Games that lovers play

Januarie 26, 2011 in Sonder kategorie

In die TV-program “Binnelanders” is daar ‘n getroude paartjie wat my grenseloos frustreer. Op papier (of op die skerm) is hulle lief vir mekaar, maar dan bly hulle mekaar aanhoudend seermaak. Dis die heeltyd beskuldigings wat herwaarts en derwaarts geslinger word.

Dit het my aan my liefdesverhoudings op laerskool laat dink: jy maak ‘n beskuldiging in jou liefdesbriefie en dan leef jy in’n manjifieke kokon van pyn tot die volgende pouse waarin die nuutste grief hopelik opgelos sal word.

Eddie Fischer sing:

There are games that many foolish lovers play –

Blindly chasing happy endings come what may

Never caring who gets hurt along the way

Let’s not play those games that lovers play

En die Carpenters:

Can’t we stop hurting each other?

Gotta stop hurting each other

Making each other cry breaking each other’s heart

Tearing each other apart.

Genadiglik ontgroei ‘n mens blykbaar hierdie kinderagtigheid in ‘n groot mate, en dit is hoekom ek soms voel om by my TV-kassie in te klouter en daardie twee siele aan hulle skouers te gaan skud.

Ek is nie heilig of perfek nie, en ek maak waarskynlik baie meer foute as enigeen van die bloglesers hier rond. Maar, ek dink ek kan sien hoe skadelik hierdie verpesting is. Ek sien dit nog te dikwels gebeur met geliefdes rondom my, man en vrou, verliefdes, en dan voel ek soms om hulle by te loop en te skud.

 

Daar is genoeg situasies en slegte mense wat dit aan ons doen – hoekom doen ons dit aan die min mense wat vir ons lief is?

 

16 antwoorde op Games that lovers play

  1. TS het gesê op Januarie 26, 2011

    Ek stem regtig met jou saam … mens kan ook nie jou lewe inrig soos die in ‘n sepie nie, want weet jy nie wat gebeur in al die ure van die dag wanneer die sepie nie aan is nie. Sommige kinders dink ook dit is soos mense leef… tragies eintlik.

  2. Ek voel ook so, dis so ‘n mors van goeie tyd en energie maar soos altyd, “advice when most needed is least heeded” so moenie eers bodder om in jou TV-kassie te klim nie, die mense like dit, dis hoekom hulle die storie so skryf. Ai toggie.

  3. dagsê

  4. UNPOCO het gesê op Januarie 26, 2011

    Mense maak lelik met mekaar. Ons moet mekaa meer koester. Vandg is ons hier en more is ons weg.

  5. Berwick het gesê op Januarie 26, 2011

    Well said.

  6. Baie mooi gestel, ek kyk liewer nie sepies nie, dit irriteer my verskriklik. Lekker dag.

  7. Is so.

  8. Ja, hulle kan aanhou krap waar dit nie jeuk nie.

  9. Hallo Pruimtwak!

  10. Dis baie waar.

  11. Ja, en as mens jonk is lyk more nog ver.

  12. Twee sinvolle sinne!

  13. Dankie Flenters!

  14. Hallo Berwick.

  15. Dankie Therina.

  16. Is so. Dis ‘n aanhoudende gerondkrap in die rioolpoel.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.