Pleknaamwoordeboek II

Januarie 27, 2011 in Sonder kategorie

Na oorweldigende publieke aanvraag (oukei, een), plaas ek hier weer my beroemde pleknaamwoordeboek. Dit was ‘n voorlegging van Afroforum om pleknaamwysigings te steun.

Addo: vorm van skuldbekentenis.

Alma: Skrapse opkoms by skoolkonsert

Amanzimtoti: gekrimpte private dele in kontak met koue water.

Amatikulu: buitengewoon groot Stellenbosche student

Aughrabies: wat ‘n mens vertel as jy taamlik besope is

Babanango: residu in doek na inname van oormaat moedersmelk.

Belabela: aandrang om moeder te skakel

Benekeskop: knorrige voetbeweging

Bethal: klousule 2 van die Wet van Transvaal.

Bisho: nat nies tydens inname van joghurt.

Brackenfell: soort pels, bekend in Despatch, Manenberg en Danville.

Braemar: spraakterapeut gee moed op

Breyten: staalwol

Cachet: ’n kis ghwano

Dimbaza: bestuurders aangestel deur politieke verbintenisse

Dunottar: bulimiese waterroofdier

Dwaalboom: skuiwergat

Elgin: Spaanse jenewer

Endicott: subtiele teregwysing om al die meubels in te pak

Eshowe: instrument wat in Zoeloekultuur gebruik word om vigs af te weer.

Gobabeb: Uitspraak van “Hoe gaan dit?” na besoek aan tandarts

Gompies: hoë viskositeit urine

Gouritsmond: Verteller wat vinnig bontspring van een onderwerp na ‘n ander.

Gravelotte: gruisvark

Hanover: versoek wat tipies deur motorkapers uitgespreek word

Hantam: moeg geskryf

Harding: wat tienerseuns van ‘n verhouding verlang

Hennenman: verfynde persoon.

Hermanus: hardlywigheid a.g.v. verstopping van dikderm

Ifafa: ’n land ver, ver weg

Indwe: toestand van in-die-moeilikheid-wees

Kakamas: ablusiepaal vir honde aan die kant van ‘n tuin

Kenhardt: kardioloog

Klapmuts: geskikte straf vir poedel wat aandring om vername gaste se bene te pomp.

Kuruman: skroefagtige falliese simbool

Libode: luigat

Loerie: oë dig toe

Lusikisiki: dubbele longontsteking.

Mabopane: aanduiding dat moeder nie bereid is om herstelwerkies te verrig nie

Marble Hall: hardegat

Marquard: klagte van jong seun oor porsiegrootte van koek

Matatiele: subtiele teregwysing aan tuinier wat verbrou het

Merriman: ontmaagdde tienerseun.

Miga: sieklike selfverwyt

Modimolle: swierige knaagdiere

Morebeng: beleefde versoek om liefkosing uit te stel na die volgende dag

Mpumalanga: toestemming om meer tyd in die toilet deur te bring

Mtubatuba: iemand wat die vermoë het om baie diep buikwinde voort te bring

Musina: bespiegelings oor rede vir troue

Namies: hoflikheidshalwe na die huisvrou by deur inloop

Nigel: verneem na vordering van ‘n verhouding

Okiep: hoendervleis wat verby die vervaldatum is

Parow: vader is spyt

Petit: pynlike toestand in die borste van jong tienerseuns (‘stonies’)

Philippolis: makelaar se versoek

Phokeng: neerhalende byvoeglike naamwoord

Prieska: Japanner se versoek om motor te huur

Rehoboth: verkeerslig in pad met slaggate.

Tosca: Motor wat nie aan verwagtinge voldoen nie

Tshipise: laatnag-aartappelskyfies

Tshwane: term vir ‘n tipe wraaksugtige, of kleingeestige aksie

Verneukpan: ninja-kombuisgereedskap met lang steel

 

 

Kopiereg voorbehou

33 antwoorde op Pleknaamwoordeboek II

  1. zephur het gesê op Januarie 27, 2011

    LOL skerp

  2. Kleinmond: Knoopsgat-suurbekkie

  3. Hallo Zeppie!

  4. Of so ‘n nat kêrel…

  5. Fensie naam vir ‘n plekkie, Tosca. Het hulle Bellini geken?

  6. Of: grootbek na teregwysing

  7. SKERP! Mooi ja.

  8. TS het gesê op Januarie 27, 2011

    hehehe… hieroor gaan ek nou heeldag giggel

  9. Dankie! Dis die paar woorde waaraan ek seker nog die meeste tyd bestee het!

  10. Briljant! Die (lag)trane loop nog steeds …

  11. skerp

  12. Marble Hall !!! whahahaha!
    Uiters skerp.

  13. Dankie die trane loop so ek kan skaars lees.

  14. Berwick het gesê op Januarie 27, 2011

    Puik.

  15. Trakie het gesê op Januarie 27, 2011

    Ek het lanklaas so stadig en intens aan iets gelees. Goed gedoen!
    :-))

  16. Baie dankie, Vuurklip!

  17. Hallo Pruimtwak!

  18. Halou Lou! Bly jou sending het goed afgeloop.

  19. Duidelik ‘n man van groot wysheid en insig. 🙂

  20. Hallo daar, Annemari!

  21. Hallo Berwick!

  22. Baie dankie. Dis eintlik ‘n mooi kompliment.

  23. Ek sal dit moet uitdruk en bêre vir die niesolekkerdae :-)))

  24. Snaaks, al het ek dit geskryf, bly dit vir my snaaks. Hoe stupid kan mens wees?

  25. Flip Jan, jou sterretjie skyn lekker helder!! Baie baie geniet!

  26. Baie, baie dankie, Lisa.

  27. Prieska is my persoonlike gunsteling!

  28. Skuus dat ek nou eers hier uitkom, ek was bietjie laks op die blogs.

    Ek het nou lekker gelees en kliphard gelag! Hierdie moes jou ‘n tydjie geneem het!

  29. Nice! Ek het die een gemis.

  30. Uhm.. Ag nee man, ek het hulle sommer tjop-tjop uitgedink! 😉

  31. Hallo Henry!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.