Basta grootword

  1. TS het gesê op Februarie 8, 2011

    sterkte

  2. pasella het gesê op Februarie 8, 2011

    Raak gesê!

  3. *****

  4. louisna het gesê op Februarie 8, 2011

    Metafories baie diep geskryf Jan

  5. 🙂 Dankie Tiens

  6. Hallo Thomas!

  7. Dankie, Lewies.

  8. Wow!!!!

  9. Hallo Lou. Jy ken dié dinge.

  10. Dankie Ouboet. Ek weet nie hoe anders om dit te sê nie.

  11. Hallo Jeanne! Dankie vir die inloer.

  12. Sy IS sonskyn! Ek sou haar ook mis…

  13. Ai! hoe mooi vat jy dit sommer vir ons almal vas….

  14. louisna het gesê op Februarie 8, 2011

    Jy het getref.

  15. Dit is seker mooi en moet gebeur, maar ai…!

  16. Baie dankie, Therina!

  17. Dit was half in die algemeen bedoel… 😉

  18. UNPOCO het gesê op Februarie 9, 2011

    Ek mis my Sonskynkind ook baie.

  19. zephur het gesê op Februarie 10, 2011

    Vinnig te vinnig word hul groot

  20. Bitter baie. Seer baie.

  21. Dankie, liewe Spokie!

  22. Dêm ja.

  23. ***** My hart trek sommer klein…

  24. Ja, waardeer daai pragtige kindertjies.

  25. Ai. Ai.

  26. Jy weet dan.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.